TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: R
WOORDELYS: R
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Raadslid - 'n Verkose verteenwoordiger op plaaslike regeringsvlak wat in die munisipale of stadsraad dien.
Rampbestuur - Die proses om rampe soos oorstromings en aardbewings die hoof te bied. Dit verwys na pogings om rampe te voorkom en die uitwerking van en reaksies op rampe te beperk nadat dit plaasgevind het, soos ramphulp.
Regeringsfere - Die drie vertakkings van die regering, naamlik die wetgewer, naamlik die wetgewende gesag (wat die wette maak), die uitvoerende gesag (wat die wette toepas) en die regterlike gesag (wat die wette afdwing).
Regeringskommunikasie-en-inligtingsdiens (RKID) - 'n Regeringsinstelling wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die regering se kommunikasie met en die verskaffing van inligting aan die landsburgers. Vir nog inligting, besoek die RKID se webwerf.
Regsdienstekommissie (RDK) - Hierdie kommissie gee die regering raad oor aangeleenthede rakende howe, byvoorbeeld die aanstelling van regters.
Regshulp - 'n Graties regsdiens aan mense wat van 'n misdryf aangekla is en nie 'n prokureur kan bekostig nie.
Regstellende aksie - 'n Beleid om ongelykhede van die verlede reg te stel. Byvoorbeeld, om mense uit 'n voorheen benadeelde agtergrond in diens te neem om 'n verteenwoordigende werkmag te skep.
Regstellendeaksie-beleid - 'n Beleid om goedere en dienste te koop op 'n manier wat voorheen benadeelde gemeenskappe en individue bevoordeel. Byvoorbeeld, die regering het 'n beleid oor voorkeurverkryging wat die geslag en ras in aanmerking neem van mense wat aansoek doen om dienste aan die regering te lewer.
Regstelsel - Die stelsel van howe, aanklaers en polisie wat vir regstoepassing verantwoordelik is.
Regterlike gesag - Die howe wat die wette afdwing en die regte beskerm wat in die Grondwet gewaarborg word. Hierdie tak van die regering is onafhanklik van die wetgewende en die uitvoerende tak.
Regulasies - Gedetailleerde dokumente wat deur die parlement goedgekeur word en wat uiteensit hoe aan wette uitvoering gegee moet word. Byvoorbeeld, die Wet op die Beheer oor Vuurwapens bepaal dat jy om 'n lisensie moet aansoek doen om 'n vuurwapen te mag besit. Die regulasies stippel duidelik uit hoe jy te werk gaan om aansoek te doen om so 'n lisensie.
Rehabilitasie - Proses om iemand gesond te maak met behulp van terapie.
Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe - 'n Gekoördineerde poging om die potensiaal van 'n bepaalde gebied te ontwikkel. Die nasionale, provinsiale en plaaslike regering kan hierby betrokke wees, asook verskillende departemente.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
