TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Kultuursake en Sport
Kultuursake
Biblioteek- en Argiefdienste
Biblioteekdienste
BIBLIOTEEKDIENSTE: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Die Provinsiale Biblioteekdiens van die Wes-Kaapprovinsie lewer, in samewerking met plaaslike owerhede, die mees omvattende openbare biblioteekdiens in Suid-Afrika. Teen die einde van 2003 was 263 biblioteke en 52 depots (totaal 315) by die Biblioteekdiens geaffilieer. Altesame 1 221 265 persone was geregistreerde biblioteeklede. Ongeveer 26% van die totale bevolking van die Wes-Kaap is biblioteeklede en biblioteekdienste in die Wes-Kaap beskik oor 'n infrastruktuur wat met die beste ter wêreld vergelyk.
Die Biblioteekdiens verskaf 'n wye verskeidenheid biblioteekmateriaal op bruikleen aan openbare biblioteke. Benewens boeke, word tydskrifte en koerante, CD's en video's en die nodige vakkundige publikasies ook hierby ingesluit. Personeel van die Biblioteekdiens fasiliteer die keuring, aankoop, voorbereiding, versorging en verspreiding van biblioteekmateriaal en -toerusting op bruikleen aan munisipaliteite.
Reklamemateriaal word ook geproduseer en gratis aan alle openbare biblioteke voorsien. Hulle verskaf ook vakkundige voorligting en advies aan biblioteekpersoneel en -owerhede, lewer 'n naslaan- en inligtingsdiens, doen navorsing oor die verskaffing en benutting van biblioteekdienste, bevorder die gebruik van biblioteke en biblioteekmateriaal, en hou in die algemeen toesig oor die handhawing van die openbare biblioteek se doelstellings.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
