WETSONTWERP
Om voorsiening te maak vir die lisensiëring van die kleinhandelverkope van drank; die mikrovervaardiging van drank en die vervaardiging van tradisionele Afrikabier in die provinsie Wes-Kaap; om die Wes-Kaapse Drankraad en sy komitees in te stel; om drankforums in te stel; om voorsiening te maak vir die aanstelling van aangewese drankbeamptes en inspekteurs; om voorsiening te maak vir die aanstelling van munisipaliteite as agente van die Drankraad en as bevoegde lisensieowerhede.
AANGESIEN die Wes-Kaapse Provinsiale Regering (''die Regering'') besef dat die drankhandel in die histories blanke dorpe, voorstede en sentrale sakegebiede en op plase gereguleer word deur middel van 'n aantal wetgewende stelsels wat oor die jare aangepas en hersien is om aan die politieke, maatskaplike en ekonomiese vereistes van die regering van die dag te voldoen;
EN AANGESIEN 'n raamwerk ontwerp sal word vir die voortgesette regulering van die gevestigde drankhandel, nou in ooreenstemming met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en nasionale en provinsiale beleide, en daardeur gepoog sal word om 'n balans te handhaaf tussen die belange van die drankbedryf en gemeenskappe;
EN AANGESIEN die Regering die uiteenlopende aard van die drankbedryf in die Provinsie Wes-Kaap (''die Provinsie'') besef en die belangrikheid van sy uiteenlopende aspekte as 'n bydraer tot die ekonomie van die Provinsie en Suid-Afrika waardeer;
EN AANGESIEN die Regering poog om die maatskaplike koste van drankmisbruik vir die samelewing in die geheel te verminder;
EN AANGESIEN die Regering poog om die munisipaliteite in die Provinsie by die regulering van die drankbedryf te betrek;
WORD DAAR BEPAAL deur die Provinsiale Parlement van die Provinsie Wes-Kaap, soos volg:--
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywing
HOOFSTUK 2
Instelling van die Raad
3. Samestelling van die Raad
Kriteria vir aanstelling
Ampstermyn
Bevoegdhede en funksies van die Raad
Vergaderings en besluite van die Raad
Onttrekking van lede met botsende belang
Befondsing van die Raad
11. Oudit en jaarverslae
Verrigtinge van die Raad
Komitees van die Raad
HOOFSTUK 3 10 BESOLDIGING EN ADMINISTRASIE VAN DRANKRAAD EN APPÈLTRIBUNAAL
Besoldiging van lede en Appèltribunaal
Administrasie van Raad en Appèltribunaal
Inkomste wat aan die Provinsiale Inkomstefonds, die Drankraad of munisi-15 paliteite toeval
HOOFSTUK 4
ROL VAN MUNISIPALITEITE
Munisipaliteite as agente van die Raad en as bevoegde lisensieowerhede
Drankforums
Lisensies en permitte
Soorte permitte 25 23. Kriteria vir die toestaan van lisensies
Kennisgewing van aansoek
Aanstuur van dokumente
Oorweging van aansoeke
Geskiktheid van persele
Onvolledige persele 35 33. Onderwys en opleiding
Voorwaardelike goedkeuring
Uitreiking van lisensies en permitte
Dood of onbevoegdheid van aansoeker
HOOFSTUK 6 40 VOORWAARDES VIR LISENSIES
Standaardlisensievoorwaardes
Bestuur 45 41. Veranderings aan gelisensieerde persele
Kinders
Werkgewers en werknemers
Toegang tot gelisensieerde persele
Berging van drank 50 46. Plek van verkoop
Handelsure
Hoeveelheid drank en hou van rekords
HOOFSTUK 7 PERMITTE
Permitte vir spesiale byeenkomste
HOOFSTUK 8GELDIGHEID EN HERNUWING VAN LISENSIES EN PERMITTE
Geldigheid van lisensies en permitte
Outomatiese hernuwing van lisensies
Aansoeke vir hernuwing
HOOFSTUK 9 OORDRAG VAN LISENSIES
Oordrag van lisensies
Abandonering van perseel en dood of onbevoegdheid van lisensiehouer
HOOFSTUK 11 VOLDOENING
Opskorting, intrekking en verval van lisensies
HOOFSTUK 12 WETSTOEPASSING
Aanwysing en funksies van aangewese drankbeamptes en inspekteurs 25 61. Bevoegdhede van aangewese drankbeamptes en inspekteurs
Bevoegdhede van vredesbeamptes in die algemeen
Misdrywe
Misdrywe betreffende inligting
Misdrywe betreffende vergaderings van die Raad en die Appèltribunaal 30 66. Misdrywe betreffende polisiebeamptes en inspekteurs
Motorvoertuie
Diensstasies
Versuim om aan bevel van Raad te voldoen
Middellike verantwoordelikheid 35 71. Vrystellings
Bewyse
Strawwe
HOOFSTUK 13 40 REGULASIES, OORGANGSBEPALINGS EN KORT TITEL
Regulasies
Oorgangsbepalings
Herroeping van bepalings
Kort titel
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywing
In hierdie Wet, tensy dit uit die samehang anders blyk, beteken-- ''aangewese drankbeampte'' 'n persoon ingevolge artikel 60 aangestel; ''Appèltribunaal'' 'n Appèltribunaal ingevolge artikel 14 ingestel; ''bestuurder'' 'n persoon ingevolge artikel 40 aangestel; ''bevoegde owerheid'' die Raad, of 'n munisipaliteit wat ingevolge artikel 18 as 'n bevoegde lisensieowerheid gemagtig is; ''datum van uitreiking'' die datum waarop 'n lisensie of permit die eerste keer uitgereik is; ''drank'' enige vloeistof of stof wat meer as 1% alkohol per volume of massa bevat, wat tradisionele Afrikabier en tafelwyn insluit, maar uitgesonderd brand­spiritus, medisyne wat onderhewig is aan registrasie ingevolge die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1965 (Wet 101 van 1965), en produkte wat nie vir menslike verbruik bedoel is nie; ''drankforum'' 'n drankforum ingevolge artikel 18 (d) ingestel; ''Drankwet'' die nasionale Drankwet, 2003 (Wet 59 van 2003); ''dwelmmiddels'' 'n afhanklikheidsvormende stof, 'n gevaarlike afhanklikheids­vormende stof of 'n ongewenste afhanklikheidsvormende stof soos omskryf in die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, 1992 (Wet 140 van 1992); ''familielid'' 'n persoon se gade, kind, ouer, broer of suster, ongeag of sodanige verhouding die gevolg is van geboorte, huwelik of aanneming; ''.nansiële belang'' die eienaarskap van die aandele van 'n maatskappy, die lid se belang in 'n beslote korporasie, 'n belang in 'n vennootskap en ten opsigte van 'n besigheid of onderneming enige belang wat die houer daarvan in staat stel om in die lotgevalle te deel, insluitende die omset van sodanige besigheid of onderne­ming; ''gelisensieerde besigheid'' die besigheid wat op die gelisensieerde perseel bedryf kan word soos deur die Raad gemagtig; ''gelisensieerde perseel'' die perseel waarop drank ingevolge hierdie Wet mikrovervaardig, verkoop, verbruik of geberg mag word; ''gemeenskapspolisiëringsforum'' 'n gemeenskapspolisiëringsforum ingestel in­gevolge artikel 19 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet 68 van 1995); ''geregistreerde persoon'' 'n persoon ingevolge die Drankwet as 'n vervaardiger of verspreider geregistreer; ''Grondwet'' die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; ''hierdie Wet'' die Wes-Kaapse Drankwet, 2005, en ook regulasies daarkragtens uitgevaardig; ''Hoof Uitvoerende Beampte'' 'n persoon ingevolge artikel 16 aangestel; ''inspekteur'' 'n persoon ingevolge artikel 60 aangestel; ''kleinhandelvoedselwinkel'' die besigheid wat hoofsaaklik kruideniersware en voedselware in die kleinhandel verkoop; ''lid'' 'n lid van die Raad; ''lisensie'' 'n lisensie in artikel 21 bedoel; ''lisensiehouer'' die persoon aan wie 'n lisensie ingevolge artikel 35 uitgereik of ingevolge artikel 54 oorgedra is; ''mikrovervaardig'' om drank te vervaardig op of onder die voorgeskrewe drempelvolume ingevolge artikel 4 van die Drankwet, en het mikrovervaardiger 'n ooreenstemmende betekenis; ''Minister'' die provinsiale Minister verantwoordelik vir ekonomiese sake in die Provinsie; ''motorvoertuig'' 'n voertuig wat ontwerp of aangepas is om op 'n pad aangedryf of gesleep te word deur middel van brandstof, gas of elektrisiteit, insluitende 'n sleepwa of 'n landbou-of ander implement wat ontwerp of aangepas is om deur sodanige voertuig gesleep te word; ''munisipaliteit'' 'n munisipaliteit soos ingestel by die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), en ingevolge artikel 18 van hierdie Wet aangestel is; ''Ondervoorsitter'' 'n persoon ingevolge artikel 3 (b) aangestel;
permit'' die dokument deur 'n munisipaliteit uitgereik ten opsigte van 'nspesiale byeenkoms ingevolge artikel 49 of ten opsigte van die verkoop vantradisionele Afrikabier ingevolge artikel 50 van hierdie Wet;''perseel'' 'n plek, grond, gebou, deel van 'n gebou, vaartuig, vliegtuig ofvoertuig;''provinsiale regering'' die regering van die Wes-Kaap;''Provinsie'' die Provinsie Wes-Kaap;''Raad'' die Wes-Kaapse Drankraad ingevolge artikel 2 ingestel;''spesiale byeenkoms'' 'n fondsinsamelingsbyeenkoms ten bate van 'n opvoed­kundige of welsynsorganisasie, enige uitstalling, sportbyeenkoms, openbarefunksie, kultuurbyeenkoms of artistieke uitvoering;''tafelwyn'' wyn soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Drankprodukte, 1989(Wet 60 van 1989);''tradisionele Afrikabier'' 'n gegiste vloeistof soos omskryf in item 8 van Bylae1 van die Drankwet;''uitreiking'', met betrekking tot 'n lisensie, ook die lewering of versending vandie lisensie aan die persoon aan wie dit verleen is of aan sy of haar agent;''verkoop'' ook verskaf, verruil, te koop aanbied, vertoon met die doel om teverkoop of om 'n verkoop, verskaffing, uitruiling, aanbod of vertoning te magtig,te gelas of toe te laat;''verskaf'', met betrekking tot drank, om 'n persoon in besit of beheer daarvan testel;''vervaardig'' om drank te produseer wat te botteleer met die bedoeling om dit teverkoop;''vervaardiger'' 'n persoon wat sodanig geregistreer is in terme van dieDrankwet;''Voorsitter'' die voorsitter van die Raad ingevolge artikel 3 (a) aangestel of 'npersoon wat tydelik as Voorsitter waarneem in sy of haar afwesigheid; en''voorskryf'' om by regulasie ingevolge hierdie Wet voor te skryf.
Instelling van Wes-Kaapse Drankraad
 Die Drankraad wat ingevolge artikel 5 van die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), soos gewysig, vir die Provinsie ingestel is, gaan voort om te bestaan en te funksioneer onder die naam Wes-Kaapse Drankraad in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Wet, asof dit ingevolge hierdie Wet ingestel is.
Die Raad is 'n onafhanklike regspersoon en is net aan die Grondwet en die Reg onderhewig.
Die Raad moet sy funksies ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet uitoefen, onpartydig en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel.
Samestelling van Drankraad
Die Raad moet deur die Minister aangestel word en bestaan uit--
een lid met regskwali.kasies gelykwaardig aan dit wat vir toelating as 'n prokureur of advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika vereis word en met ondervinding van die regspleging, en wat deur die Minister as Voorsitter aangestel word;
hoogstens drie lede met die kwali.kasies in (a) vermeld, wat deur die Minister as Ondervoorsitters aangestel word;
n Hoof Uitvoerende Beampte ingevolge artikel 16 aangestel;
een lid met kwali.kasies gelyk aan dit wat vir registrasie as 'n stads-en­streekbeplanner vereis word, deur die Minister aangestel na oorleg met die Minister verantwoordelik vir ontwikkelingsbeplanning in die Provinsie;
een lid wat 'n polisiebeampte met 'n rang van Superintendent of hoër is, deur die Minister aangestel na oorleg met die provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Minister verantwoordelik vir gemeen­skapsveiligheid in die Provinsie;
twee lede wat burgers van die Provinsie is; en hoogstens ses bykomende lede met gespesialiseerde kennis of kwali.ka­sies deur die Minister aangestel na oorleg met die Voorsitter om as komiteelede te dien.
Kriteria vir aanstelling
Geen persoon mag aangestel word om as 'n lid van die Raad te dien nie wat--
a in die voorafgaande tien 10 jaar skuldig bevind is aan 'n misdryf en gevonnis is tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete, tensy die Minister van mening is dat die misdryf van so 'n aard was dat dit nie impliseer dat die persoon ongeskik is om die amp te beklee nie;
(b) in die voorafgaande tien jaar skuldig bevind is aan 'n misdryf ingevolge die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), tensy die Minister van mening is dat die misdryf van so 'n aard was dat dit nie impliseer dat die persoon ongeskik is om die amp te beklee nie;
c 'n ongerehabiliteerde insolvent is; 15 d jonger as een en twintig 21 jaar is;
n regstreekse belang in die drankhandel het; of die familielid is van 'n persoon met 'n regstreekse belang in die drankhandel, tensy die Minister van mening is dat die belang van die familielid in die drankhandel nie impliseer dat die persoon ongeskik is om die amp te beklee nie.
Ampstermyn
 Met uitsondering van die Hoof Uitvoerende Beampte word lede aangestel vir 'n termyn van hoogstens vyf jaar, en hulle kan by verstryking van hulle ampstermyn heraangestel word vir hoogstens een verdere termyn.
 'n Vakature in die Raad kan gevul word deur die aanstelling van nog 'n lid deur die Minister.
Die Minister kan die lidmaatskap van 'n lid beëindig indien daardie lid--
a van minstens drie 3 opeenvolgende vergaderings van die Raad afwesig was 30 sonder opgaaf van goeie redes;
ingevolge artikel 24 gediskwali.seer word;
sy of haar bedanking aan die Minister voorlê;of nie meer in die Provinsie woon nie.
Bevoegdhede en funksies van die Raad
7. Die Raad kan enige van die volgende aangeleenthede oorweeg:
aansoeke ingevolge hierdie Wet;
vertoë ten gunste van of teen die verlening van aansoeke;
verslae aan hom voorgelê deur drankbeamptes, inspekteurs, drankforums of munisipale beamptes; 40 (d) klagtes by die Raad ingedien oor die gedrag van 'n gelisensieerde besigheid;
vertoë deur 'n lisensiehouer of ander belanghebbende persoon oor die herroeping van die opskorting van die lisensie of die verwydering of wysiging van enige voorwaardes wat vir 'n lisensie gestel is;
appèlle teen besluite deur munisipaliteite om permitte toe te staan of te weier;
(g) enige ander aangeleentheid wat deur die Hoof Uitvoerende Beampte na die Raad verwys is of wat die Raad ingevolge hierdie Wet kan of moet oorweeg; of h enige ander aangeleentheid wat die Minister aan die Raad opdra.
Uitgesonderd ten opsigte van a, b, e, f en h het die Voorsitter 'n diskresie om te weier om 'n vergadering van die Raad te belê as so 'n vergadering na sy of haar mening nie geregverdig word deur die inligting wat aan hom of haar voorgelê is nie.
Die Raad kan, na oorweging deur hom van enige aangeleentheid beoog in--
a 1a en b, die aansoek weier of toestaan behoudens sodanige voorwaardes as wat hy geskik ag;
die klag verwerp;
ii die lisensie intrek;
iii die lisensie opskort as 'n regstellende of strafmaatreël;
sodanige voorwaardes vir die lisensie stel as wat hy geskik ag;
die lisensiehouer gelas om sodanige boete te betaal as wat hy geskik ag; of vi sodanige ander stappe doen as wat hy geskik ag;
e, die vertoë van die hand wys of die opskorting of voorwaardes herroep; of f, die appèl toestaan of verwerp.
Die Raad kan te eniger tyd op aansoek deur die lisensiehouer enige voorwaarde wat die Raad gestel het, opskort, intrek of wysig.
Die lede kan enige persoon wat hulle as geskik beskou om die Raad by te staan by die oorweging van die aangeleentheid onder oorweging, in die Raad koöpteer. 'n Persoon aldus gekoöpteer het nie stemreg nie.
Vergaderings en besluite van die Raad
 Die Voorsitter moet die tyd en plek vir die hou van vergaderings bepaal en kan vergaderings verdaag en herbelê op sodanige tye en plekke as wat hy of sy besluit.
Die kworum van die Raad is drie lede, insluitende die Voorsitter of die Ondervoorsitter of albei.
n Ondervoorsitter moet voorsit op vergaderings wanneer die Voorsitter afwesig is of nie kan voorsit nie.
As die Voorsitter en die Ondervoorsitters afwesig is, moet die Minister 'n ander lid as waarnemende Voorsitter aanstel.
Die besluit van die meerderheid van die lede wat teenwoordig is en stem, maak 'n besluit van die Raad uit, en in die geval van 'n staking van stemme oor enige aangeleentheid het die Voorsitter 'n beslissende stem.
Onttrekking van lede met botsende belang
 'n Lid van die Raad mag geen vergadering of verhoor van die Raad bywoon of daarop stem of op enige wyse aan die verrigtinge daarvan deelneem nie indien, met betrekking tot enige aangeleentheid voor die Raad--
hy of sy of sy of haar familielid, vennoot of besigheidsassosiaat 'n direkteur, lid of vennoot is van, of 'n .nansiële belang of ander belange het in, die besigheid van die aansoeker vir 'n lisensie, serti.sering of enige ander reg of voorreg wat die Raad staan te verleen; of hy of sy enige belang het wat hom of haar verhinder om sy of haar funksies as 'n lid van die Raad op 'n billike, onbevooroordeelde en behoorlike wyse te verrig.
Indien dit in enige stadium in die loop van enige verrigtinge voor die Raad blyk dat 'n lid enige belang in subartikel 1 beoog, het of kan hê--
moet daardie lid die aard van sy of haar belang onverwyld en volledig openbaar en die vergadering of verhoor verlaat ten einde die oorblywende lede in staat te stel om die aangeleentheid te bespreek en te bepaal of daardie lid uitgesluit moet word van deelname aan die verrigtinge op sodanige vergadering of verhoor as gevolg van 'n botsing van belange; en moet sodanige openbaring en die besluit geneem deur die oorblywende lede rakende sodanige bepaling, in die notule van die onderhawige verrigtinge aangeteken word.
Befondsing en .nansiële bestuur van die Raad
 Die fondse van die Raad bestaan uit--
geld wat deur die provinsiale regering bewillig word; en geld wat aan die Raad toeval uit enige ander bron wat deur die Minister goedgekeur is na oorleg met die Minister verantwoordelik vir .nansies in die Provinsie, insluitende gelde wat ingevolge hierdie Wet toeval.
Die Hoof Uitvoerende Beampte moet volledige en behoorlike rekeningboeke en al die nodige rekords in verband daarmee laat hou.
Die Hoof Uitvoerende Beampte moet verseker dat die Raad se jaarlikse begrotings, korporatiewe planne, jaarverslae en geouditeerde .nansiële state opgestel en voorgelê word ooreenkomstig die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999).
Die Raad moet in elke .nansiële jaar op sodanige tyd as wat die Minister bepaal, die volgende vir goedkeuring voorlê--
n besigheidsplan vir die Raad, met meetbare doelwitte; en n staat van die Raad se geprojekteerde inkomste en uitgawes ten opsigte van die volgende .nansiële jaar.
In enige .nansiële jaar kan die Raad aanvullende state van die Raad se geprojekteerde inkomste en uitgawes vir daardie .nansiële jaar aan die Minister voorlê vir goedkeuring.
Die Raad mag geen .nansiële verbintenis buite sy goedgekeurde begroting en sy opgelope reserwes aangaan nie.
Oudit en jaarverslae
 Die Ouditeur-generaal moet die .nansiële state van die Raad oudit.
Die Raad moet 'n verslag oor sy aktiwiteite gedurende die vorige .nansiële jaar aan die Minister voorlê vir tertafellegging in die Provinsiale Parlement binne drie maande na die einde van daardie .nansiële jaar.
Die verslag moet--
n balansstaat en 'n staat van inkomste en uitgawes wat deur die Ouditeur­generaal geserti.seer is, insluit;
die meetbare doelwitte vermeld, soos uiteengesit in sy besigheidsplan in artikel 10 (a) bedoel gedurende die betrokke .nansiële jaar; en tersaaklike prestasie-inligting bevat rakende die ekonomiese, doeltreffende en doelmatige aanwending van hulpbronne en spesi.ek 'n vergelyking tussen beplande en werklike prestasieaanwysers soos in daardie besigheidsplan uiteengesit.
Verrigtinge van die Drankraad
 Die Voorsitter moet, behoudens die bepalings van hierdie Wet en die regulasies hierby, die prosedure bepaal wat op vergaderings gevolg moet word.
Die Voorsitter moet enige persoon wat geraak kan word deur of 'n belang het by die oorweging van 'n bepaalde aangeleentheid, op die voorgeskrewe wyse in kennis stel om op die vergadering teenwoordig te wees.
n Persoon wat in kennis gestel is, moet persoonlik verskyn op die plek en tyd in die kennisgewing bepaal of moet daar verteenwoordig word deur 'n prokureur of advokaat wat namens hom of haar verskyn.
Die Voorsitter kan enige persoon gelas om teenwoordig te wees op 'n vergadering van die Raad om getuienis te lewer of om 'n dokument of enigiets wat in sy of haar besit of bewaring of onder sy of haar beheer is, voor te lê.
Indien die Voorsitter oortuig is dat 'n persoon behoorlik in kennis gestel is om op 'n vergadering van die Raad teenwoordig te wees maar nie daar teenwoordig is nie, kan die Voorsitter gelas dat die vergadering in die afwesigheid van daardie persoon voortgaan.
Die Voorsitter kan enige persoon teenwoordig op 'n vergadering van die Raad gelas om getuienis te lewer of om 'n dokument of enigiets wat in sy of haar besit of bewaring of onder sy of haar beheer is, voor te lê en deur die Raad ondervra te word.
Die Raad kan enige dokument of artikel wat aan hom voorgelê is, inspekteer en behou vir sodanige tydperk as wat hy nodig ag.
n Persoon wat getuienis lewer op 'n vergadering van die Raad, moet dit onder eed of plegtige verklaring doen.
By die oorweging van 'n aangeleentheid kan die Raad, uit eie beweging, kennis neem van enige feit of omstandigheid wat na sy mening die besluit van die Raad kan beïnvloed. Indien enige party uitstel versoek om hom in staat te stel om beredenering met betrekking tot die aangeleentheid voor te berei, kan die Voorsitter die aangeleen­theid vir dié doel uitstel.
Alle vergaderings van die Raad is oop vir die publiek, behalwe dat die Voorsitter kan gelas dat enige persoon wie se teenwoordigheid op die vergadering nie wenslik is nie, nie teenwoordig mag wees nie of die vergadering moet verlaat.
Die beraadslagings en stemming van die Raad is nie oop vir die publiek nie.
Komitees van die Raad
 Die Voorsitter kan uit die bykomende lede in artikel 3(g) bedoel, een of meer komitees aanstel en aan die komitees sodanige funksies van die Raad opdra as wat hy of sy nodig ag.
Elke komitee moet bestaan uit minstens drie lede van die Raad, en een van hulle moet die Voorsitter of 'n Ondervoorsitter wees.
By die aanstelling van 'n komitee moet die Voorsitter behoorlik ag slaan op die kennis, kundigheid en ervaring wat vereis word deur die aangeleentheid wat oorweeg moet word.
Die komitees van die Raad word beheer deur dieselfde prosedurereëls as wat op die Raad van toepassing is.
'n Komitee kan 'n aangeleentheid na die Raad verwys vir 'n besluit.
n Besluit wat deur 'n komitee geneem is, word geag 'n besluit van die Raad te wees.
 Die Minister moet, vir sodanige termyn as wat die Minister kan bepaal, 'n afgetrede Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, 'n afgetrede senior landdros van 'n streekhof of 'n senior regspraktisyn aanstel as 'n Appèltribunaal om te beslis oor appèlle of aansoeke vir die hersiening van die besluite van die Raad ingevolge hierdie Wet.
Die Minister moet die prosedure voorskryf wat deur die Appèltribunaal gevolg moet word.
Indien 'n persoon wat behoorlik in kennis gestel is om 'n vergadering by te woon, versuim om die vergadering by te woon of die vergadering verlaat sonder toestemming van die Voorsitter, kan die vergadering voortgesit word in afwesigheid van sodanige persoon, of kan die Voorsitter sodanige stappe doen as wat hy of sy in die omstandighede billik en regverdig ag.
HOOFSTUK 3BESOLDIGING EN ADMINISTRASIE VAN DRANKRAAD ENAPPÈLTRIBUNAAL
Besoldiging van lede, Appèltribunaal en administratiewe personeel
Lede van die Raad en die App ltribunaal kan sodanige besoldiging ontvang as wat die Minister na oorleg met die Minister verantwoordelik vir .nansies bepaal.
Administrasie van Raad en Appèltribunaal
 Die Minister moet 'n Hoof Uitvoerende Beampte aanstel, wat verantwoorde­lik sal wees vir die funksionering van die administrasie van die Raad en die Appèltribunaal.
Die Hoof Uitvoerende Beampte is verantwoordingspligtig teenoor die Raad.
Die Hoof Uitvoerende Beampte moet, behoudens subartikel , personeellede van die Raad in diens neem om die administratiewe, sekretariële en ander werk verbonde aan die uitvoering van die funksies van die Raad en die Appèltribunaal te verrig.
Die Raad in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir .nansies in die Provinsie--
moet 'n menslikehulpbronbeleid vir die Raad en sy personeel bepaal; en moet die besoldiging en diensvoorwaardes van sy personeel bepaal.
Die Raad moet, na oorleg met die Hoof Uitvoerende Beampte, 'n gedragskode, van toepassing op alle personeellede van die Raad en regverdigbaar vir doeleindes van dissiplinêre verhore, bepaal om die volgende te verseker--
voldoening aan toepaslike wetgewing;
die doeltreffende, doelmatige en ekonomiese gebruik van die Raad se fondse en hulpbronne;
die bevordering en handhawing van 'nhoë etiese standaard;
die voorkoming van belangebotsings;
die beskerming van vertroulike inligting wat deur die Raad gehou word; en professionele, eerlike, onpartydige, regverdige, etiese en billike diens.
Die Raad kan gebruik maak van die dienste van persone wat uit die staatsdiens gesekondeer of oorgeplaas is in ooreenstemming met die bepalings van die Staatsdi­enswet, 1994 (Proklamasie No. 103 van 1994).
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan, na oorleg met die Minister, 'n fonds instel en administreer vir die doel van die bestryding van die negatiewe maatskaplike gevolge van die misbruik van drank en die opvoeding van persone betrokke by die verkoop en verskaffing van drank en die algemene publiek in die verantwoordelike verkoop, verskaffing en verbruik van drank.
Die Hoof Uitvoerende Beampte het die bevoegdheid om betrokke te raak by sodanige .nansiële transaksies as wat nodig is vir die bedryf van 'n openbare entiteit, insluitende maar nie beperk nie tot die bevoegdheid om vennootskappe met ander staatsorgane te sluit en om die dienste van kontrakteurs en diensverskaffers te verkry.
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan meubels en toerusting verkry vir gebruik deur die Raad en die administratiewe personeel.
Die Raad kan, met die instemming van die Minister--
huurooreenkomste aangaan;
sy roerende bates beswaar; en ooreenkomste aangaan vir die verskaffing van dienste rakende menslike­hulpbronbestuur en .nansiële bestuur.
Die Hoof Uitvoerende Beampte moet die verantwoordelike verkoop, verskaffing en verbruik van drank bevorder en die negatiewe maatskaplike gevolge van drankmis­bruik bekamp en kan sodanige stappe doen as wat hy of sy goedvind.
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan enige aangeleentheid wat ingevolge artikel 7 oorweeg moet word, na 'n vergadering van die Raad verwys.
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan 'n sekretaris van die Raad aanstel, wat verantwoordelik sal wees vir--
die opstel van sakelyste;
die opneem van verrigtinge;
die hou van notule van die Raad en die Appèltribunaal; en sodanige ander pligte as wat die Hoof Uitvoerende Beampte bepaal.
Notules van verrigtinge van die Raad en die Appèltribunaal moet gehou word en moet by die kantore van die Raad bewaar word en is beskikbaar vir enige persoon vir die doel van insae of kopiëring, behoudens die betaling van die voorgeskrewe gelde en behoudens die bepalings van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet 2 van 2000).
Die Voorsitter kan, behoudens die bepalings van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, en by aanvoering van goeie redes, gelas dat 'n rekord van die verrigtinge van die Raad in geheel of 'n gedeelte daarvan nie vir die publiek beskikbaar mag wees nie, in welke geval sodanige rekord of gedeelte daarvan nie sonder die goedkeuring vooraf van die Voorsitter en by betaling van die voorgeskrewe gelde deur enige persoon ondersoek of gekopieer mag word nie.
Inkomste wat aan die Provinsiale Inkomstefonds, die Drankraad of munisi­paliteite toeval
 Die gelde, strawwe en boetes in artikels 7 (b)(v), 35, 52 en , 53 , 54 and , en 69 (b) bedoel, moet in die Provinsiale Inkomstefonds gestort word.
Die gelde in artikels 1614 en 15, 271 en 2, 49, 504 en 7 bedoel moet aan die Drankraad of munisipaliteit, na gelang van die geval, betaal word.
Geen bedrag in hierdie artikel beoog, is terugbetaalbaar nie.
HOOFSTUK 4
ROL VAN MUNISIPALITEITE
Munisipaliteite as agente van die Raad en as bevoegde lisensieowerhede
 Die Minister kan, na oorleg met die Minister verantwoordelik vir plaaslike regering in die Provinsie, munisipaliteite in die Provinsie aanstel om as agente van die Raad op te tree vir die volgende doeleindes--
om die indiening van aansoeke wat ingevolge die bepalings van hierdie Wet gedoen word ten opsigte van persele geleë binne die munisipale gebied, te aanvaar;
om belanghebbende partye van die aansoeke in kennis te stel, soos voorgeskryf;
om sodanige aansoeke te hanteer soos in die regulasies hierby voorgeskryf;
om besware of verslae ingedien ten opsigte van aansoeke, vertoë ter stawing van aansoeke en enige ander dokumente wat by hom ingedien word, te ontvang;
om aansoeke tesame met alle dokumente wat in verband daarmee ontvang is, op die voorgeskrewe wyse aan die Raad te stuur; en om klagtes wat van die publiek ontvang is ten opsigte van die gedrag van gelisensieerde persele wat oorweging verdien, te ontvang en aan die Raad te stuur, met of sonder kommentaar.
Die Minister kan, na oorleg met die Minister verantwoordelik vir plaaslike regering in die Provinsie, munisipaliteite in die Provinsie aanstel om as bevoegde lisensieowerhede op te tree vir die volgende doeleindes--
om permitte vir die verkoop van drank op spesiale byeenkomste wat binne die munisipale gebied gaan plaasvind, te oorweeg en toe te staan of te weier;
om permitte vir die kleinhandelverkoop van tradisionele Afrikabier binne die munisipale gebied te oorweeg en toe te staan of te weier;
om by verordening die dae waarop en die ure waartydens drank in die munisipale gebied verkoop mag word ten opsigte van elke soort lisensie te bepaal;
om 'n drankforum in te stel; en om sodanige openbare gebiede van die munisipaliteit by kennisgewing te proklameer waar geen persoon drank mag besit nie of waarin drank nie ingebring mag word nie behalwe vir lewering aan gelisensieerde persele.
Die Minister kan om goeie redes te eniger tyd na oorleg met die Minister verantwoordelik vir plaaslike regering in die Provinsie 'n bevoegdheid wat ingevolge subartikels en aan 'n munisipaliteit verleen is, in geheel of gedeeltelik intrek.
Drankforums
 Waar 'n drankforum ingevolge artikel 18 (d) deur 'n munisipaliteit ingestel is, moet sodanige forum uit die volgende bestaan--
n geskikte beampte van die munisipaliteit om as voorsitter op te tree;
die aangewese drankbeampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens;
n verteenwoordiger van die plaaslike gemeenskapspolisieforum, indien so 'n forum ingestel is en funksioneer;
n verteenwoordiger van 'n organisasie(s) wat by 'n nasionale drankhande­laarsvereniging geaffilieer is of 'n streekvereniging wat by 'n nasionale vereniging geaffilieer is, insluitende maar nie beperk nie tot die plaaslike kamers van koophandel wat plaaslike gelisensieerde drankhandelaars ver­teenwoordig; en verteenwoordigers van die plaaslike belastingbetalers-en inwonersverenig­ings binne die betrokke munisipale gebied en enige ander plaaslike gemeen­skapsgebaseerde belangegroep wat deur die munisipaliteit bepaal word.
Waar 'n drankforum ingestel is, kan sodanige forum op versoek van die munisipaliteit as bemiddelaar optree tussen die aansoeker en beswaarmakers teen die aansoek.
Die drankforum kan, binne 'n voorgeskrewe tydperk na die laaste dag vir die indiening van besware of binne sodanige verlengde tydperk as wat die Voorsitter op aansoek toelaat, 'n verslag indien waarin die resultate uiteengesit word wat deur
sodanige bemiddeling behaal is en sy of haar aanbevelings vir die toestaan of weiering van die aansoek.
Waar daar as gevolg van die bemiddeling van die drankforum 'n ooreenkoms bereik is tussen die aansoeker en een of meer beswaarmakers, moet die drankforum die oorspronklike van sodanige ooreenkoms by die Raad indien binne die tydperk in subartikel bedoel.
Die Raad moet by die oorweging van 'n aansoek ag slaan op sodanige verslag, aanbeveling of ooreenkoms, maar is nie gebind om uitvoering daaraan te gee nie.
Lisensies en permitte
 'n Persoon mag nie drank mikrovervaardig of verkoop nie tensy hy of sy gemagtig is om dit te doen ingevolge 'n lisensie of permit wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is.
n Persoon wat gemagtig is om drank te mikrovervaardig of te verkoop, moet dit in ooreenstemming met die voorwaardes van sodanige lisensie of permit doen.
n Persoon wat, sonder vrystelling ingevolge artikel 71 , drank mikrovervaar­dig of verkoop in stryd met subartikels en , begaan 'n misdryf.
Die Raad kan die volgende lisensies verleen--
n Lisensie vir die mikrovervaardiging en verkoop van drank vir verbruik sowel op as buite die perseel waar die drank verkoop word;
n lisensie vir die verkoop en verbruik van drank op die perseel waar die drank verkoop word;
n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik elders as op die perseel waar die drank verkoop word;
n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik sowel op as buite die perseel waar die drank verkoop word; en n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik op die perseel waar die drank verkoop word op spesiale byeenkomste.
Soorte permitte
'n Munisipaliteit wat ingevolge artikel 18 aangestel is, kan die volgende permitte verleen--
n Permit vir die verkoop van tradisionele Afrikabier vir verbruik sowel op as buite die perseel waar die drank verkoop word; en n permit vir die verkoop van drank vir verbruik op die perseel waar die drank verkoop word op 'n spesiale byeenkoms.
Kriteria vir die verlening van lisensies
 Die Raad mag nie 'n lisensie verleen nie en 'n munisipaliteit mag nie 'n permit vir die verkoop van tradisionele Afrikabier verleen nie tensy hy volgens oorwig van waarskynlikheid oortuig is dat--
die verlening daarvan in die openbare belang sal wees;
die aansoeker van goeie karakter is en nie ingevolge artikel 24 gediskwali­.seer is om 'n lisensie of permit te hou nie;
die perseel waarop die verkoop of verbruik van drank sal plaasvind, geskik is of by voltooiing geskik sal wees vir gebruik deur die aansoeker vir die doel van die lisensie;
die verlening van die aansoek nie die inwoners van 'n woongebied, die leerders van 'n skool of die gemeentelede van 'n godsdiensinstelling geleë in die nabyheid van die voorgestelde perseel sal benadeel nie.
Die munisipaliteit mag nie 'n lisensie vir spesiale byeenkomste verleen nie tensy hy volgens oorwig van waarskynlikheid oortuig is dat--
die verlening daarvan in die openbare belang sal wees;
die perseel waarop die verkoop of verbruik van drank sal plaasvind, geskik is of by voltooiing geskik sal wees vir gebruik deur die aansoeker vir die doel van die lisensie; en die toestaan van die aansoek nie die inwoners van 'n woongebied, die leerders van 'n skool of die gemeentelede van 'n godsdiensinstelling geleë in die nabyheid van die voorgestelde perseel sal benadeel nie.
 'n Dranklisensie of permit vir die verkoop van tradisionele Afrikabier mag nie verleen of oorgedra word nie aan 'n aansoeker wat gediskwali.seer is om 'n lisensie of permit te hou, en 'n lisensie of permit wat gehou word deur 'n persoon wat gediskwali.seer geword het, mag nie hernu word nie.
Die volgende persone is gediskwali.seer om dranklisensies te hou--
n persoon wat binne sestig maande voor die indiening van die aansoek gevonnis is tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete;
n persoon wat binne sestig maande voor die indiening van die aansoek ongeskik verklaar is vir die hou van 'n registrasie deur die Nasionale Drankowerheid of 'n lisensie deur enige provinsiale drankraad;
n persoon wat 'n ongerehabiliteerde insolvent is;
n persoon wat 'n minderjarige is op die datum waarop die aansoek oorweeg word;
n persoon wat die houer was van 'n lisensie wat binne 'n tydperk van twaalf maande voor die indiening van die aansoek ingetrek is ingevolge die bepalings van hierdie Wet of 'n wet wat dranklisensies reguleer in enige ander provinsie; en n persoon wat die gade is van 'n persoon in (a), (b) en (e) beskryf.
Indien 'n persoon ingevolge subartikel (a) tot (e) gediskwali.seer is, is enige maatskappy of beslote korporasie waarin hy of sy aandele of 'n ledebelang het, enige trust waarvan hy of sy 'n trustee of bevoordeelde is en enige vennootskap waarvan hy of sy 'n vennoot is, insgelyks gediskwali.seer.
Die Raad kan by aanvoering van gegronde redes bepaal dat 'n persoon wat ingevolge subartikel (a) en (b) gediskwali.seer is, geag word gekwali.seer te wees vir die doel van 'n bepaalde aansoek of lisensie.
 'n Persoon kan aansoek doen vir 'n lisensie in artikel 21 bedoel of vir 'n permit ingevolge artikel 22.
n Aansoek vir 'n lisensie moet in die voorgeskrewe vorm gedoen word en 'n aansoek vir 'n permit moet gedoen word in ooreenstemming met die verordeninge van die munisipaliteit of, by gebrek aan sodanige verordeninge, die bepalings van hierdie Wet en die regulasies hierby.
n Aansoek ingevolge subartikel moet ingedien word by die munisipaliteit waarin die perseel waar drank verkoop gaan word, geleë is.
Indien die munisipaliteit waarin sodanige perseel geleë is, nie ingevolge artikel 18 as 'n agent van die Raad aangestel is nie, moet die aansoek ingevolge subartikel by die kantore van die Raad ingedien word.
Indien die munisipaliteit waarin sodanige perseel geleë gaan wees, nie ingevolge artikel 18 as 'n bevoegde owerheid aangestel is nie, moet 'n aansoek vir 'n permit ingevolge subartikel en vertoë ingevolge artikel 28 by die kantore van die Raad ingedien word.
Bewys van betaling van die voorgeskrewe aansoekgelde moet 'n aansoek ingevolge subartikel ten tyde van die indiening daarvan vergesel.
Kennis van aansoek
 'n Aansoeker vir 'n lisensie moet, in die voorgeskrewe vorm en op die datum van indiening, kennisgewings in die drie amptelike tale van die Provinsie publiseer in die Provinsiale Koerant en ten minste een koerant wat sirkuleer in die munisipale gebied waar die gelisensieerde perseel geleë sal wees.
Die aansoeker moet 'n kennisgewing, in die voorgeskrewe vorm en grootte en in die drie 3 amptelike tale van die Provinsie, op 'n opvallende plek op die voorgestelde
B/W 8--2005 perseel vertoon sodat dit sigbaar is vir verbygangers: Met dien verstande dat die Raad die nievoldoening aan hierdie bepaling kan kondoneer by aanvoering van gegronde redes.
n Kennisgewing ingevolge subartikel moet vir die voorgeskrewe tydperk vanaf die datum van indiening van die aansoek vertoon word.
Indien die perseel in 'n woongebied geleë is, moet die aansoeker binne die voorgeskrewe tyd na die datum van indiening van die aansoek 'n kennisgewing van die aansoek in die voorgeskrewe vorm beteken aan 'n lid van die huishouding bo die ouderdom van sestien jaar van elk van die huishoudings wat wonings op aangrensende eiendomme beset.
Die aansoeker moet binne die voorgeskrewe tydperk aan die munisipaliteit of die Raad bewys verskaf dat die bepalings van subartikels , en nagekom is.
Die munisipaliteit of die Raad, na gelang van die geval, moet binne die voorgeskrewe tyd vanaf die datum van indiening van 'n aansoek, kennis van die aansoek in die voorgeskrewe vorm aan elk van die volgende beteken--
die aangewese drankbeampte in wie se regsgebied die gelisensieerde perseel geleë sal wees;
die gemeenskapspolisiëringsforum, as daar een is, van die gebied waarin die perseel geleë sal wees;
die drankforum, as daar een is, ingestel deur die munisipaliteit in die gebied waarin die gelisensieerde perseel geleë sal wees;
enige ander persoon of instelling wat na sy oordeel geraak kan word deur of 'n belang het by die toestaan of weiering van die aansoek.
Aansoeke ter insae
 'n Aansoek en enige dokument wat in verband daarmee ingedien is, moet by die munisipale kantore ter insae lê vanaf die datum waarop sodanige aansoek of dokument ingedien is totdat dit na die Raad deurgestuur word, en enige persoon moet toegelaat word om insae daarin te hê en dit te kopieer teen betaling van die voorgeskrewe gelde.
Waar 'n aansoek by die Raad ingedien is, moet die aansoek en enige dokumente wat in verband daarmee ingedien is, insgelyks beskikbaar wees vir insae en kopiëring teen betaling van die voorgeskrewe gelde by die kantore van die Raad vanaf die datum van indiening tot die datum waarop die aansoek deur die Raad oorweeg word.
 'n Persoon wat 'n belang het by die toestaan of weiering van 'n aansoek, kan binne die voorgeskrewe tydperk vertoë rig vir of teen sodanige toestaan of weiering van daardie aansoek.
n Afskrif van die vertoë moet by die munisipaliteit ingedien word en moet deur die persoon wat 'n belang by die toestaan of weiering van die aansoek het, beteken word aan die aansoeker of sy of haar verteenwoordiger en die aangewese drank­beampte.
Bewys van sodanige betekening moet saam met die vertoë ingedien word.
n Persoon wat vertoë rig, moet die volgende uiteensit--
sy of haar volle naam en adres;
sy of haar identiteitsnommer of, in die geval van 'n maatskappy of beslote korporasie, sy registrasienommer;
indien van toepassing, die naam en adres van sy of haar verteenwoordiger;
die aard van sy of haar belang by die toestaan of weiering van die aansoek; en omvattende redes vir die beswaar of ondersteuning.
Die aansoeker kan binne die voorgeskrewe tyd 'n reaksie op vertoë teen die aansoek by die munisipaliteit indien.
Aanstuur van dokumente
Die munisipaliteit moet binne die voorgeskrewe tydperk die volgende aan die Raad stuur--
die oorspronklike aansoek en alle dokumente wat daarmee saam ingedien is;
bewys van nakoming van artikel 26 en rakende kennisgewing en publikasie van die aansoek;
die verslag van die aangewese drankbeampte;
die oorspronklike vertoë wat in verband met die aansoek gerig is, as daar is;
verslae en ooreenkomste wat by die drankforum ingedien is, as daar is;
bewys van betaling van die voorgeskrewe aansoekgelde; en enige ander dokument of artikel wat daarmee saam in verband met die aansoek ingedien is.
Oorweging van aansoeke
 Die Raad of enige komitee of personeellid moet binne 'n redelike tyd na die datum van ontvangs van die aansoek, die aansoek ondersoek ten einde vas te stel of dit tegnies korrek is en voldoen aan die bepalings van hierdie Wet en die regulasies hierby.
Indien die Raad, komitee of personeellid in subartikel bedoel, bepaal dat die aansoek onvolledig of gebrekkig is, moet hy of sy binne 'n redelike tyd na ontvangs van die aansoek 'n kennisgewing van onvolledige of gebrekkige indiening uitreik soos voorgeskryf en die aansoeker versoek om die gebrek in die aansoek binne veertien dae vanaf datum van versoek aan te vul of reg te stel.
Indien 'n aansoeker versuim om binne die vasgestelde tyd na behore aan voormelde kennisgewing te voldoen, kan die Raad--
weier om die aansoek te oorweeg;
die oorweging van die aansoek uitstel hangende voldoening aan die kennis­gewing; of die aansoek weier.
Die Raad kan by die oorweging van 'n aansoek kennis neem van die volgende--
die aansoek en verslae wat in reaksie daarop ingedien is;
vertoë vir of teen die aansoek, reaksies op vertoë teen aansoeke en enige ander dokument of artikel wat in verband met die aansoek ingedien is; en behoudens artikel 12 , enige aangeleentheid wat na die Raad se mening in aanmerking geneem moet word.
Indien 'n aansoek, 'n gepaardgaande dokument, vertoë of 'n verslag in enige opsig gebrekkig is of indien enige persoon versuim om enige dokument in te dien of om by 'n redelike tydperk of tydsbeperking te hou, kan die Raad die gebrek of versuim kondoneer indien daar wesenlike voldoening aan hierdie Wet of die regulasies was en indien dit onwaarskynlik is dat sodanige kondonering enige persoon sal benadeel.
Geskiktheid van perseel
'n Lisensie of permit mag nie uitgereik word nie tensy die Raad of munisipaliteit oortuig is dat die aansoeker die reg het om die betrokke perseel te gebruik vir die doel wat deur die lisensie of permit gemagtig staan te word.
Onvolledige perseel
Die Raad kan by die toestaan van 'n aansoek vir 'n lisensie ten opsigte van 'n onvolledige perseel gelas dat die lisensie nie uitgereik mag word nie totdat die aansoeker binne 'n bepaalde tydperk voldoen aan sodanige voorwaardes rakende die voltooiing van die perseel as wat die Raad goedvind om te stel.
Onderwys en opleiding
Die Raad kan by die verlening van 'n lisensie gelas dat die lisensie nie uitgereik mag word nie totdat die aansoeker of 'n werknemer of werknemers van die aansoeker sodanige opleiding en onderwys ondergaan het as wat die Raad voorskryf.
Voorwaardelike goedkeuring
 Die Raad kan by die verlening van 'n lisensie ten opsigte van artikels 31, 32 en 33 skriftelik gelas dat die lisensie nie uitgereik mag word nie totdat die aansoeker voldoen aan sodanige voorwaardes as wat die Raad goedvind om te stel.
Die Raad kan te eniger tyd op aansoek van die aansoeker--
a die voorwaardes wysig of intrek;
die bepaalde tydperk verleng; of n wysiging van die plan van die perseel goedkeur.
Indien die aansoeker versuim om aan voormelde voorwaardes te voldoen binne sodanige tydperk na die datum van die verlening van die lisensie as wat die Raad bepaal, verval die verlening van die lisensie en word die lisensie geag nie verleen te gewees het nie.
Wanneer die aansoeker voldoen aan die voorwaardes deur die Raad gestel en by betaling van die voorgeskrewe gelde, moet die Raad die lisensie uitreik soos voorgeskryf.
Uitreiking van lisensies en permitte
Die Raad of munisipaliteit, na gelang van die geval, moet na verlening van 'n aansoek, behoudens artikels 31, 32, 33 en 34 'n lisensie of permitdokument in die voorgeskrewe vorm uitreik, waarin die voorwaardes van die lisensie uiteengesit word, behoudens betaling van die voorgeskrewe gelde.
Dood of onbevoegdheid van aansoeker
Indien 'n aansoeker vir 'n lisensie of permit--
sterf;
se boedel gesekwestreer word;
deur 'n bevoegde hof onbevoeg verklaar word om sy of haar eie sake te hanteer; of d synde 'n maatskappy of beslote korporasie, gelikwideer word, voor die datum waarop die aansoek oorweeg word, het die aangestelde eksekuteur, trustee, kurator of likwidateur al die bevoegdhede en regte, en kan hy of sy dit uitoefen, wat die aansoeker sou gehad het as dit nie vir sodanige dood, sekwestrasie, verklaring of likwidasie was nie.
HOOFSTUK 6
VOORWAARDES VIR LISENSIES
Standaardlisensievoorwaardes
 Dit moet 'n voorwaarde van elke lisensie vir die verbruik van drank op die perseel waar die drank verkoop word, wees dat drank slegs op die gelisensieerde perseel verbruik mag word en dat geen drank wat verkoop is, van die gelisensieerde perseel verwyder mag word nie.
Dit moet 'n voorwaarde van elke lisensie vir die verbruik van drank buite die gelisensieerde perseel wees dat geen houer wat drank bevat, oopgemaak mag word en geen drank op die gelisensieerde perseel verbruik mag word nie, behalwe vir proedoeleindes soos deur die Raad goedgekeur.
Indien 'n perseel gelisensieer is vir die verbruik van drank sowel op as buite die gelisensieerde perseel, is subartikels en nie op daardie perseel van toepassing nie.
Die lisensiehouer van 'n perseel waarop die besigheid van 'n kleinhandelvoed­selwinkel bedryf word, mag geen ander drank as tafelwyn verkoop nie.
Versuim om te voldoen aan die voorwaardes in subartikels , en uiteengesit, is 'n misdryf.
 Dit moet 'n voorwaarde van elke lisensie vir die verbruik van drank buite die gelisensieerde perseel wees dat--
drank van geen voertuig af afgelewer mag word nie tensy die drank van die gelisensieerde perseel bestel is voor die versending van die drank en 'n faktuur uitgereik is, waarvan die oorspronklike op die gelisensieerde perseel gehou is;
drank slegs by die adres getoon op die faktuur in paragraaf (a) beskryf, afgelewer mag word; en n afskrif van die faktuur in paragraaf (a) beskryf, in die a.eweringsvoertuig gehou moet word van die tyd van versending tot die tyd van a.ewering van die drank.
Die aanvaarding van a.ewering van drank gekoop van 'n verskaffer wat nie vergesel gaan nie van 'n faktuur wat die naam, adres en lisensienommer van die verskaffer asook die aard, hoeveelheid en koopprys van die drank wat verskaf word vermeld nie, is 'n misdryf.
 'n Lisensiehouer mag nie sonder die toestemming vooraf van die Raad 'n .nansiële belang in die gelisensieerde besigheid aan enige ander persoon oordra nie.
Die Raad mag nie toestemming ingevolge subartikel verleen nie indien die persoon aan wie daar beoog word om die .nansiële belang oor te dra, ingevolge artikel 24 gediskwali.seer is om 'n lisensie te hou of nie van goeie karakter is nie.
n Lisensie moet uitgereik word op naam van die persoon wat die gelisensieerde besigheid bedryf, bestuur en voordeel uit die bedryf daarvan trek en mag nie op naam van 'n benoemde of agent uitgereik word nie.
n Lisensiehouer mag nie die lisensie aan enige ander persoon verhuur of enige ander persoon toelaat om ingevolge die lisensie sake te doen nie.
Versuim om aan subartikels 1 en 4 te voldoen, is 'n misdryf.
Bestuur
 Die Raad moet, tensy die aansoeker 'n natuurlike persoon is, by die verlening van 'n lisensie, 'n natuurlike persoon wie deur die aansoeker benoem is en wat 'n inwoner van die Provinsie is, aanstel as bestuurder van die gelisensieerde besigheid.
Die lisensiehouer kan te enige tyd op die voorgeskrewe wyse 'n natuurlike persoon woonagtig in die Provinsie benoem om die bestuurder van die gelisensieerde besigheid te wees, in welke geval die Raad sodanige persoon as bestuurder kan aanstel.
Die Raad kan die aangewese drankbeampte versoek om 'n verslag oor die geskiktheid van die benoemde persoon op te stel.
Die Raad mag nie 'n persoon wat ingevolge artikel 24 gediskwali.seer is om 'n dranklisensie te hou of nie van goeie karakter is nie, as bestuurder aanstel nie.
Die Raad kan as 'n voorwaarde vir sodanige aanstelling gelas dat die voorgestelde bestuurder sodanige opleiding en opvoeding ondergaan as wat die Raad bepaal.
n Bestuurder wat ingevolge hierdie artikel aangestel is, is verantwoordelik vir die bestuur van die besigheid en is onderhewig aan dieselfde pligte, verpligtinge en aanspreeklikhede as die lisensiehouer.
Die aanstelling van 'n bestuurder ingevolge hierdie artikel onthef die lisensie­houer nie van enige pligte, verpligtinge of aanspreeklikhede wat by hierdie Wet of die voorwaardes van die lisensie aan hom opgelê is nie.
Die aanstelling van 'n bestuurder ingevolge hierdie artikel bly geldig tot die aanstelling van 'n nuwe bestuurder.
Indien 'n persoon wat ingevolge hierdie artikel as 'n bestuurder aangestel is, ophou om die gelisensieerde besigheid te bestuur of gediskwali.seer word om dit te doen, moet die lisensiehouer binne dertig dae na sodanige gebeurtenis, ingevolge subartikel aansoek doen vir die aanstelling van 'n bestuurder in sy of haar plek.
Indien 'n lisensiehouer versuim om aan subartikel te voldoen, kan sy lisensie ingevolge artikel 59 opgeskort word.
Veranderings aan gelisensieerde perseel of aard van besigheid
 Uitgesonderd met die toestemming vooraf van die Raad, wat op aansoek op die voorgeskrewe wyse verleen is, mag 'n lisensiehouer nie--
die aard van die besigheid ten opsigte waarvan 'n lisensie verleen is, wesenlik verander van dit wat beskryf is in die aansoek wat deur die Raad oorweeg is toe die lisensie verleen is nie; of enige strukturele verandering, aanbouing, verbouing of uitbreiding van of aan die gelisensieerde perseel uitvoer nie.
Versuim om aan subartikel 1 te voldoen, is 'n misdryf.
Kinders
 Geen persoon mag drank aan 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar verkoop nie.
Geen persoon mag drank aan 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar gee of verskaf nie of so 'n persoon in sy of haar sorg of onder sy of haar toesig toelaat om drank te verbruik nie, behalwe waar dit bona .de in geringe maat gegee of verskaf word in die uitvoering van 'n godsdienstige seremonie of diens.
n Lisensiehouer mag nie 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar toelaat om drank te verbruik op 'n perseel waarvan hy of sy die lisensiehouer is of wat onder sy of haar beheer is nie.
n Lisensiehouer mag nie 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar toelaat om in 'n deel van 'n gelisensieerde perseel te wees waarop so 'n persoon ingevolge hierdie Wet of ingevolge 'n lisensievoorwaarde nie mag wees nie.
n Persoon onder die ouderdom van agttien jaar mag nie drank strydig met hierdie Wet verkry of verbruik nie of enige persoon mislei met betrekking tot sy of haar ouderdom ten einde drank te verkry of te verbruik of om toegang te verkry tot 'n deel van 'n gelisensieerde perseel wat sodanige persoon nie mag binnegaan nie.
Versuim om aan subartikels 1, 2, 3, 4 en 5 te voldoen, is 'n misdryf.
Werkgewers en werknemers
 'n Persoon mag nie 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar in verband met die verkoop of verskaffing van drank in diens neem nie tensy sodanige persoon--
van of oor die ouderdom van sestien jaar is;
opleiding in spysenieringsdienste ondergaan; en n vakleerling by die lisensiehouer is.
'n Werkgewer mag nie--
drank aan 'n persoon verskaf as lokmiddel om sy diens te verkry nie;
drank pleks van lone aan 'n werknemer verskaf nie;
die koste van drank wat namens hom of haar aan 'n werknemer of enige ander persoon verskaf is, van die werknemer se loon aftrek nie; of die betaling van die loon van 'n werknemer hangende die terugbetaling van 'n skuld ten opsigte van die verkoop van drank terughou nie.
'n Lisensiehouer of 'n persoon namens hom of haar mag nie enige dokument of roerende eiendom as sekuriteit of in pand vir die betaling van 'n skuld in verband met die verkoop van drank ontvang of hou nie.
Versuim om aan subartikels 1, 2 en 3 te voldoen, is 'n misdryf.
Toegang tot gelisensieerde perseel
 'n Lisensiehouer mag nie 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar toelaat om--
in 'n kamer of enige plek op 'n gelisensieerde perseel te wees waar drank oor 'n toonbank verkoop word nie, uitgesonderd wanneer maaltye bedien word aan eters wat by tafels in sodanige kamer of plek sit;
in 'n kamer of plek wees wat die Raad afgebaken het as 'n gebied waarin persone onder die ouderdom van agttien jaar nie mag wees nie; of op 'n perseel wees wat nie 'n kleinhandelvoedselwinkel is nie wat slegs vir die verkoop van drank vir verbruik buite die gelisensieerde perseel gelisen­sieer is, tensy sodanige persoon vergesel word óf deur 'n ouer of 'n voog óf deur 'n volwassene met die toestemming van 'n ouer of 'n voog.
Versuim om aan subartikel 1 te voldoen, is 'n misdryf.
Berging van drank
 'n Lisensiehouer moet sy of haar drank op die gelisensieerde perseel of op sodanige ander of bykomende plek in die Provinsie berg as wat die Raad op aansoek goedkeur.
'n Lisensiehouer mag nie drank in of uit sodanige ander of bykomende bergingsplek verkoop nie.
Versuim om aan subartikels 1 en 2 te voldoen, is 'n misdryf.
Plek van verkoop
 'n Lisensiehouer mag nie drank uit enige ander plek as die gelisensieerde perseel verkoop nie.
Ondanks die bepalings van hierdie artikel mag 'n lisensiehouer die verkoop van drank adverteer en bestellings vir die koop van drank werf en ontvang elders as op die gelisensieerde perseel.
Versuim om aan subartikel 1 te voldoen, is 'n misdryf.
Handelsure
 Behoudens sodanige voorwaardes as wat die Raad by die verlening van 'n lisensie of na 'n vergadering ingevolge artikel 7 stel, mag 'n lisensiehouer drank verkoop op sodanige dae en tydens sodanige handelsure as wat die Raad vir gelisensieerde besighede bepaal: Met dien verstande dat die handelsure wat die Raad instel, nie meer mag wees nie as die ure wat die munisipaliteit by verordening bepaal.
n Munisipaliteit kan by verordening verskillende handelsure bepaal vir gelisensieerde besighede wat drank verkoop vir verbruik op die gelisensieerde perseel en vir dié wat drank verkoop vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel, maar mag nie verskillende handelsdae en -ure vir individuele gelisensieerde besighede voorskryf nie: Met dien verstande dat die handelsure wat die munisipaliteit bepaal, nie meer mag wees nie as die handelsure in subartikel (a) en (b) uiteengesit.
a Behoudens voorwaardes wat die Raad ingevolge subartikel 1 stel, indien die munisipaliteit nie die handelsdae en -ure bepaal het soos in subartikel 2 bepaal nie, kan 'n lisensiehouer van 'n perseel waar drank verkoop kan word vir verbruik buite die gelisensieerde perseel, drank op enige dag tussen 08:00 en 20:00 verkoop.
Behoudens voorwaardes wat die Raad ingevolge subartikel stel, indien die munisipaliteit nie die handelsdae en -ure bepaal het soos in subartikel bepaal nie, kan 'n lisensiehouer van 'n perseel waar drank verkoop kan word vir verbruik op die gelisensieerde perseel, drank op enige dag verkoop tussen 08:00 op enige dag en 04:00 die volgende dag.
In 'n geval waar die lisensiehouer 'n lisensie het vir die verbruik van drank sowel op as buite die gelisensieerde perseel, is die bepalings van paragrawe (a) en (b) van toepassing met die nodige veranderings.
Die houer van 'n permit kan drank verkoop op die dae en tydens die ure in die permit vermeld.
Behoudens artikel 76 begaan 'n lisensiehouer wat drank op die gelisensieerde perseel verkoop of verskaf of die verbruik daarvan toelaat op 'n tyd wanneer die verkoop van drank nie deur die lisensie toegelaat word nie, 'n misdryf.
Hoeveelheid drank verkoop en hou van rekords
 'n Lisensiehouer moet op die voorgeskrewe wyse 'n rekord hou van alle drank wat verkoop is vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel.
Geen persoon, uitgesonderd die lisensiehouer, mag meer drank as 'n hoeveelheid wat die Minister voorskryf, koop en 'n lisensiehouer mag nie aan een persoon op een dag meer drank as sodanige hoeveelheid verkoop vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel nie, sonder die skriftelike toestemming vooraf van die aangewese drankbeampte wat vir die gebied waar die gelisensieerde perseel geleë is, aangestel is.
n Persoon wat nie 'n lisensie of permit het om drank te verkoop nie, mag op geen tydstip meer drank as die hoeveelheid ingevolge subartikel voorgeskryf, koop of in sy of haar besit of onder sy of haar beheer hê nie, uitgesonderd met die toestemming waarvoor daardie subartikel voorsiening maak.
Versuim om aan subartikels 1, 2 en 3 te voldoen, is 'n misdryf.
HOOFSTUK 7
PERMITTE
Permitte vir spesiale byeenkomste
 Die houer van 'n lisensie vir die verkoop van drank by spesiale byeenkomste vir verbruik op die perseel by die spesiale byeenkoms of elders mag nie drank by so 'n byeenkoms verkoop nie tensy 'n permit om dit te doen, aan hom of haar uitgereik is deur die munisipaliteit waar die perseel waar drank verkoop gaan word, geleë is of, waar 'n munisipaliteit nie ingevolge artikel 18 aangestel is nie, deur die Raad en by betaling van die voorgeskrewe gelde.
Die houer van 'n lisensie om drank te verkoop vir verbruik op spesiale byeenkomste, moet op die voorgeskrewe wyse by die munisipaliteit aansoek doen vir 'n permit om drank op 'n spesi.eke spesiale byeenkoms te verkoop.
So 'n aansoek moet minstens veertien dae voor die datum van die spesiale byeenkoms gedoen word.
Die munisipaliteit kan na oorweging van die aansoek en enige ander dokument of aangeleentheid wat hy as tersaaklik beskou, die aansoek weier of toestaan behoudens sodanige voorwaardes as wat die munisipaliteit goedvind.
Die permitte in subartikel bedoel, moet in die permitdokument uiteengesit word.
n Aansoeker wie se aansoek vir 'n permit ingevolge subartikel geweier is of wat ontevrede is met 'n voorwaarde wat die munisipaliteit gestel het, kan op die voorgeskrewe wyse by die Raad appèl aanteken teen sodanige weiering of die stel van 'n voorwaarde.
Versuim deur 'n lisensiehouer, synde die houer van 'n lisensie vir spesiale gebeurtenisse, om 'n permit vir spesiale byeenkomste te verkry wat deur die munisipaliteit uitgereik word vir 'n spesiale byeenkoms waar hy of sy drank verkoop, is 'n misdryf.
 Net die volgende persone mag tradisionele Afrikabier verkoop--
die houer van 'n lisensie vir mikrovervaardiging;
die houer van 'n dranklisensie; of die houer van 'n permit vir tradisionele Afrikabier.
n Persoon wat nie gediskwali.seer is om 'n dranklisensie te hou nie, kan op die voorgeskrewe wyse vir 'n permit vir tradisionele Afrikabier aansoek doen by die munisipaliteit waarin die perseel waar die tradisionele Afrikabier verkoop gaan word, geleë is.
n Munisipaliteit by wie aansoek gedoen word, kan die aansoek toestaan behoudens sodanige voorwaardes as wat die munisipaliteit nodig ag om te stel, of kan dit weier.
Indien die aansoek toegestaan word, moet die munisipaliteit, by betaling van sodanige gelde as wat hy voorskryf, 'n permit in die voorgeskrewe vorm aan die aansoeker uitreik.
n Persoon wat gegrief voel deur 'n besluit van die munisipaliteit ingevolge hierdie artikel, kan op die voorgeskrewe wyse by die Raad appèl daarteen aanteken.
Die houer van 'n permit kan by die munisipaliteit aansoek doen vir die hernuwing daarvan binne dertig dae voor die jaardag van die datum waarop die permit uitgereik is.
Die munisipaliteit moet by betaling van sodanige hernuwingsgelde as wat hy hef, die permit vir nog 'n jaar hernu, tensy die houer gediskwali.seer geraak het om die permit te hou of die Raad die houer ongeskik verklaar het om die permit te hou.
n Persoon wat gegrief voel deur die wyse waarop tradisionele Afrikabier verkoop word, kan 'n klag by die Raad indien, wat dit moet oorweeg op dieselfde wyse as 'n klag ten opsigte van 'n lisensie, en die Raad het dieselfde bevoegdhede ten opsigte van sodanige permit as ten opsigte van 'n lisensie.
HOOFSTUK 8
GELDIGHEID EN HERNUWING VAN LISENSIES EN PERMITTE
Geldigheid van lisensies en permitte
 'n Lisensie is geldig vanaf die datum waarop dit uitgereik is.
n Lisensie verval op 'n datum wat twaalf maande na die datum van uitreiking of twaalf maande na die datum van die laaste hernuwing daarvan is, wat ook al die laaste is, tensy die lisensie outomaties hernu word ingevolge artikel 52 of deur die Raad ingevolge artikel 53.
n Permit wat ingevolge artikel 22(b) uitgereik is ten opsigte van 'n spesiale byeenkoms, is geldig net vir die datum of datums ten opsigte waarvan sodanige permit uitgereik is en mag nie hernu word nie.
n Permit wat ingevolge artikel 22(a) uitgereik is ten opsigte van die verkoop van tradisionele Afrikabier, is geldig vanaf die datum van uitreiking en verval twaalf maande na die datum van uitreiking, tensy dit ingevolge artikel 50 deur die munisipaliteit hernu word.
Die Voorsitter kan by ontvangs van 'n verslag dat die gelisensieerde perseel deur die lisensiehouer verlaat is, die lisensie met onmiddellike effek opskort.
Die opskorting van die lisensie ingevolge subartikel verval by ontvangs deur die Voorsitter van bewys dat die gelisensieerde perseel nie deur die lisensiehouer verlaat is nie of weer in gebruik is deur dieselfde lisensiehouer.
Outomatiese hernuwing van lisensies
 Uitgesonderd soos in artikel 53 bepaal, moet die Raad nie later nie as agt maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing van 'n lisensie 'n lisensiehernuwingskennisgewing in die voorgeskrewe vorm aan elke houer van 'n lisensie uitreik, waarin die lisensiehouer versoek word om voorgeskrewe lisensiegelde te betaal teen die hernuwingsdatum, wat twaalf maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing van die lisensie moet wees, wat ook al later is.
By betaling deur die lisensiehouer van die voorgeskrewe lisensiegelde voor of op die hernuwingsdatum word die lisensie outomaties hernu vir 'n tydperk van twaalf maande vanaf die hernuwingsdatum.
Die lisensiehouer mag nie van sy of haar verpligting om die voorgeskrewe lisensiegelde betyds te betaal, kwytgeskeld word nie as die kennisgewing nie aan hom of haar gestuur is nie of nie deur hom of haar ontvang is nie.
n Lisensiehouer wat versuim om die voorgeskrewe lisensiegelde betyds te betaal, kan binne sestig dae na die hernuwingsdatum by die Raad skriftelik aansoek doen vir kondonering van sodanige versuim en die Raad kan die versuim kondoneer en die laat betaling van die voorgeskrewe gelde toelaat teen 'n datum wat bepaal moet word, behoudens sodanige bykomende gelde en boetes as wat die Raad voorskryf.
Waar die Raad ingevolge subartikel kondonering toegestaan het en die voorgeskrewe gelde en bykomende gelde en boetes betaal is, word die lisensie geag hernu te wees vanaf die hernuwingsdatum: Met dien verstande dat indien die lisensiehouer versuim om die gelde en boetes wat ingevolge hierdie subartikel gehef is teen die vasgestelde datum te betaal, die lisensie op daardie datum verval.
Aansoeke vir hernuwing van lisensies
 Indien, by verstryking van agt maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing van 'n lisensie, wat ook al die later is, 'n lisensiehouer--
ingevolge artikel 24 gediskwali.seer is om 'n lisensie te hou;
deur die Raad ongeskik verklaar is om 'n dranklisensie te hou; of binne die vorige agt maande versuim het om te voldoen aan 'n voldoeningskennisgewing wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is, kan die lisensie nie ingevolge artikel 52 outomaties hernu word nie maar kan dit deur die Raad hernu word op aansoek deur die lisensiehouer op die voorgeskrewe wyse, en by betaling van die voorgeskrewe gelde.
Die Raad moet binne nege 9 maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing van die lisensie 'n kennisgewing aan 'n lisensiehouer beteken soos in subartikel 1 beskryf, waarin--
die lisensiehouer verwittig word dat die lisensie nie outomaties hernu sal word nie; en n beroep op die lisensiehouer gedoen word om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen vir die hernuwing van die lisensie teen 'n datum deur die Raad bepaal, welke datum hoogstens twaalf maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing van die lisensie is.
Indien die lisensiehouer versuim om te voldoen aan die kennisgewing in subartikel bedoel, verval die lisensie twaalf maande na die datum van uitreiking of jongste hernuwing daarvan.
Indien die lisensiehouer aan die kennisgewing voldoen, bly die lisensie geldig totdat die Raad sy oorweging van die aansoek vir hernuwing afgehandel het.
By die oorweging van 'n aansoek vir hernuwing het die Raad dieselfde pligte en bevoegdhede as by die oorweging van 'n aansoek vir 'n nuwe lisensie, insluitende die reg om die aansoek te weier of toe te staan, behoudens sodanige voorwaardes as wat hy goedvind.
Indien die Raad 'n aansoek vir die hernuwing van die lisensie toestaan, word die lisensie geag hernu te wees ingevolge artikel 52 .
Indien die Raad 'n aansoek vir die hernuwing van 'n lisensie weier, verval die lisensie onmiddellik of op sodanige datum as wat die Raad bepaal.
HOOFSTUK 9
OORDRAG VAN LISENSIES
Oordrag van lisensies
 'n Lisensiehouer kan aansoek doen vir die oordrag van die lisensie aan 'n ander persoon deur 'n aansoek op die voorgeskrewe wyse en vorm in te dien by die Raad en by betaling van die voorgeskrewe gelde.
Die Raad moet, soos voorgeskryf, die aangewese drankbeampte van die aansoek verwittig en van hom of haar 'n verslag aanvra oor die kwali.kasie en geskiktheid van die voorgestelde lisensiehouer om die lisensie te hou.
Die aangewese drankbeampte moet binne die voorgeskrewe tydperk 'n verslag soos by subartikel vereis, indien en kan in sodanige verslag enige ander aangeleentheid insluit wat die aangewese drankbeampte tersaaklik ag vir die aansoek.
Die Raad moet binne die voorgeskrewe tydperk die aansoek óf weier óf toestaan.
Die Raad mag nie 'n aansoek vir oordrag toestaan nie tensy hy oortuig is dat die persoon aan wie die lisensie oorgedra staan te word--
nie ingevolge artikel 24 gediskwali.seer is om 'n lisensie te hou nie;
van goeie karakter is; en gepas opgevoed en opgelei is of sal word, of in sy of haar diens een of meer werknemers sal hê wat gepas opgevoed en opgelei is of sal word om die gelisensieerde besigheid te bestuur.
Die Raad kan by die verlening van 'n aansoek vir oordrag gelas dat die persoon aan wie die lisensie oorgedra word, of een of meer werknemers van sodanige persoon, sodanige onderwys en opleiding ondergaan as wat die Raad gelas.
By die verlening van 'n aansoek vir oordrag ingevolge hierdie artikel moet die Raad by betaling van die voorgestelde gelde 'n oordragserti.kaat uitreik soos voorgeskryf.
Indien die persoon aan wie die lisensie oorgedra staan te word te sterwe kom, insolvent raak of deur 'n bevoegde hof onbevoeg verklaar word om sy of haar eie sake te hanteer of, synde 'n maatskappy of beslote korporasie, gelikwideer word voor die datum waarop die aansoek vir oordrag oorweeg word, word die eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator, na gelang van die geval, geag die aansoeker te wees en het hy of sy alle regte wat sodanige persoon, maatskappy of beslote korporasie sou gehad het as dit nie vir sodanige sterfte, insolvensie, likwidasie of verklaring was nie.
Die Raad kan na goeddunke 'n aansoek vir oordrag toestaan ten gunste van 'n eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator of aan sodanige ander persoon as wat die Raad goedvind.
n Lisensiehouer wat die gelisensieerde besigheid vervreem, moet die Raad binne dertig dae na die datum van vervreemding skriftelik en op die voorgeskrewe wyse in kennis stel van die datum van vervreemding.
Versuim om die Raad van sodanige vervreemding in kennis te stel, is 'n misdryf.
n Persoon wat 'n gelisensieerde besigheid gekoop het, kan by die Voorsitter aansoek doen vir toestemming om die gelisensieerde besigheid te bedryf hangende die oordrag van die lisensie aan sodanige persoon.
n Aansoek ingevolge subartikel moet gedoen word deur die indiening daarvan in die voorgeskrewe vorm by die Voorsitter.
Die Voorsitter kan toestemming verleen om die koper van die besigheid te magtig om die besigheid vir sy of haar eie rekening te bedryf vir 'n bepaalde tydperk, welke tydperk hoogstens ses maande na die aanvangsdatum is.
Die Voorsitter kan 'n toestemming wat ingevolge subartikel verleen is, te eniger tyd intrek.
n Toestemming wat ingevolge subartikel verleen is, is nie aan appèlof hersiening ingevolge hierdie Wet onderhewig nie.
n Persoon aan wie 'n toestemming ingevolge subartikel verleen is, is geregtig om die gelisensieerde besigheid ingevolge die lisensie vir sy of haar eie rekening te bedryf en te bestuur, en het dieselfde regte en is onderhewig aan dieselfde pligte as die lisensiehouer.
Die verlening van toestemming ingevolge subartikel onthef die lisensie­houer nie van enige van sy of haar pligte en verpligtinge ten opsigte van die lisensie nie.
Abandonering van perseel en dood of onbevoegdheid van lisensiehouer
 Indien 'n lisensiehouer sterf, insolvent raak of deur 'n bevoegde hof onbevoeg verklaar word om sy of haar eie sake te hanteer of, synde 'n maatskappy of beslote korporasie, gelikwideer word--
gaan die lisensie op die datum van aanstelling oor op die eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator, na gelang van die geval;
kan die eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator die gelisensieerde besig­heid bedryf op dieselfde wyse en behoudens dieselfde voorwaardes as wat die lisensiehouer sou doen as dit nie was vir sy of haar dood, insolvensie, likwidasie of verklaring nie; en kan die eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator aansoek doen vir die oordrag van die lisensie ingevolge artikel 54, en word hy of sy vir doeleindes van sodanige aansoek geag die lisensiehouer te wees.
Die Raad kan, indien hy oortuig is dat--
n gelisensieerde besigheid verlaat is; of die lisensiehouer, synde 'n persoon in subartikel beskryf, en 'n ekseku­
teur, trustee, likwidateur of kurator nog nie aangestel is nie, 'n persoon aanstel om die lisensie te hou en die gelisensieerde besigheid te bedryf tot die aanstelling van 'n eksekuteur, trustee, likwidateur of kurator, of totdat 'n bestuurder aangestel is in die geval van 'n verlate besigheid.
'n Persoon aldus aangestel, word geag die lisensiehouer te wees.
Indien die enigste direkteur van 'n maatskappy of 'n lid van 'n beslote korporasie wat 'n lisensiehouer is, sterf, insolvent raak of deur 'n bevoegde hof onbevoeg verklaar word om sy of haar eie sake te hanteer of, synde 'n maatskappy of beslote korporasie, gelikwideer word, is subartikels 2 en 3, met die nodige veranderings, op daardie lisensie van toepassing tot die aanstelling van 'n nuwe direkteur of lid.
 Die Appèltribunaal moet enige appèl teen, of aansoek vir die hersiening van, 'n besluit van die Raad ingevolge artikel 7 oorweeg.
Die Appèltribunaal kan 'n besluit of bevel wat die onderwerp van 'n appèlof hersiening is, bevestig, wysig of ter syde stel en sodanige besluit of bevel vervang, na gelang van die omstandighede.
n Aansoeker of belanghebbende party wat gegrief is deur 'n besluit van die Raad, kan binne die voorgeskrewe tydperk na ontvangs van redes vir 'n besluit van die Raad, 'n kennisgewing van appèl of hersiening by die Raad indien soos voorgeskryf.
Die appèl of hersiening moet aangehoor word asof dit 'n appèl teen die uitspraak van 'n landdroshof in 'n siviele geding is, en enige reël van toepassing op sodanige
B/W 8--2005 siviele appèl is van toepassing met die nodige veranderinge soos hierin voorsiening gemaak.
Uitgesonderd waar die aansoeker of belanghebbende party ingevolge subartikel van die betaling van sekuriteit vrygestel is, moet 'n persoon wat gegrief is deur 'n besluit van die Raad, saam met die indiening van die kennisgewing van appèlof hersiening ingevolge subartikel 'n bedrag betaal wat by regulasie bepaal word of deur die Appèltribunaal verminder word as sekuriteit vir die verwagte koste van die Raad of 'n opponerende party.
Die Appèltribunaal kan op aansoek deur die aansoeker of die belanghebbende party wat deur die besluit van die Raad gegrief is, die bedrag van sekuriteit verminder of die aansoeker of belanghebbende party vrystel van die betaling van sekuriteit.
Geld wat ingevolge hierdie artikel as sekuriteit betaal word, moet aan die Hoof Uitvoerende Beampte betaal word, wat dit in 'n afsonderlike bankrekening moet stort hangende die uitkoms van die appèl of hersiening, wanneer hy of sy dit betaal in ooreenstemming met die bevel van die Appèltribunaal.
Die Appèltribunaal kan sodanige bevel oor die betaling van die koste van die partye by die verrigtinge of van die Raad maak as wat hy in die omstandighede goedvind.
n Aansoeker of belanghebbende party wat gegrief is deur die besluit van die Raad, kan persoonlik voor die Appèltribunaal verskyn of kan daar verteenwoordig word deur 'n advokaat of prokureur.
n Besluit van die Appèltribunaal oor die meriete van 'n aangeleentheid is .naal en is nie aan verdere appèl onderhewig nie.
HOOFSTUK 11VOLDOENING
 'n Inspekteur kan 'n voldoeningskennisgewing in die voorgeskrewe vorm aan 'n lisensiehouer of enige persoon in beheer van 'n gelisensieerde perseel uitreik en beteken, waarin sodanige persoon versoek word om aan die bepalings van hierdie Wet of 'n voorwaarde van 'n lisensie te voldoen.
'n Voldoeningskennisgewing moet die volgende uiteensit--
die bepalings van hierdie Wet of die voorwaardes van die lisensie waaraan voldoen moet word;
die aard en omvang van die nievoldoening;
die maatreëls wat getref moet word om te voldoen;
die datum waarteen voldoening afgehandel moet word; en die moontlike gevolge van nievoldoening.
n Voldoeningskennisgewing bly van krag tot die datum vir voldoening of enige verlenging daarvan, of die uitreiking deur die inspekteur van 'n serti.kaat van voldoening, wat ook al die vroegste is.
Die inspekteur kan op versoek van die persoon aan wie 'n voldoeningskennis­gewing beteken is, die tydperk vir voldoening verleng by aanvoering van goeie redes, deur 'n gewysigde voldoeningskennisgewing uit te reik.
Indien die persoon aan wie 'n voldoeningskennisgewing uitgereik is, daaraan voldoen het, moet die inspekteur 'n serti.kaat van voldoening uitreik.
n Persoon aan wie 'n voldoeningskennisgewing uitgereik is, kan op die voorgeskrewe wyse 'n verklaring by die inspekteur indien waarin die kennisgewing betwis word en die gronde vermeld word waarop dit betwis word.
n Inspekteur wat 'n verklaring ingevolge subartikel ontvang, moet binne die voorgeskrewe tydperk die voldoeningskennisgewing, die verklaring ingevolge subar­tikel en enige ander dokument wat hy of sy tersaaklik ag, aan die Hoof Uitvoerende Beampte voorlê, wat moet besluit of die klag in die voldoeningskennisgewing uiteengesit, geregverdig is.
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan, as hy of sy besluit dat die voldoeningsken­nisgewing nie geregverdig is nie, dit ter syde stel, of as hy of sy bevind dat dit geregverdig is, gelas dat daar aan die voldoeningskennisgewing voldoen word teen die voldoeningsdatum of sodanige later datum as wat hy of sy bepaal.
Die Hoof Uitvoerende Beampte kan die funksie in subartikel bedoel, aan 'n beampte in diens van die Raad delegeer.
Versuim om aan 'n voldoeningskennisgewing te voldoen, is 'n misdryf.
Bewys van nievoldoening aan 'n voldoeningskennisgewing, op 'n vergadering van die Raad, maak prima facie-bewys uit van die pleging van die misdrywe of oortredings van die lisensievoorwaardes in die voldoeningskennisgewing vermeld.
Tussentydse bevele
 Die Raad kan in uitsonderlike omstandighede en op aansoek deur 'n inspekteur of 'n aangewese drankbeampte, en waar daar 'n dreigende bedreiging vir die gesondheid, welsyn of veiligheid van die publiek is, 'n tussentydse bevel uitreik om 'n lisensie of permit op te skort.
'n Aansoek ingevolge subartikel 1 mag nie toegestaan word nie tensy--
dit gestaaf word deur 'nbeëdigde verklaring waarin die feite rakende die aangeleentheid uiteengesit word;
bewys gelewer word dat die aansoek en stawende beëdigde verklarings minstens agt-en-veertig uur voor die indiening van die aansoek aan die lisensiehouer beteken is; en dit uit die aansoek blyk dat dit 'n dringende aangeleentheid is.
n Bevel wat ingevolge subartikel verleen is, moet aan die lisensiehouer beteken word soos deur die Raad gelas en word van krag op die datum en die tyd van betekening daarvan.
n Bevel wat ingevolge subartikel verleen is, moet 'n datum bepaal waarop die lisensiehouer voor die Raad moet verskyn om redes aan te voer waarom die bevel nie .naal gemaak moet word nie.
Die lisensiehouer kan voor die datum in subartikel bepaal, by die Raad 'n kennisgewing van opposisie indien en moet daarna beëdigde verklarings indien waarin hy of sy die gronde uiteensit waarop die aansoek teengestaan word, en moet terselfdertyd 'n afskrif van sodanige kennisgewing en beëdigde verklarings beteken aan die inspekteur of die aangewese drankbeampte in subartikel bedoel.
n Lisensiehouer kan te eniger tyd voor die datum ingevolge subartikel bepaal, by die Voorsitter aansoek doen om die aangeleentheid ter rolle te plaas vir verhoor op 'n vroeër datum, en moet terselfdertyd 'n afskrif van sodanige aansoek beteken aan die inspekteur of die aangewese drankbeampte in subartikel bedoel.
Die Voorsitter kan gelas dat die keerdatum tot 'n vroeër datum vervroeg word.
Op die datum van die verhoor kan die Raad die tussentydse bevel ophef of bevestig, behoudens sodanige wysigings as wat hy goedvind.
Opskorting, intrekking en verval van lisensies
 'n Lisensie wat ingevolge enige bepaling van hierdie Wet opgeskort is, bly in alle opsigte geldig behalwe dat die lisensiehouer nie gedurende die tydperk van opskorting drank ingevolge daarvan mag verkoop nie.
n Lisensie wat deur die Raad ingetrek is, is van nul en gener waarde vanaf die datum van intrekking of sodanige ander datum as wat die Raad bepaal.
n Lisensie wat ingevolge artikel 53 verval het, is van nul en gener waarde vanaf die datum waarop dit verval.
Die lisensiehouer van 'n lisensie wat opgeskort of ingetrek is of verval het, kan binne dertig dae na sodanige opskorting, intrekking of verval enige drank wat op die gelisensieerde perseel was op die datum waarop die opskorting, intrekking of verval van krag geword het, verkoop per openbare veiling wat deur 'n gelisensieerde afslaer gehou word.
Indien 'n lisensiehouer die Raad skriftelik versoek om sy of haar lisensie in te trek, verval die lisensie op 'n datum deur die Raad bepaal.
HOOFSTUK 12WETSTOEPASSING
Aanwysing en funksies van aangewese drankbeamptes en inspekteurs
 Die Wes-Kaapse Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie­diens kan ten opsigte van elke polisiestasie 'n polisiebeampte met of bo die rang van Inspekteur aanwys om die funksies van 'n aangewese drankbeampte ingevolge hierdie Wet te verrig.
n Polisiebeampte wat ingevolge artikel 139 van die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), as 'n aangewese polisiebeampte aangestel is, word 'n aangewese drankbeampte en word geag ingevolge subartikel aangestel te wees.
Die Wes-Kaapse Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan 'n aanstelling ingevolge hierdie artikel te eniger tyd beëindig.
Die Minister kan 'n persoon in diens van die Provinsiale Regering as 'n inspekteur vir doeleindes van hierdie Wet aanstel.
Die Kommissaris moet by die aanwysing van 'n drankbeampte ingevolge subartikel , en die Minister moet by die aanstelling van 'n inspekteur ingevolge subartikel , 'n serti.kaat van aanwysing of aanstelling uitreik, onderteken deur die Kommissaris of die Minister, na gelang van die geval.
n Aangewese drankbeampte of 'n inspekteur moet by die uitoefening van sy of haar funksies ingevolge hierdie Wet, op versoek van enige persoon wat deur die verrigting van daardie funksie geraak word, bewys verskaf van aanstelling as aangewese drankbeampte of inspekteur.
'n Aangewese drankbeampte of 'n inspekteur moet--
ten opsigte van elke aansoek gedoen ingevolge hierdie Wet, aan die Raad verslag doen oor sodanige aangeleenthede as wat voorgeskryf word of wat na die mening van die beampte of inspekteur in aanmerking geneem moet word wanneer die aansoek oorweeg word;
op versoek van die Raad verslag doen oor, of sodanige inligting verstrek in verband met, 'n aangeleentheid as wat die Raad verlang;
sodra die feit onder sy of haar aandag kom, die versuim deur 'n lisensiehouer om aan die voorwaardes van sy of haar lisensie, 'n voldoeningskennisgewing of die bepalings van hierdie Wet te voldoen, by die Hoof Uitvoerende Beampte aanmeld;
die feit dat 'n lisensiehouer gediskwali.seerd of ongeskik geraak het om 'n lisensie te hou, by die Hoof Uitvoerende Beampte aanmeld;
indien hy of sy van mening is dat die gelisensieerde perseel verlaat is of ongeskik vir gebruik vir die doel van 'n gelisensieerde besigheid geraak het, hierdie feit by die Hoof Uitvoerende Beampte aanmeld; en indien die lisensiehouer skuldig bevind is aan 'n strafregtelike misdryf, die aard en omstandighede van die misdryf en skuldigbevinding by die Hoof Uitvoerende Beampte aanmeld.
Bevoegdhede van aangewese drankbeamptes en inspekteurs
 'n Aangewese drankbeampte of 'n inspekteur kan by die verrigting van sy of haar funksies--
a te alle redelike tye--
enige gelisensieerde perseel;
ii enige perseel ten opsigte waarvan 'n aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen is;
iii enige perseel waar drank ingevolge 'n permit verkoop word;
enige perseel waar drank vervaardig word of van waar drank versprei word ingevolge 'n registrasie kragtens die bepalings van die Drankwet; en enige perseel waar hy of sy vermoed dat drank geberg of verkoop word strydig met die bepalings van hierdie Wet of die Drankwet, betree en kan sodanige ondersoek instel en navrae of inspeksies doen as wat hy of sy nodig ag, nadat hy of sy die persoon wat op daardie tydstip in beheer van die perseel is, ingelig het van die doel van sy of haar besoek, op enige tyd en plek enige persoon versoek om onmiddellik of op 'n datum en tyd wat bepaal moet word, enige lisensie, permit, registrasieserti.kaat, rekord of ander dokument wat in die besit, bewaring of beheer van daardie persoon of enige ander persoon namens hom of haar is, aan hom of haar voor te lê;
insae hê in enige dokument in paragraaf (b) bedoel, kopieë daarvan of uittreksels daaruit maak, van die persoon in bedoelde paragraaf beoog 'n verklaring vereis van enige deel daarvan en op sodanige dokument beslag lê indien dit na sy of haar mening getuienis kan uitmaak van 'n misdryf ingevolge hierdie Wet, of van 'n oortreding van enige voorwaarde van 'n lisensie;
beslag lê op sodanige dokument indien dit volgens sy of haar mening, getuienis van 'n misdruif uitmaak, in terme van hierdie Wet of 'n oortreding van enige voorwaarde van 'n lisensie.
die lisensiehouer of geregistreerde persoon of sy of haar werknemers, 'n aansoeker of enige persoon wat op 'n gelisensieerde of geregistreerde perseel is, ondervra indien hy of sy vermoed dat die werknemer of persoon enige dokument in sy of haar besit of onder sy of haar beheer het wat tersaaklik kan wees vir 'n aangeleentheid wat hy of sy ondersoek; en versoek dat enige lisensiehouer of geregistreerde persoon of sy of haar werknemer voor hom of haar verskyn op 'n tyd en plek wat deur hom of haar vermeld moet word, om te antwoord op vrae oor 'n aangeleentheid wat ondersoek word.
Enige persoon wat in beheer is van 'n perseel in subartikel 1 beoog, moet sodanige bystand verleen as wat die aangewese drankbeampte en inspekteur redelik­erwys versoek.
Bevoegdhede van vredesbeamptes in die algemeen
 'n Vredesbeampte kan enige gelisensieerde perseel betree en inspekteer of enige voertuig, vaartuig of persoon deursoek wanneer hy of sy daartoe gemagtig is deur 'n lasbrief uitgereik deur 'n bevoegde hof, en 'n vredesbeampte met of bo die rang van inspekteur of die ekwivalent daarvan kan sonder 'n lasbrief sodanige perseel betree en inspekteer of sodanige voertuig, vaartuig of persoon deursoek op versoek van die lisensiehouer of 'n werknemer in beheer van die perseel, voertuig of vaartuig, wanneer hy of sy deur enige ander wet gemagtig word om dit te doen.
n Vredesbeampte kan by die betreding en inspektering van 'n gelisensieerde perseel of die deursoeking van enige voertuig, vaartuig of persoon ingevolge subartikel op die volgende beslag lê en dit verwyder--
enigiets wat gebruik sal word as getuienis van die oortreding van die bepalings van hierdie Wet of die voorwaardes van 'n lisensie of permit; en enigiets wat gebruik is of word in verband met die oortreding van hierdie Wet of 'n voorwaarde van 'n lisensie of permit.
By die betreding van 'n perseel ingevolge hierdie artikel moet die vredesbeampte--
hom of haar identi.seer aan die persoon in beheer van die perseel;
die lasbrief, as daar is, aan daardie persoon toon;
die gesag ingevolge waarvan die inspeksie gedoen word, verklaar; en die inspeksie doen met die mins moontlike ongerief vir die lisensiehouer of sy of haar kliënte en met die mins moontlike ontwrigting van die gelisen­sieerde besigheid.
n Vredesbeampte moet by die beslaglegging op enigiets ingevolge hierdie artikel 'n kwitansie aan die persoon van wie daar op die artikel beslag gelê is, uitreik waarin die artikel of artikels waarop beslag gelê is, beskryf word en die redes vir die beslaglegging verduidelik word.
Enigiets waarop ingevolge hierdie artikel beslag gelê is, moet behou en bewaar word totdat die Raad of 'n bevoegde hof 'n bevel uitgereik het oor hoe daaroor beskik moet word.
Tensy die lisensiehouer of 'n persoon in sy of haar diens vir wie hy of sy ingevolge hierdie Wet verantwoordelik is, in 'n bevoegde hof van 'n strafregtelike misdryf aangekla word of gedagvaar word om op 'n vergadering van die Raad te verskyn binne dertig dae na die datum van die beslaglegging, moet die artikel waarop beslag gelê is, terugbesorg word aan die persoon van wie daar op die artikel beslag gelê is.
Algemene misdrywe
 'n Persoon wat--
nie 'n lisensiehouer, die houer van 'n permit, 'n vrygestelde persoon of 'n persoon is wat ingevolge die Drankwet geregistreer is nie en wat drank verskaf of verkoop;
versuim om aan 'n bepaling van hierdie Wet te voldoen;
n geregistreerde vervaardiger of verspreider ingevolge die Drankwet is en wat nie ook 'n lisensiehouer of permithouer ingevolge hierdie Wet is nie en wat drank verkoop of verskaf aan 'n persoon wat nóg 'n lisensiehouer of 'n permithouer ingevolge hierdie Wet is, nóg 'n geregistreerde vervaardiger of verspreider ingevolge die Drankwet is;
d dronk is in of op-- [B/W 8--2005]
enige perseel waar drank verkoop word; of ii enige plek waartoe die publiek toegang het;
drank verkoop of verskaf aan 'n dronk persoon of, synde 'n lisensiehouer of 'n persoon in beheer van 'n gelisensieerde perseel, toelaat dat 'n dronk persoon op 'n gelisensieerde perseel bly;
drank in 'n houer verkoop of verskaf wat nie voldoen nie aan die standaarde en spesi.kasies wat die Minister by kennisgewing in die Provinsiale Koerant voorgeskryf het;
drank koop van enige persoon, wetende of met redelike gronde om te vermoed dat sodanige persoon nie gelisensieer is of toegelaat word om drank ingevolge hierdie Wet of ingevolge die Drankwet te verkoop nie;
drank verkoop aan 'n persoon, wetende of met redelike gronde om te vermoed dat sodanige persoon die drank sal herverkoop anders as wat ingevolge hierdie Wet of die Drankwet toegelaat word;
drank uit 'n muntoutomaat of ander toestel verkoop, tensy sodanige toestel te alle tye bedryf word deur en onder die regstreekse .siese toesig van die lisensiehouer of 'n werknemer;
synde 'n lisensiehouer, toelaat dat die gelisensieerde perseel as 'n bordeel gebruik word of gewoonlik deur prostitute besoek word, of synde 'n lisensiehouer, die verkoop, gebruik of besit van dwelmmiddels op die perseel toelaat strydig met enige wet wat oor sodanige verkoop, gebruik of besit handel, begaan 'n misdryf.
Misdrywe betreffende inligting
 'n Persoon wat met betrekking tot 'n aansoek, beswaar of vertoë--
inligting voorlê of verstrek wat hy of sy weet vals of misleidend is of wat hy of sy nie weet dat dit waar is nie of 'n vervalste dokument voorlê of een wat voorgee 'n ware afskrif van die oorspronklike te wees maar dit nie is nie; of op enige beswaar of vertoë of klag antwoord op 'n wyse wat hy of sy weet vals of misleidend is of wat hy of sy nie weet dat dit waar is nie; of na aanleiding van 'n vraag deur 'n aangewese drankbeampte, 'n inspekteur, 'n polisiebeampte, 'n munisipale beampte of die Raad inligting voorlê of verskaf wat hy of sy weet vals of misleidend is of wat hy of sy nie weet dat dit waar is nie of 'n vervalste dokument voorlê of een wat voorgee om 'n juiste afskrif van die oorspronklike te wees maar dit nie is nie, begaan 'n misdryf.
'n Persoon wat versuim om te voldoen aan 'n versoek van 'n aangewese polisiebeampte of inspekteur ingevolge artikel 61, begaan 'n misdryf.
Misdrywe betreffende vergaderings van die Raad en die Appèltribunaal
 'n Persoon wat--
nadat hy of sy behoorlik in kennis gestel is om voor die Raad te verskyn, versuim om dit te doen, hetsy persoonlik of verteenwoordig deur 'n prokureur of advokaat;
voor die Raad verskyn maar sonder toestemming van die Voorsitter die vergadering verlaat voor die afsluiting daarvan;
nadat hy of sy op 'n vergadering deur die Voorsitter in kennis gestel is om 'n vergadering by te woon op 'n datum tot wanneer die vergadering uitgestel is, versuim om daar teenwoordig te wees;
nadat hy of sy deur die Voorsitter gelas is om getuienis te lewer of 'n dokument voor te lê, weier of versuim om dit te doen;
wanneer die eed of plegtige verklaring van hom of haar afgeneem word, weier of versuim om die eed of verklaring af te lê;
nadat hy of sy die eed of plegtige verklaring afgelê het, versuim om na sy of haar beste wete te antwoord op vrae wat aan hom of haar gestel word of vals of misleidende getuienis lewer wetende dat sodanige getuienis vals of misleidend is;
die verrigtinge van die Raad opsetlik ontwrig; of weier om die vergadering te verlaat wanneer hy of sy deur die Voorsitter gelas word om dit te doen, begaan 'n misdryf.
Die bepalings van subartikel 1 is met die nodige veranderings van toepassing op vergaderings van die Appèltribunaal.
Misdrywe betreffende polisiebeamptes en inspekteurs
'n Persoon wat--
hom of haar valslik as 'n aangewese drankbeampte of inspekteur voordoen;
n aangewese drankbeampte of inspekteur by die uitvoering van sy of haar pligte hinder;
weier of versuim om 'n wettige opdrag van 'n aangewese drankbeampte of 10 inspekteur te gehoorsaam; of d sonder wettige verskoning weier om te antwoord op 'n vraag aan hom of haar gestel deur 'n aangewese drankbeampte of inspekteur of wetend 'n vals of misleidende antwoord gee, begaan 'n misdryf.
Motorvoertuie
 'n Persoon wat--
drank verbruik in 'n motorvoertuig wat op 'n openbare pad bestuur word;
die verbruik van drank toelaat in 'n motorvoertuig waarvan hy of sy die bestuurder is of wat onder sy of haar beheer is terwyl dit op 'n openbare pad 20 bestuur word; of c toelaat dat drank in 'n oop houer is in 'n motorvoertuig terwyl dit op 'n openbare pad bestuur word,begaan 'n misdryf.
Subartikel 1 is nie van toepassing nie op die verbruik van drank in 'n 25 motorvoertuig wat vir die verkoop en verbruik van drank gelisensieer is.
Diensstasies
Uitgesonderd ten opsigte van persele wat ingevolge die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), gelisensieer is, of tensy die bevoegde owerheid anders bepaal in 'n bepaalde geval, mag geen drank verkoop, verskaf of verbruik word nie op 'n erf waarop die besigheid van 'n diensstasie wat petrol, diesel en ander petroleumprodukte aan die publiek verkoop word, bedryf word.
Versuim om aan bevel van Raad te voldoen
 Versuim om aan 'n bevel van die Raad te voldoen, is 'n misdryf.
Indien 'n persoon versuim om aan 'n bevel van die Raad te voldoen, kan die Raad 35 na behoorlike ondersoek--
die lisensie opskort hangende voldoening aan die bevel;
n boete oplê, waarvan die betaling opgeskort kan word hangende voldoening aan die bevel;
die aangeleentheid na die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys vir die 40 vervolging van die oortreder; of d die lisensie intrek.
Middellike verantwoordelikheid
 Indien die bestuurder, agent of werknemer van 'n lisensiehouer iets doen of versuim om iets te doen wat, as dit deur die lisensiehouer gedoen of versuim is, 'n misdryf ingevolge hierdie Wet sou wees, word die lisensiehouer geag daardie handeling te verrig het of versuim het om dit te verrig, behalwe waar die lisensiehouer--
a die handeling of versuim nie oogluikend toegelaat, veroorloof of toegelaat het nie;
b sodanige stappe gedoen het as wat hy of sy redelikerwys kon doen ten einde 50 die handeling of versuim te voorkom; en c die handeling of versuim nie binne die bestek van die diens of gesag van die bestuurder, agent of werknemer geval het nie.
Die feit dat 'n lisensiehouer opdragte uitgereik het wat 'n handeling of versuim
B/W 8--2005 verbied, is nie op sigself voldoende om te bewys dat hy of sy die stappe gedoen het wat by subartikel (b) vereis word nie.
Wanneer 'n lisensiehouer aanspreeklik is vir die handelinge of versuim van 'n ander persoon ingevolge subartikel , is sodanige ander persoon ook daarvoor aanspreeklik asof hy of sy die lisensiehouer is.
n Bestuurder, agent of werknemer word nie van enige ander aanspreeklikheid onthef nie wat hy of sy opgeloop het afgesien van die aanspreeklikheid wat ingevolge subartikel met die lisensiehouer gedeel word.
Vrystellings
 Hierdie Wet is nie van toepassing nie op--
n beampte soos omskryf in artikel 1 van die Doeane-en Aksynswet, 1964 (Wet 91 van 1964), by die verrigting van amptelike pligte;
n balju of sy of haar werknemer of enige ander beampte wat ingevolge 'n bevel van 'n bevoegde hof optree by die uitvoering van sy of haar pligte;
n persoon bedoel in 'n kennisgewing ingevolge artikel 10 van die Wet op Drankprodukte, 1989 (Wet 60 van 1989), met betrekking tot die verkoop van 'n sakramentele drank ingevolge sodanige kennisgewing;
n persoon wat alkoholiese of gedistilleerde reukwerk vervaardig of verkoop; en n persoon wat medisyne soos omskryf in die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1965 (Wet 101 van 1965), soos gewysig, vervaardig of verkoop.
Die Raad kan op aansoek deur 'n belanghebbende persoon verklaar dat 'n persoon of plek vrygestel is van die toepassing van die bepalings van artikel 20 van hierdie Wet.
n Verklaring ingevolge subartikel kan gedoen word behoudens sodanige voorwaardes en beperkings as wat die Raad stel.
Die Raad kan te eniger tyd die vrystelling ingevolge subartikel wysig of intrek.
Die Raad moet 'n kennisgewing van die voorgenome wysiging of intrekking van die vrystelling in die drie amptelike tale van die Provinsie publiseer in 'n koerant wat sirkuleer in die gebied waar die vrygestelde perseel geleë is, en belanghebbende persone versoek om binne die tyd in die kennisgewing bepaal, redes te verstrek waarom die vrystelling nie gewysig of ingetrek moet word nie.
Benewens die maatreëls ingevolge subartikel getref, kan die Raad sodanige bykomende maatreëls tref as wat hy geskik ag om belanghebbende persone in kennis te stel van sy voorneme om 'n vrystelling wat ingevolge subartikel verleen is, te wysig of in te trek.
Bewyse
 Indien daar in enige strafverrigtinge of op 'n vergadering van die Raad getuienis voorgelê word dat 'n persoon wat nie gelisensieer of toegelaat is om drank ingevolge hierdie Wet of enige ander wet te verkoop nie--
op of naby sy of haar perseel 'n teken of kennisgewing gehad het wat te kenne gee dat drank daar te koop is;
n perseel beset wat toegerus is met 'n kroegtoonbank op 'n wyse wat tot die redelike a.eiding lei dat drank daar te koop is;
meer drank as die maksimum volume in artikel 48 bedoel, op sy of haar perseel of onder sy of haar beheer gehad het sonder die toestemming vooraf wat by daardie artikel vereis word; of meer drank as die maksimum volume in artikel 48 bedoel, gekoop of verkry het sonder die toestemming vooraf wat by daardie artikel vereis word, is dit prima facie-bewys van die verkoop van drank.
Indien in enige strafverrigtinge of op 'n vergadering van die Raad--
n verseëlde houer as bewys gelewer word wat 'n vloeistof bevat, op welke houer daar 'n etiket of ander toestel is wat die alkoholinhoud van die vloeistof aandui, dan is dit bewys, tensy die teendeel bewys word, dat die vloeistof die verklaarde alkohol bevat, en as die verklaarde alkoholinhoud meer as 1% alkohol per volume is, dat die vloeistof drank is;
meer as een houer as bewys gelewer word wat elkeen deel uitmaak van 'n voorraad of lot drank wat op dieselfde tyd op dieselfde plek aangetref is en daar bewys word dat een of meer sulke houers drank bevat, dan is dit bewys, tensy die teendeel bewys word, dat al die houers drank bevat;
n dokument as bewys gelewer word wat voorgee 'n afskrif van 'n lisensie of permit te wees, is dit by die blote voorlegging daarvan prima facie-bewys van die lisensie of permit en word enige voorwaarde of endossement daarop of daaraan geheg geag 'n voorwaarde of endossement te wees wat ingevolge hierdie Wet gestel is;
n verklaring of serti.kaat as bewys gelewer word wat voorgee deur 'n ontleder of chemikus in diens van die Regering van die Republiek of in diens van 'n universiteit of van 'n mediese navorsingsinstituut onderteken te wees, wat 'n ontleding gemaak het van 'n vloeistof of stof wat die onderwerp van die strafverrigtinge of vergadering is, is sodanige verklaring of serti.kaat, tensy die teendeel bewys word, bewys van die inhoud van die verklaring of serti.kaat; of bewys gelewer word dat 'n lisensiehouer wat beskuldig word van 'n oortreding van artikel 42, versuim het om van 'n persoon onder die ouderdom van agttien jaar óf--
sy of haar geldige identiteitsdokument;
ii sy of haar geldige bestuurslisensie met sy of haar foto en 'n geboorte­datum; of iii sy of haar geldige paspoort met sy of haar foto en 'n geboortedatum, te verkry, is sodanige bewys prima facie-bewys van die feit dat die lisensiehouer kennis gedra het van die feit dat sodanige persoon onder die ouderdom van agttien 18 jaar was.
 Die Minister kan, behoudens artikel 41 van die Drankwet, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant die inhoud van openbare gesondheidskennisgewings en die wyse waarop sulke kennisgewings op die gelisensieerde perseel vertoon moet word, voorskryf.
Versuim om 'n gesondheidskennisgewing ingevolge hierdie artikel te vertoon, is 'n misdryf.
Strawwe
Enige persoon wat 'n bepaling van hierdie Wet oortree, is by skuldigbevinding strafbaar met--
n boete van hoogstens R100 000;
gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar; of sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf.
HOOFSTUK 13REGULASIES, OORGANGSBEPALINGS EN KORT TITEL
Regulasies
 Die Minister kan regulasies uitvaardig betreffende--
die standaarde waaraan houers en verpakking waarin drank verkoop word, moet voldoen;
die vorm en wyse waarop aansoeke ingevolge hierdie Wet gedoen en ingedien moet word;
die vorm en die wyse waarop besware en vertoë ter stawing van aansoeke gedoen en ingedien moet word;
die bedrag van gelde wat betaal moet word ten opsigte van aansoeke ingevolge hierdie Wet;
die bedrag van gelde wat betaal moet word ten opsigte van die uitreiking van 'n lisensie of 'n permit;
die bedrag van gelde wat betaal moet word ten opsigte van die oordrag van 'n lisensie;
die bedrag van gelde wat betaal moet word ten opsigte van die hernuwing van 'n lisensie;
die bedrag van gelde wat betaal moet word ten opsigte van die insae in en kopiëring van dokumente in die besit van die Raad of 'n munisipaliteit;
die prosedure wat deur die Raad of 'n munisipaliteit gevolg moet word ten opsigte van aansoeke ingevolge hierdie Wet;
die vorm van lisensies, permitte, kennisgewings, toestemmings, aanstellings, bepalings, goedkeurings, magtigings en ander dokumente in hierdie Wet bedoel;
die prosedure wat deur die Appèltribunaal gevolg moet word appèlle en hersienings ingevolge hierdie Wet;
enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf kan of moet word;
die wyse waarop 'n lisensiehouer van 'n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik buite die gelisensieerde perseel, 'n rekord van drank verkoop moet hou;
die maksimum volume drank in artikel 48 bedoel;
die vorm en wyse van betekening van 'n voldoeningskennisgewing, 'n verklaring van geskil en 'n voldoeningserti.kaat ingevolge artikel 57;
die vorm, inhoud en wyse van vertoning van openbare gesondheidskennis­gewings ingevolge artikel 73; en in die algemeen, enige aangeleentheid ten opsigte waarvan die Minister dit nodig of dienstig ag om regulasies uit te vaardig ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik, sonder dat die wye omvang van hierdie paragraaf deur die voorgaande paragrawe ingekort word.
'n Regulasie wat kragtens hierdie artikel uitgevaardig is ten opsigte van gelde of geld wat betaal moet word, moet uitgevaardig word in oorleg met die Minister verantwoordelik vir .nansies vir die Provinsie.
Oorgangsbepalings
Op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet--
Enige lisensie van die tipe hieronder gelys wat van krag was onmiddellik voor sodanige datum van inwerkingtreding, word geag 'n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik op die gelisensieerde perseel te wees--
hoteldranklisensie;
wynhuislisensie;
sorghumbierlisensie vir binneverbruik;
teaterdranklisensie;
klubdranklisensie; en spesiale dranklisensie vir binneverbruik.
Enige lisensie van die tipe hieronder gelys wat van krag was onmiddellik voor sodanige datum van inwerkingtreding, word geag 'n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel te wees--
drankwinkellisensie;
kruidenierswynlisensie;
sorghumbierlisensie vir buiteverbruik;
wynboerlisensie; en spesiale dranklisensie vir buiteverbruik.
Enige lisensie van die tipe hieronder gelys wat van krag was onmiddellik voor sodanige datum van inwerkingtreding, word geag 'n lisensie vir die mikrovervaardig­ing en verkoop van drank vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel te wees--
groothandeldranklisensie;
brouerslisensie; en sorghumbierbrouerslisensie, ingevolge waarvan drank in die voorafgaande twaalf maande vervaardig is, maar die volume drank aldus vervaardig nie meer was nie as die drempellimiet voorgeskryf ingevolge artikel 4 van die Drankwet.
Enige lisensie wat hieronder gelys word, wat aan die houer daarvan die reg verleen om drank te verkoop vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel en wat ingevolge die Drankwet omgeskakel is, wat van krag was onmiddellik voor sodanige datum van inwerkingtreding, word geag 'n lisensie vir die verkoop van drank vir verbruik elders as op die gelisensieerde perseel te wees--
groothandeldranklisensie;
brouerslisensie; en sorghumbierbrouerslisensie, n Kennisgewing uitgereik ingevolge artikel 33 van die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), en van krag onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, moet geag word voorwaardes te wees wat ingevolge artikel 34 van hierdie Wet skriftelik uiteengesit is.
Ondanks die herroeping van enige wet as gevolg van die inwerkingtreding van hierdie Wet moet enige aansoek wat voor sodanige inwerkingtreding gedoen is, beskou en afgehandel word as in ooreenstemming met die bepalings van die wet ingevolge waarvan dit ingedien is.
Die bepalings van subartikels , en van hierdie artikel is van toepassing op lisensies wat ná die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet ingevolge die bepalings van die Drankwet, 1989 verleen is.
Tensy die Raad op aansoek anders bepaal, verval 'n lisensie wat uitgereik is ten opsigte van 'n perseel geleë op 'n erf waarop daar op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet 'n diensstasie bedryf word wat petrol, diesel en ander petroleum­produkte verkoop, vyf jaar na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet.
Lisensies uitgereik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet vir 'n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik op of buite die gelisensieerde perseel wat sake doen buite die handelsure in artikel 47 vermeld, is na twaalf maande na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet aan artikel 47 onderhewig.
Enige toestemming, goedkeuring of voorreg verleen aan 'n lisensiehouer ingevolge die Drankwet of enige wet wat hierby herroep word, wat nie strydig met die bepalings van hierdie Wet is nie, word geag 'n toestemming, goedkeuring of voorreg te wees wat ingevolge hierdie Wet verleen is.
Enige voorwaarde gestel vir 'n lisensie ingevolge die bepalings van die Drankwet of enige wet wat hierby herroep word, wat nie strydig met die bepalings van hierdie Wet is nie, word geag 'n voorwaarde te wees wat ingevolge hierdie Wet gestel is.
a Die vervaldatum ingevolge artikel 512 van enige lisensie wat op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet geldig was ingevolge die bepalings van die Drankwet, 1989, is die laaste dag van Desember van die jaar waarin hierdie Wet in werking tree, en 31 Desember word vir doeleindes van artikel 512 beskou as die uitreikingsdatum van sodanige lisensie.
Die jaarlikse hernuwingskennisgewing uitgereik ingevolge artikel 52 vir 'n lisensie in subartikel bedoel, moet nie later nie as 31 Oktober van die jaar waarin hierdie Wet in werking tree, uitgereik word.
Herroeping van bepalings
Die bepalings van die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989) word herroep vir soverre dit op die Provinsie betrekking het.
Kort titel
Hierdie Wet heet die Wes-Kaapse Drankwet, 2005, en tree in werking op 'n datum wat die Premier by proklamasie in die Provinsiale Koerant bepaal.
VERDUIDELIKENDE MEMORANDUM
i Inleiding en redes vir die Wetsontwerp
Skedule 5 deel A van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996), bepaal dat dranklisensiëring 'n funksionele area van eksklusiewe provinsiale wetgewende bevoegdheid is. Die Grondwetlike Hof het egter bevind dat toestande in die drankbedryf die promulgasie van die nasionale Drankwet, 2003 (Wet 59 van 2003) (''die nasionale Drankwet, 2003'') regverdig. Die nasionale Drankwet, 2003 skep 'n drievlakstelsel in die drankbedryf bestaande uit vervaardiging (insluitend mikro-vervaardiging), verspreiding en kleinhandel van drank en bepaal die regulering van die vervaardiging (uitgesluit mikrover­vaardiging) en verspreidingsvlakke van die bedryf, terwyl die provinsiale wet­gewers die uitsluitlike bevoegdheid behou om die mikro-vervaardiging-en kleinhandelsvlakke van die bedryf te reguleer.
Verder herroep die nasionale Drankwet, 2003 die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989) (''die Drankwet, 1989''), wat tot die herroeping daarvan die bedryf gereguleer het. Die nasionale Drankwet, 2003 behou die werking van die Drankwet, 1989 as provinsiale wetgewing, ten einde die provinsiale vlakke van die bedryf in die afwesigheid van provinsiale drankwetgewing te reguleer.
Daar word algemeen aanvaar dat dit nodig is om die drankbedryf te reguleer weens die potensiële skadelike aard van die produk. Verskeie beheermaatreëls is in die verlede op die bedryf toegepas in ooreenstemming met die sosiale en politieke oogmerke van die regering van die dag. Weens geskiedkundige redes, wat aanleiding gegee het tot die uitsluiting van histories-agtergeblewe persone uit die formele drankbedryf, bly die bedryf grootliks ongereguleerd. Die gevolg is die aanwas van 'n groot aantal ongelisensieërde afsetpunte in woonbuurte en wat nie voldoen aan ruimtelike ordening-en ander beheermaatreëls nie. Drank word verder vereenselwig met die voorkoms van misdaad in beide die gereguleerde en ongereguleerde sektore van die bedryf en maatreëls wat in die verlede voorsien is, is met gemengde welslae begroet.
Dit is nodig om op die provinsiale sfeer van die regering beheermaatreëls daar te stel, in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet, wat die vereistes van 'n gereguleerde drankbedryf weerspieël.
ii Maatskaplike impak van die Wetsontwerp
Die wetsontwerp maak voorsiening vir die Wes-Kaapse Drankraad as 'n onaf­hankilke statutêre liggaam in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999) met voldoende hulpbronne om die administrasie van 'n lisensiëringstelsel, die afdwing van beheermaatreëls op en monitering van gelisensieërde persele, die verpligte opleiding van verkopers van drank asook ander opvoedingsinsette ten einde die skadelike impak van die drankbedryf te verminder, te verseker. Die Wetsontwerp maak verder voorsiening vir verbeterde openbare bewustheid van en deelname in die lisensiëringsproses, asook maatreëls om om te sien na klagtes oor gelisensieërde persele. Voorsiening word gemaak vir die deelname deur plaaslike owerhede in die lisensiëringsproses deur die aanstelling van geskikte munisipaliteite as agente van die Drankraad om te help met die lisensiëringsproses. Munisipaliteite mag verder as bevoegde owerhede in eie reg aangestel word ten einde drankforums te stig wat in raadgewende hoedanigheid en as plaaslike dispuutresolusieliggame tydens die lisensiëringsproses dien. Munisipaliteite wat as bevoegde owerhede aangestel word, bepaal die drankhandelsure en --dae in hulle gebiede, reik permitte uit aan handelaars in tradisionele Afrikabier en vir spesiale geleenthede en mag areas binne hulle regsgebied as verbode vir die besit van drank in die openbaar verklaar. Voorsiening word verder gemaak vir 'n Appéltribunaal ten einde hersienings van en app lle teen beslissings van die Drankraad te oorweeg. Die afdwinging en administrasie van die Drankwetsontwerp word verseker deur die voortsetting van die bestaande stelsel van aangewese drankbeamptes binne die rangstruktuur van die Suid Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap, met verbeterde funksies en magte. Verbeterde beheermaatreëls, misdrywe en strawwe word ingesluit ten einde die gelisensieërde bedryf beter te reguleer en bedrywighede in stryd met Wetsontwerp indruis te bekamp.
Die Wetsontwerp maak ook voorsiening vir minder kategorieë van lisensies. Dit sluit in lisensies vir verbruik op die perseel, verbruik elders as op die perseel, verbruik binne of buite die perseel, spesiale geleentheidslisensies en -permitte en mikrovervaardigerslisensies. Die reg van kleinhandelskoswinkels om slegs in tafelwyn handel te dryf word behou. Voorsiening word gemaak vir die oplegging van standaardlisensievoorwaardes asook spesi.eke lisensievoorwaardes vir elke lisensie. Die gronde van oorweging van lisensies deur die Drankraad word uiteengesit en sluit grondgebruiksregte as voorvereiste vir die uitreiking van lisensies in.
Maatreëls vir die verpligte opleiding van die verkopers van drank sal verseker dat handelaars verantwoordelik optree. Voorsiening word gemaak vir die verhoging van openbare bewustheid van die gevare verbonde aan die misbruik van drank by wyse van gesondheidskennisgewings en bewustheidsveldtogte. Die Wetsontwerp verplig beamptes van die Drankraad om maatreëls ter bekamping van drank­misbruik te bevorder.
iii Finansiële implikasies van die Wetsontwerp
Die Wetsontwerp maak voorsiening vir die vasstelling van aansoekfooie, jaargelde en boetes deur die verantwoordelike provinsiale Minister. Die bestaande fooie is laas in 1992 hersien. Die inkomste wat uit die lisensiestelsel voortspruit word aan die Provinsiale Inkomstefonds oorbetaal. Die openbare liggaam en sy strukture en funksies wat deur die wetsontwerp geskep word, sal befonds word deur middel van oordragbetalings wat deur die verantwoordelike Minister beskikbaar gestel word nadat die entiteit voldoen het aan die die voorgeskrewe vereistes van die Wetsontwerp in ooreenstemming met die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999). Daar moet vir toekomstige kostes voorsiening gemaak word in provinsiale bestedingskattings, asook in die toewysings deur die Provin­siale Wetgewer.
Voorsiening sal gemaak word vir befondste mandate waar ander openbare liggame aangestel word in ooreenstemming met die vereistes van die Grondwet en toepaslike wetgewing nadat die nodige samesprekings plaasgevind het. Verpligte opleidingsprogramme sal by die Suid Afrikaanse Kwali.kasieowerheid en toe­paslike bedryfsopleidingsowerheid geakkrediteer word.
iv Paragraaf per paragraaf verduideliking
INHOUD
HOOFSTUK 1
INTERPRETASIE
Klousule 1. Woordomskrywings -- Hierdie klousule verskaf die woordomskrywings van sinsnedes en woorde vervat in die Wetsontwerp.
HOOFSTUK 2
Klousule 2. Instelling van die Raad -- Voorsiening word gemaak vir die voort­bestaan van die Drankraad geskep deur die Drankwet, No 27 van 1989.
Klousule 3. Samestelling van die Raad -- Die aantal lede van die Drankraad, hulle kwali.kasies en ampte in die Raad word deur hierdie klousule bepaal.
Klousule 4. Kriteria vir aanstelling -- Hierdie klousule bevat die diskwali.kasie­gronde vir aanstelling van Drankraadslede met betrekking tot strafregte­like oortredings, regtelike status, ouderdom en belange van lede of hulle familie in die drankbedryf.
Klousule 5. Ampstermyn -- Die ampstermyn van Drankraadlede is vyf jaar en hulle is herkiesbaar tot 'n verdere termyn van vyf jaar.
Klousule 6. Beëindiging van lidmaatskap -- Die Minister mag op sekere gronde lidmaatskap van die Drankraad beëindig.
Klousule 7. Bevoegdhede en funksies van die Raad -- Hierdie klousule maak voorsiening dat die Raad aansoeke in terme van die Wetsontwerp, vertoë rakende aansoeke, verslae deur beamptes, klagtes rakende gelisensieërde persele, wysiging van lisensievoorwaardes, appélle teen permitbesliss­ings van munisipaliteite, of enige aangeleentheid wat na die Raad verwys is, of deur die Minister gedelegeer is, oorweeg. Dit maak verder voorsiening vir die goedkeuring, onderhewig aan voorwaardes, of die weiering van aansoeke, opskorting, terugtrekking of oplê van boetes en voorwaardes na aanleiding van verslae en klagtes en die beregting van appélle. Dit laat die Raad toe om enige lisensievoorwaarde op te skort, terug te trek of te wysig.
Klousule 8. Vergaderings en besluite van die Raad -- Hierdie klousule het betrek­king op die kworum van die Raad en die vasstelling van prosedures tydens vergaderings van die Raad.
Klousule 9. Onttrekking van lede met botsende belang -- Die gronde waarop 'n Raadslid onttrek word en die prosedure wat daarop betrekking het, word in hierdie klousule bepaal.
Klousule 10. Befondsing van die Raad -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die befondsing van die Raad en die prosedure wat vereis word om befondsing te verkry en aanspreekilikheid daarvoor te verseker.
Klousule 11.Oudit-en Jaarverslae -- Oudit-en jaarverslae word ingevolge hierdie klousule van die Raad vereis.
Klousule 12. Verrigtinge van die Raad -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die bepaling deur die Voorsitter van die Raad van prosedures tydens vergaderings, die bywoning van vergaderings en die prosedure om inligting te bekom.
Klousule 13. Komitees van die Raad -- In hierdie klousule word voorsiening gemaak vir die aanstelling van Drankraadkomitees, hulle prosedure en funksies.
Klousule 14. Appèltribunaal --'n Appèltribunaal word geskep en die lidmaatskap daarvan bepaal.
HOOFSTUK 3
BESOLDIGING EN ADMINISTRASIE VAN DRANKRAAD ENAPPELTRIBUNAAL
Klousule 15. Besoldiging van lede van Drankraad en Appéltribunaal -- Voorsiening word gemaak vir die vasstelling van besoldiging deur die verantwoorde­like Minister.
Klousule 16. Administrasie van Raad en Appéltribunaal -- Voorsiening word gemaak vir die aanstelling van 'n Hoof Uitvoerende Beampte, die voorsiening van menslike hulpbronne en .nansiële bestuur van die Raad, die sekondering van personeel vanaf die verantwoordelike Department en administratiwe maatreëls.
Klousule 17. Inkomste wat aan die Provinsiale Inkomstefonds, die Drankraad of munisipaliteite toeval -- Die inkomste wat uit die lisensiestelsel voortspruit, word deur hierdie klousule toegewys.
HOOFSTUK 4
ROL VAN MUNISIPALITEITE
Klousule 18. Munisipaliteite as agente van die Raad en as bevoegde lisensieowerhede
Hierdie klousule maak voorsiening vir die aanstelling van munisi­paliteite as agente van die Drankraad en as bevoegde lisensieowerhede en omskryf hulle funksies as agente en magte as bevoegde owerhede.
Klousule 19. Drankforums -- Hierdie kousule maak voorsiening vir die daarstelling en samestelling van drankforums deur behoorlik aangestelde en bev­oegde munisipaliteite.
HOOFSTUK 5
Klousule 20. Lisensies en permitte -- Voorsiening word in hierdie klousule gemaak vir die vereiste om die houer van 'n dranklisensie of permit te wees om drank te vervaardig of te verkoop, asook die skepping van 'n gepaard­gaande misdryf.
Klousule 21. Kategorieë van lisensies -- Hierdie klousule maak voorsiening vir vyf kategorieë van lisensies.
Klousule 22. Kategorieë van permitte -- Hierdie klousule maak voorsiening vir twee kategorieë van permitte.
Klousule 23. Kriteria vir die toestaan van lisensies -- Hierdie klousule bepaal die gronde waarop aansoeke vir lisensies en permitte oorweeg moet word.
Klousule 24. Diskwali.sering van aansoekers -- Voorsiening word in hierdie klousule gemaak vir die gronde vir diskwali.kasie van aansoekers vir lisensies en permitte.
Klousule 25. Lisensiëringsprosedure -- Hierdie klousule bepaal waar aansoeke vir lisensies en permitte ingedien moet word.
Klousule 26. Kennis van aansoek --Die vereiste openbare kennisgewings en ad­vertensies sowel as die persone aan wie kennis gegee moet word deur aansoekers en die munisipaliteite of die Drankraad word bepaal.
Klousule 27. Aansoeke ter insae -- Hierdie klousule bepaal die openbare insaepro­sedures vir lisensie-aansoeke.
Klousule 28. Vertoë-- Voorsiening word gemaak vir die indiening van vertoë betreffende lisensie-aansoeke deur belanghebbendes en die vereiste proses met betrekking daartoe.
Klousule 29. Aanstuur van dokumente --Voorsiening word gemaak vir die versend­ing van lisensieaansoeke en verwante dokumente deur die munisipaliteit aan die Raad.
Klousule 30. Oorweging van aansoeke -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die oorweging van aansoeke deur die Drankraad en die gepaardgaande prosedure.
Klousule 31. Geskiktheid van persele -- Hierdie klousule verhoed die uitreiking van lisensies waar die aansoekers nie oor die reg beskik om die perseel vir die gemagtigde doel te benut nie.
Klousule 32. Onvolledige persele -- Hierdie klousule verhoed die uitreiking van lisensies totdat die perseel voltooi is.
Klousule 33. Onderwys en opleiding -- Hierdie klousule maak voorsiening vir verpligte opleiding van aansoekers of hulle werknemers deur die Raad.
Klousule 34. Voorwaardelike goedkeuring -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die oplegging van opskortende voorwaardes vir die uitreiking van lisensies deur die Raad.
Klousule 35. Uitreiking van lisensies en permitte -- Hierdie klousule maak voors­iening vir die uitreiking van lisensies en permitte na goedkeuring van aansoeke
Klousule 36. Dood of onbevoegdheid van aansoeker -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die voortsetting van aansoeke na die afsterwe of onbevoegdheid van die aansoeker voor .nale oorweging van die aansoek.
HOOFSTUK 6
VOORWAARDES VIR LISENSIES
Klousule 37. Standaardlisensievoorwaardes -- Hierdie klousule stel die vereiste dat drank slegs vir binne of buite verbruik in ooreenstemming met die toepaslike lisensiekategorie verkoop word en maak voorsiening vir die reg van kleinhandelsvoedselwinkels om tafelwyn vir buiteverbruik­doeleindes te verkoop.
Klousule 38. A.ewering -- Die vereistes vir die a.ewering van drank word in hierdie klousule voorgeskryf.
Klousule 39. Finansiële belang -- Hierdie klousule verseker dat slegs die lisensie­houer op die gelisensieërde perseel in drank mag handel in terme van die lisensie en veranderinge in die .nansiële belang van die gelisensieërde besigheid mag slegs met die goedkeuring van die Drankraad plaasvind.
Klousule 40. Bestuur -- Hierdie klousule skryf die prosedure en vereistes voor ten einde bevredigende bestuur van gelisensieërde persele deur natuurlike persone wat aan vasgestelde standaarde voldoen, te verseker.
Klousule 41. Veranderings aan gelisensieërde persele -- Veranderings aan die ge­lisensieërde perseel of die aard van die besigheid benodig die Drankraad se goedkeuring.
Klousule 42. Kinders -- Hierdie klousule reguleer die verkoop en verskaffing van drank aan persone onder die ouderdom van agttien.
Klousule 43. Werkgewers en werknemers -- Die verhouding tussen werkgewer en werknemer aangaande die verskaffing van drank aan die werknemer word deur hierdie klousule gereël.
Klousule 44. Toegang tot gelisensieërde persele -- Hierdie klousule reël die toegang tot gelisensieërde persele deur persone onder die ouderdom van agttien jaar.
Klousule 45. Berging van drank -- Die klousule reguleer berging van drank deur lisensiehouers.
Klousule 46. Plek van verkope -- Hierdie klousule bepaal die plek van verkope van drank deur lisensiehouers.
Klousule 47. Handelsure -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die vasstelling van drankhandelsure en -dae deur aangestelde munisipaliteite by wyse van verordening binne die voorgeskrewe minimum norme vasgestel in die klousule as ook vir die beperking van handelsure en -dae in spesi.eke gevalle deur die Drankraad.
Klousule 48. Hoeveelheid drank en hou van rekords -- Hierdie klousule bepaal die rekords van verkope van drank wat deur 'n lisensiehouer bygehou moet word, maak voorsiening vir die vasstelling van 'n maksimum hoeveel­heid drank wat deur 'n lisensiehouer op 'n enkele dag aan 'n persoon verkoop mag word en verbied die besit van meer as 'n voorgeskrewe hoeveelheid drank deur 'n ongelisensieerde persoon.
HOOFSTUK 7
PERMITTE
Klousule 49. Permit vir spesiale byeenkoms -- Die prosedure vir aansoeke vir spesiale geleentheidspermitte word in hierdie klousule voorgeskryf.
Klousule 50. Permit vir tradisionele Afrikabier--Die prosedure vir aansoeke om tradisionele Afrikabierpermitte word in die paragraaf voorgeskryf.
HOOFSTUK 8
GELDIGHEID EN HERNUWING VAN LISENSIES EN PERMITTE
Klousule 51. Geldigheid van lisensies en permitte -- Die tydperk van geldigheid van lisensies en permitte word in hierdie klousule bepaal.
Klousule 52. Outomatiese hernuwing van lisensies -- Hierdie klousule maak voors­iening vir die outomatiese hernuwing van lisensies en die gepaardgaande prosedure.
Klousule 53. Aansoeke om hernuwing -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die gevalle waar outomatiese hernuwing nie plaasvind nie en maak voors­iening vir aansoeke om hernuwing van lisensies.
HOOFSTUK 9
OORDRAGTE VAN LISENSIES
Klousule 54. Oordrag van lisensies -- Daar word voorsiening gemaak vir die prosedure vir die oordrag van lisensies aan nuwe lisensiehouers as ook vir die tussentydse aanstelling van die voornemende houers as bestuur­ders tydens die aansoekproses.
Klousule 55. Verlating van perseel en dood of onbevoegdheid van lisensiehouer-- Hierdie klousule voorsien maatreëls om beheer oor gelisensieërde persele te verseker waar die persele verlaat word of by die afsterwe of onbevoegdheid van die lisensiehouers.
HOOFSTUK 10
Klousule 56. Appélle na die Tribunaal-- Daar word voorsien vir die prosedure vir appélle en hersienings na die Tribunaal.
HOOFSTUK 11
VOLDOENING
Klousule 57. Voldoeningskennisgewings -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die uitreiking van voldoeningskennisgewings deur dranklisensie­inspekteurs en die gepaardgaande prosedure.
Klousule 58. Tussentydse bevele -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die uitreiking van tussentydse bevele deur die Drankraad, in gevalle waar geregverdigde klagtes ontvang is, in afwagting van .nale beslissing deur die Drankraad ten einde nakoming van vereistes deur lisensiehouers te verseker.
Klousule 59. Opskorting, intrekking en verval van lisensies -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die beëindiging van lisensies.
HOOFSTUK 12
WETSTOEPASSING
Klousule 60. Aanwysing en funksies van aangewese drankbeamptes en inspekteurs -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die aanstelling van aangewese drankbeamptes in die Suid Afrikaanse Polisiediens deur die Provinsiale Kommissaris en die aanstelling van dranklisensie-inspekteurs deur die verantwoordelike Minister en hulle verhouding met die Drankraad.
Klousule 61. Bevoegdhede van aangewese drankbeamptes en inspekteurs -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die magte van aangewese drankbeamptes en inspekteurs rakende die toepassing van geregtelike voorskrifte toepaslik op lisensiehouers.
Klousule 62. Bevoegdhede van vredesbeamptes in die algemeen -- Die magte van vredesbeamptes ten opsigte van die afdwing van geregtelike voorskrifte van toepassing op gelisensieërde persele word in die klousule vervat.
Klousule 63. Misdrywe -- Hierdie klousule maak voorsiening vir algemene mis­drywe met betrekking tot die verkoop, verskaffing of verbruik van drank wat nie reeds in ander klousules van die Wetsontwerp omskryf is nie.
Klousule 64. Misdrywe betreffende inligting -- Die oortredings wat in die klousule geskep word handel oor die verskaffing van inligting tydens aansoeke in terme van die Wetsontwerp en aan wetstoepassingsagente deur lisensie­houers en hulle werknemers.
Klousule 65. Misdrywe betreffende vergaderings van die Raad en die Appéltribunaal
Die oortredings wat in hierdie klousule geskep word handel oor die ordelike verloop van verrigtinge van die Raad en Appèltribunaal.
Klousule 66. Misdrywe betreffende polisiebeamptes en inspekteurs -- Die oortred­ings wat in hierdie klousule geskep word handel oor die dwarsboming van of inmenging in die uitvoering van die pligte van wetstoepassing­sagente.
Klousule 67. Motorvoertuie -- Hierdie klousule omskryf oortredings rakende die verbruik van drank in motorvoertuie wat op openbare paaie bestuur word.
Klousule 68. Diensstasies -- Hierdie klousule reguleer die verkoop, verskaffing en verbruik van drank op erwe waar diensstasies geleë is.
Klousule 69. Versuim om aan bevel van Raad te voldoen -- Hierdie klousule verseker die nakoming van bevele van die Drankraad.
Klousule 70. Middelike aanspreeklikheid -- Hierdie klousule verseker dat lisensie­houers aanspreeklik bly vir die onregmatige optrede van hulle werkne­mers op gelisensieërde persele.
Klousule 71. Vrystellings -- Hierdie klousule verskaf die lys van kategorieë van entiteite wat vrygestel is van die bepalings van die Wetsontwerp en maak voorsiening vir die bepaling van verdere vrystellings deur die Drankraad en die gepaardgaande prosedure.
Klousule 72. Getuienis -- Hierdie klousule skep maatreëls om die voorlegging van getuienies aan die Raad en tydens hofprosedure te vergemaklik.
Klousule 73. Gesondheidskennisgewings -- Hierdie klousule maak voorsiening vir die verpligte vertoon van goedgekeurde inligting aangaande gesond­heidsaspekte by afsetpunte vir die verkoop of verskaffing van drank.
Klousule 74. Boetes -- Hierdie klousule bepaal gepaste boetes vir misdrywe wat deur die Wetsontwerp geskep word.
HOOFSTUK 13
REGULASIES, OORGANGSBEPALINGS, HERROEPING VANWETGEWING EN KORT TITEL
Klousule 75. Regulasies -- Hierdie klousule verleen aan die verantwoordelike Min­ister die mag om regulasies uit te vaardig in ooreenstemming met die wetsontwerp.
Klousule 76. Oorgangsbepalings -- Hierdie klousule verseker die deurlopendheid in die drankbedryf vanaf die bepalings van die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989).
Klousule 77. Herroeping van bepalings -- Hierdie paragraaf herroep die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989).
Klousule 78 Kort titel -- Hierdie klousule verskaf die kort titel van die Wetsontwerp en maak voorsiening vir die promulgasie van die Wetsontwerp.
