TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: K
WOORDELYS: K
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Kaapstadse Metropolitaanse Gebied - Die oorkoepelende plaaslike owerheid in die Kaapstadse gebied wat uit 7 munisipaliteite bestaan. Dit word nou die Stad Kaapstad genoem.
Kabinet - Die hoof van die uitvoerende gesag van die regering. Dit bestaan uit die President, Adjunkpresident en 24 Kabinetsministers.
Kabinetsminister - Die lede van die parlement wat belas word met die verantwoordelikheid vir die onderskeie Departemente van die uitvoerende gesag, byvoorbeeld die Minister van Onderwys.
Kangaroe-kinderversorging - Metode om 'n baba te versorg, wat soveel moontlik liggaamlike aanraking tussen die baba en die ouer behels.
Kanker - Abnormale groei wat deur abnormale en onbeheerste seldeling veroorsaak word.
Kapasiteitsbesparings - Wanneer dit minder per item kos om 'n groot hoeveelheid van iets kos te produseer as klein hoeveelheid.
Kapasiteitsbou - 'n Strategie om die vermoëns van die staat se amptenare en werknemers te vergroot.
Karoo - 'n Halfwoestyngebied in die Wes- en Noord-Kaap.
Kerngesin - Naaste gesinslede wat saam in dieselfde huis woon en gewoonlik uit 'n vader, moeder en hul kinders bestaan.
Khula - 'n Finansieringsagentskap van die staat wat klein, middelslag- en mikrosakeondernemings bystaan om finansiering te bekom. Vir nog inligting, besoek die Khula-webwerf.
Kierserslys - Die lys van geregistreerde kiesers. Jy mag nie stem nie tensy jou naam op die kieserslys verskyn.
Kiesafdeling - 'n Gebied waarvoor 'n verkose politikus verantwoordelik en aanspreeklik is. Byvoorbeeld, wyksraadslede op die vlak van plaaslike regering is verantwoordelik teenoor die inwoners van daardie wyk en moet hul behoeftes en belange in die raad verteenwoordig.
Kinderhof - 'n Spesiale hof wat uitspraak lewer oor sale rakende kinders.
Kinderonderhoudstoelae - Hierdie toelae van R160 per maand is tot die beskikking van kinders onder die ouderdom van 9 jaar. Hierdie toelae word tans uitgebrei na kinders onder die ouderdom van 14 jaar.
Kindersterftesyfer - Die getal kinders jonger as 'n jaar oud wat binne 'n sekere jaar gesterf het. Byvoorbeeld, 1 uit 1 000 beteken dat een kind gesterf het vir elke 1 000 wat lewe. In 1998 was die kindersterftesyfer in Suid-Afrika 62.18. Dit beteken dat 62 kinders uit elke 1 000 kinders voor hul eerste verjaardag gesterf het.
Klein-, mikro- en middelslagondernemings (KMMO) - Sakeondernemings met minder as 5 werknemers word dikwels mikro-sakeondernemings genoem. Dié met 5 tot 10 werknemers word as klein kleinsakeondernemings beskou. Sakeondernemings met 10 tot 50 werknemers word as middelslagondernemings beskou.
Kleineisehof - 'n Hof waarvan prosedures vinnig, goedkoop en eenvoudig is en wat siviele sake (d.w.s. nie strafsake nie) waarby tot R7,000 betrokke is, mag aanhoor.
Klousule - 'n Verklaring of enkele punt in wetgewing. Nadat 'n stuk wetgewing goedgekeur is, word na hierdie klousules verwys as artikels.
Komitee
VERWANTE INLIGTING
Kommissaris - 'n Persoon aan die hoof van 'n Kommissie van Ondersoek, of wat uitspraak lewer in sake in die Kleineisehof, of 'n afkorting vir Kommissaris van Ede.
Kommissaris van Ede - 'n Persoon wat mag bekragtig dat 'n verklaring afgelê is deur iemand wat veronderstel is om dit doen (beëdigde verklaring) of 'n persoon wat mag bekragtig dat afskrifte van egte oorspronklike dokumente gemaak is. Byvoorbeeld, 'n polisiebeampte, posmeester en 'n bankbestuurder.
Kommissaris van Kindersorg - 'n Persoon met die nodige magtiging om wettige besluite oor die beste versorging van behoeftige kinders te neem.
Kommissie op Geslagsgelykheid (KGG) - Instelling wat ingevolge die Grondwet geskep is om geslagsgelykheid, veral vroueregte, te bevorder en te beskerm.
Kommissie van Ondersoek - 'n Ondersoek wat deur die regering gelas is na 'n bepaalde aangeleentheid en wat gewoonlik onder voorsitterskap van 'n regter is. Byvoorbeeld, die Jali-kommissie van ondersoek na korrupsie in gevangenisse.
Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe - Liggaam wat ingevolge die Grondwet geskep is om respek vir verskillende kulture, godsdienste en tale te bevorder.
Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) - Onafhanklike liggaam wat verskeie arbeidsaangeleenthede behartig en geskille tussen werkgewers en werknemers probeer bylê.
Konstitusionele Hof - Die hoogste hof in die land. Dit verhoor slegs sake rakende grondwetlike aangeleenthede. Dit sluit insake waar menseregte geskend is en dié rakende die magte en funksies van die regering.
Konvensie oor die Voorkoming van Diskriminasie teen Vroue (KVDV) - Internasionale ooreenkoms oor vroueregte.
Kopiereg
VERWANTE INLIGTING
Koste-voordeel-ontleding - 'n Vergelyking van die koste en risiko's met die wins of voordele wat uit 'n projek kan voortspruit.
Koöperasie - Gemeenskaplike sakeonderneming wat gesamentlik deur die lede besit en op 'n demokratiese, samewerkende manier bestuur word. Byvoorbeeld, 'n landboukoöperasie waar 'n groep mense saam die grond bewerk en in die wins deel.
Kredietgekoppelde behuisingsubsidie - 'n Behuisingsubsidie wat aan 'n lening gekoppel is. Van die begunstigde word vereis om die leningsgedeelte van die subsidie terug te betaal, maar nie die subsidie self nie.
Kriptografie - Internetsekerheid wat die enkodering van data behels sodat dit slegs deur sekere mense ontsyfer kan word.
Kruisondervraging - Die hofprosedure waarvolgens die ander party jou oor jou verklarings en jou getuienis uitvra.
Kruissubsidiëring - Gebruik ekstra geld van een diens of departement om die koste van 'n ander diens of departement te dra.
Kuberinspekteur - Hierdie amptenare word ingevolge die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 2002, aangestel om onwettige aktiwiteite op (of in verband met) die internet te monitor en aan te meld.
Kultuurgeskiedenis - Die sosiale geskiedenis van 'n groep mense.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Januarie 2006 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
