TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: G
WOORDELYS: G
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Gasvryheidsbedryf - Die sektor van die toerismebedryf wat hom toespits op die verskaffing van verblyf, kos en drank.
Geboortesertifikaat - Dokument wat die Departement van Binnelandse Sake uitreik wanneer die geboorte van 'n baba in die bevolkingsregister aangeteken word.
Geelkoorssertifikate - Amptelike dokument wat aan 'n mens uitgereik word nadat jy teen geelkoors geïmmuniseer is.
Gehalteversekering (GV) - Kontroleproses om te verseker dat die gehalte van 'n produk of diens op 'n aanvaarbare vlak is.
Geloofsgebaseerde organisasies (GBO's) - Niewinsgewende organisasies waarvan die lede van dieselfde godsdienstige oortuiging is.
Gemeenskap van goedere - 'n Manier om besittings in 'n huwelik te verdeel. Al die besittings, geld en eiendom wat aan elke persoon behoort wanneer hulle trou en alles wat gedurende die huwelik versamel is, word gedeel.
Gemeenskapsgesondheidswerker - Iemand wat vrywillig help met gesondheidsake in die gemeenskap.
Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) - 'n Groep besorgde burgers wat in 'n bepaalde gebied woon en werk wat met die plaaslike polisie saamwerk om 'n veilige omgewing in die gemeenskap te skep en te handhaaf.
Gemeenskapsveiligheidsforum
VERWANTE INLIGTING
Gemeenskapsveiligheidsprojekte
VERWANTE INLIGTING
Gemene reg - Wet wat deur die jare heen oorgedra is en nie as 'n wet van die parlement bestaan nie. Byvoorbeeld, daar is geen spesifieke wet wat bepaal dat moord 'n misdaad is nie. Moord is 'n oortreding van die gemene reg.
Genetiese diversiteit - Die verskeidenheid gene in 'n spesie. Genetiese diversiteit stel spesies in staat om hulle by veranderende toestande aan te pas.
Geriatries - Met betrekking tot 'n bejaarde persoon.
Gesondheidsorg-afval - Afval wat deur gesondheidsorginstellings geproduseer word en waarvan ontslae geraak moet word sonder om gevare vir die gemeenskap te skep.
Gesondheidsorgwerkers - Mense wat na siekes omsien, soos gekwalifiseerde verpleegkundiges en dokters, sielkundiges en psigiaters, asook versorgers wat nie oor amptelike kwalifikasies beskik nie.
Getuie - 'n Persoon wat in 'n geregshof getuienis lewer oor iets wat hulle gesien het of waarvan hulle weet.
Getuiebeskerming - Maatreëls om die veiligheid te verseker van 'n persoon wat in 'n geregshof moet getuig en wat as gevolg daarvan vir hul veiligheid vrees.
Gewaarmerkte afskrifte - Fotostate wat amptelik deur 'n Kommissaris van Ede verklaar is as getroue afskrifte van die oorspronklike dokumente.
Gini-indeks of Gini-koëffisiënt - 'n Skaal wat inkomsteverdeling meet, met ander woorde, die verskil tussen wat die armste mense en die rykste mense verdien. As almal dieselfde bedrag verdien, is die Gini-indeks 0. As daar 'n groot verskil is tussen wat die armes en die rykes verdien, is die Gini-indeks na aan 1. In 1998 was die Gini-indeks in Suid-Afrika 0,69.
Globalisering - Wanneer iets nie tot een land beperk is nie, maar talle lande oor die wêreld heen raak. Dit kan op kultuur, sake of ekonomie betrekking hê.
Goeie staatsbestuur - 'n Goedgekeurde manier om te regeer, wat insluit aanspreeklikheid, verantwoordbaarheid, deursigtigheid, doeltreffendheid, effektiwiteit en respek vir die regstaat.
Griffier - Die persoon in die hof wat verantwoordelik is vir die vasstelling van verhoordatums en wat jou kan voorsien van enige dokument wat op die hofverrigtinge betrekking het.
Groenskrif - 'n Konsepbeleidsdokument oor 'n bepaalde onderwerp wat deur 'n staatsdepartement opgestel is.
Grondbesetting - Proses waarin mense grond onwettig beset om hulle daar te vestig.
Grondwet - Die hoogste wet in Suid-Afrika. In hierdie dokument word die grondbeginsels waarvolgens Suid-Afrika bestuur word, uitgestippel. Die bevat die Handves van Regte en sit die strukture en magte van die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsfeer uiteen.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
