TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Befondsing
BEFONDSING
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
Aansoek om bystand van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie se Toerismebesigheidseenheid
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se Toerismebesigheidseenheid finansier kapitale besteding in toerismebesighede. Hierdie finansiering is gemik op besighede wat akkommodasie voorsien aan bona fide-toeriste, maar dek ook ander kapitaal-intensiewe toerismeprojekte met die potensiaal om `n aansienlike uitwerking op die groei van die toerismebedryf te hê. 
Aansoek om steun van die Klein en Medium Ondernemings-ontwikkelingsprogram (KMOOP)
Die KMOOP is 'n skema wat kontanttoekennings as aansporing bied en bystand aan toerisme-verwante ondernemings in Suid-Afrika verleen. Bystand word verleen met nuwe of uitbreidingsprojekte. Die volgende is voorbeelde van projekte wat in aanmerking kom:Besighede wat as verskaffers van korttermynverblyf geklassifiseer is bv. hotelle, bed-en-ontbytplekke, ... 
Die armoedeverligtingprogram is deur die regering ingestel om armoede in Suid-Afrika te verlig. Befondsing is aan die Tak Toerisme in die Departement van Omgewingsake en Toerisme toegewys om projekte wat op toerisme betrekking het te ondersteun. Die fonds is gemik op:werkskepping deur die ontwikkeling van ... 
ITMAS Befondsing vir Deelname aan Internasionale Tentoonstellings
Die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema (ITMAS) voorsien gedeeltelike vergoeding aan besighede om sekere kostes aangegaan vir bedrywighede wat gemik is daarop om toerisme na Suid-Afrika te bemark, te betaal. 
ITMAS-befondsing vir die produksie en verspreiding van internasionale toerisme-bemarkingsmateriaal
Die Internasionale Toerismebemarkingsbystandskema (ITMAS) voorsien gedeeltelike vergoeding aan besighede vir sekere koste aangegaan vir bedrywighede wat gemik is op die bevordering van toerisme na Suid-Afrika. 
Projekbefondsing uit die begroting van die Hoofdirektoraat Toerisme-ontwikkeling
Die Hoofdirektoraat Toerisme-ontwikkeling het 'n jaarlikse begroting vir befondsing van projekte wat groei in die toerismebedryf aanhelp. Hierdie groei kan op verskeie maniere bereik word, byvoorbeeld deur werkskepping, opleiding of infrastruktuurontwikkeling. Slegs 'n beperkte reeks entiteite kom in aanmerking vir befondsing, soos artikel 21-maatskappye of ... 
Toerismebevordering en -ontwikkeling vir Kaapstad
Die doel van Kaapstad Toerisme is om Kaapstad as `n wêreldklas-toeristebestemming en as Suid-Afrika se mees vooraanstaande konferensie-, aansporing-, ontspanning- en funksiebestemming te vestig, en terselfdertyd die ekonomiese voordele en werkskepping maksimaal te benut. 
Die TLP is 'n Saketrustinisiatief wat ingestel is om die voorsiening van leerderskappe en vaardigheidsprogramme te bespoedig met die oog op bevordering van beter diens en produktiwteit in die toerisme-, gasvryheid- en bewaringsubsektore. Die TLP het ten doel om die kennis en vaardighede van leerders ... 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
