TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: A
WOORDELYS: A
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Aankopeprosedures - Die proses wat gevolg word wanneer staatsdepartemente goedere of dienste koop. Dit sluit tenders en kontrakte in.
Aanneming - Aanneming is 'n manier om die wettige verhouding tussen 'n kind en die kind se biologiese ouers te beëindig. Aanneming skep 'n nuwe regsverhouding tussen die kind en die kind se aanneemouers.
Aanwinsstelsel - 'n Stelsel waarvolgens 'n egpaar se besittings verdeel word indien hulle skei. Alle inkomste en bates wat gedurende die huwelik verkry is, word in die geval van 'n egskeiding gelykop verdeel.
Ad hoc-komitee - 'n Komitee wat vir 'n spesifieke, afgebakende doel geskep is en wat vir 'n beperkte tydperk bestaan.
Administrasie - In die regering verwys dit na die afdelings van die regering wat wette toepas en vir die daaglikse bestuur van die land verantwoordelik is. Dit word ook die uitvoerende tak van die regering genoem.
Administratiewe verantwoordbaarheid - Administratiewe regeringsamptenare word op 'n demokratiese en grondwetlike manier aan die parlement en die publiek verantwoordelik gehou vir hul pligte en vir die uitvoering van take wat kragtens wet aan hulle opgedra is.
Afhanklike - Iemand wat op 'n ander persoon staatmaak vir finansiële ondersteuning. Byvoorbeeld, 'n kind wat afhanklik van ouers is.
Afstandonderrig - Onderrig wat plaasvind sonder dat die leerder en die opvoeder van aangesig tot aangesig ontmoet. Dit word dikwels ook korrespondensie-onderrig genoem.
Agronomie - Studie van grondbestuur en gewasverbouing.
Algehele verdowing
VERWANTE INLIGTING
Algemene Onderwys en Opleiding (AOO)
VERWANTE INLIGTING
Amptelike opposisie - Die politieke party wat die naasmeeste setels in die parlement. Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisieparty in die nasionale regering.
Antiretrovirale behandeling - Hierdie medisyne word gebruik om MIV-positiewe mense te behandel en sluit AZT en Niverapine in. Hulle genees nie 'n persoon van MIV nie, maar voorkom dat die persoon se immuniteitstelsel verswak as gevolg van die virus.
Antiretrovirale middels (ARM)
VERWANTE INLIGTING
Apartheid - "Afsonderlikheid", die beleid van die Nasionale Party se regering in Suid-Afrika van 1948 tot 1994. Die regering het rassegroepe van mekaar probeer skei deur hulle te dwing om in verskillende buurte te woon, verskillende skole by te woon, ens. Die wit mense is as die meerderwaardige ras beskou.
Appèl - 'n Beroep op 'n hoër liggaam teen die beslissing van 'n hof of ander besluitnemende liggaam.
Arbeidshof - Hof waarin arbeidsgeskille aangehoor word.
Arbeidsterapeut - Iemand wat pasiënte met behulp van skeppende en/of produktiewe aktiwiteite help om fisiek en emosioneel te herstel.
Arbitrasie - 'n Proses om 'n dispuut te besleg. 'n Derde persoon word versoek om die twee kante van 'n saak aan te hoor en daarna 'n besluit te neem.
Argeologiese artefakte - Voorwerpe van historiese belang wat deur mense gemaak of gevorm is.
Armoedeverligtingsprogram - Planne van die regering om armoede te verminder. Dit sluit toelaes en werkskeppingsprojekte in.
Artikel 21-maatskappye - Nie-winsgewende organisasies wat ingevolge artikel 21 van die Maatskappyewet geregistreer is.
Asma - Langdurige inflammasie van die longe wat asemhaling bemoeilik; dikwels veroorsaak deur allergieë.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
