Wet op Munisipale 
Eiendomsbelasting 

Dit raak u!


Wie dit mag aangaan 
INLIGTING VERLANG VAN EIENAARS VAN DEELTITELEENHEDE 
Die Stad Tshwane gaan op 1 Julie 2008 sy nuwe belasting kragtens die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004), instel. Belasting sal op die totale markwaarde van 'n eiendom gehef word en nie soos vantevore op die grondwaarde alleen nie. Die markwaarde van alle eiendom insluitend deeltiteleenhede sal bepaal word op grond van huidige markdata en data van transaksies wat by die Aktekantoor geregistreer is. 
Volgens die Wet is munisipale belasting op 'n deeltiteleenheid nou betaalbaar deur die eienaar van die eenheid; 'n munisipaliteit sal nie meer die belasting op 'n deeltiteleenheid of enige deel van so 'n belasting van die bestuursliggaam wat die deeltitelskema beheer, verhaal nie, behalwe wanneer die bestuursliggaam die eienaar is. Alle eienaars van deeltiteleenhede moet daarom hul inligting verskaf sodat die Stad Tshwane die korrekte rekening vir elke deeltiteleenheid kan opstel. 
Die vorm wat by hierdie kennisgewing aangeheg is, is vir hierdie doel ontwerp en moet ingevul word en die Stad Tshwane nie later as 30 April 2008 bereik nie. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word. 
Die tydige indiening van die inligting sal verseker dat die eienaar elke maand die korrekte rekening ontvang. Indien 'n nuwe rekening nie geskep is nie en die eienaar van die deeltiteleenheid wil die eiendom verkoop, sal die oordrag van die eenheid na die koper vertraag word. Voorts kan bepaalde eienaars van deeltiteleenhede aanspraak maak op goedgekeurde kortings, soos die pensioenariskorting. Die presiese bedrag van uitsonderings, kortings, verminderings, hulptoelae en ander steunmaatrels van die Stad Tshwane sal egter eers tydens die jaarlikse begrotingsproses in Mei bepaal word. 
As u enige verdere navrae het, skakel asseblief vir Suzette Visser by 012 358 8516 tydens kantoorure of stuur aan haar 'n e-pos by stu@tshwane.gov.za.  
Dankie vir u samewerking. U deelname sal 'n noodsaaklike rol in die suksesvolle implementering van die proses speel. 

Andile Dyakala 
UITVOERENDE DIREKTEUR: BELASTINGBESTUUR 

INLIGTING OOR DEELTITELEENHEID  
DEELTITELSKEMA  
Naam van beheerliggaam  
Nommer van deeltitelskema  
Straatnaam en -nommer  
Voorstad en poskode  
Posadres en -kode  
Bestaande belastingrekeningnommer  
DEELTITELEENHEID  
Kamer-/ woonstel-/deurnommer*  
Deeltiteleenheidnommer**  
Vloeroppervlak  
Deelnemingskwota  
*Kamer- of woo** Nommer van nstelnommer soos dit fisies op die deeltiteleenheid verskyn  die deeltiteleenheid soos by die Aktekantoor geregistreer  
EIENAAR PERSOONLIKE EIENA ARSKAP  
Van  
Volle naam/name  
Identiteits- of paspoortnommer  
Werktelefoonnommer  
Huistelefoonnommer  
Selfoonnommer  
E-pos-adres  
Posadres en -kode (vir rekening)  
Bestaande munisipalekontrakrekeningnommer (indienbeskikbaar)  
EIENAAR BESIGHEIDSEIENAAR SKAP (BV TRUST, BK, MAATSKAPPY)  
Naam van besigheid  
Registrasienommer  
Posadres en -kode  
Werktelefoonnommer  
Alternatiewe nommer  
E-pos-adres  
Bestaande munisipale kontrakrekeningnommer (indien beskikbaar)  



