Die goedkeuring van bedrywighede wat verband hou met geneties-gemanipuleerde organismes in Suid-Afrika
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Departement van Landbou administreer die Wet op Geneties Gemanipuleerde Organismes, 1997. Dit sluit in die uitreik van permitte, magtigings en sertifikate vir:
invoer van geneties-gemanipuleerde organismes na Suid-Afrika into South Africa uitvoer van GMO's vanaf Suid-Afrika beheerde gebruik van GMO's in 'n laboratorium, kweekvertrek of kweekhuis doelbewuste vrystelling van 'n GMO in die Suid-Afrikaanse omgewing waar 'n proef plaasvind voortsetting of verlenging van bedrywighede wat reeds gemagtig is kommoditeitsklaring van GMO's algemene vrystelling vir kommersiële aanplanting en die gebruik van GMO's registrasie van geriewe wat gebruik word vir GMO's
Bo
Stappe om te volg
Bepaal watter soort magtiging jy benodig en vul die nodige aansoekvorm in.
Let op die volgende voorvereistes vir sekere aansoeke:
Algemene vrywaringsaansoeke moet voorafgegaan word deur die afhandeling van aktiwiteite versprei oor drie groeiseisoene.
Aansoeke om bedrywighede voort te sit sal slegs aanvaar word indien die bedrywighede voorheen gemagtig is.
Dien die aansoek tesame met die voorgeskrewe aantal afskrifte by die Registrateur van GMO's in.
Dien 'n bykomende afskrif, wat geen vertroulike sake-inligting bevat nie, by die Registrateur van GMO's in.
Betaal die voorgeskrewe bedrag .
Dien 'n verslag in van vorige bedrywighede .
Lewer bewys van openbare verklarings .
Aansoekers moet die volgende riglyne gebruik:
handleiding oor openbare verklarings ingevolge Regulasie van die GMO-wet.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die Registrateur bepaal of die aansoek voldoen aan die voorwaardes van die Wet op Geneties Gemanipuleerde Organismes, 1997.
Die Advieskomitee evalueer die wetenskaplike data wat saam met die aansoek ingedien is en doen 'n aanbeveling aan die Uitvoerende Komitee oor die veiligheid van die voorgestelde bedrywighede.
Die Registrateur ontvang kommentaar van die publiek binne die toegelate tydskaal.
Die Uitvoerende Komitee besluit oor die aansoek, met inagneming van die aansoek self, aanbeveling deur die Advieskomitee, kommentaar van die publiek, asook die uitwerking op sektore soos landbou, gesondheid, die omgewing, arbeid, handel asook wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling.
Indien die Uitvoerende Komitee gunstig besluit, word die Registrateur gemagtig om 'n permit uit te reik.
Die Registrateur reik die nodig permit uit.
Alle permitte bevat beheervoorwaardes.
Inspekteurs van die Departement van Landbou monitor die nakoming van die permitvoorwaardes.
Bo
Koste
Die bedrae vir diens gelewer ooreenkomstig die GMO-wet word jaarliks aangepas. Die bedrae vir 2007/08 is:
