BOEK
Met Biblioteekweek se tema Ons sterre sê lees! het ons besluit om van ons skrywer­sterre te nader om groot en klein te kom motiveer om te lees. Die kinderboek­skrywer, Marianna Brandt en illustreerder, Tanja Joubert, het hierdie praatjie met groot entoe­siasme kom aanbied. Gewapen met 'n hokkie vol verskillende sterte en interessante staaltjies oor die Stoutsterte en Magrietjie Swaaiboude, het hulle groot en klein aan hulle lippe laat hang!
Ook vir die leeskring was dit 'n belewenis om te hoor hoe kinderboekskywers en illustreer-ders te werk gaan om lekker, genotvolle boeke vir kinders te skep. Ons was verstom oor hoeveel navorsing elke boek voorafgaan. Voor­waar geen kinderspeletjies nie!
Of ons sterre kinders en grootmense gemotiveer het om te lees? Geoordeel na die stormloop en lang waglys vir die Stoutsterte en Magrietjie Swaaiboude, de.nitief! (Van die kindertjies het so bietjie met die name gesukkel en kom vra vir die Stoutgatsterte!)
Marianna het grootgeword in Namibië waar Afrikaanse storieboeke maar skaars was. Haar ma het hulle egter letterlik stories saam met hul pap gevoer. Marianna glo dat al die stories wat haar ma vir hulle gelees het, haar gehelp het om kreatief te dink. Op twaalfjarige ouderdom het sy haar eerste verhaal geskryf en op band opgeneem, met byklanke. Die bure se seuns is genooi en hulle eie radioverhaal is gemaak!
Marianna het na skool as mediese tegnoloog gekwali.seer en vir tien jaar in 'n laboratorium gewerk. Ná 'n oorsese reis het sy egter besluit dat dié vier mure haar nie weer gaan sien nie.
Haar besluit om by die SAUK te gaan werk, het indirek 'n ontluikende skryftalent laat bloei. Sy het onder meer 50 stories vir die kinder­program, Siembamba, geskryf. In 1985 word haar eerste boek gepubliseer, naamlik, Poppie Dot van die Kaap. Na die kinderstories het draaiboeke vir televisie sowel as navorsing en vervaardiging van programme vir die televisie-reeks Uit en Tuis gevolg.
Haar skrywersloop­baan het egter eers regtig posgevat met die verskyning van 'n reeks Aids-sterreboeke in 1992.
Skryf is vir Marianna 'n proses van verken­ning en inleef. 'n Storie word nie oornag uitgedink nie en jy moet passievol in die lewens van jou karakters inklim. Jy moet jou karakters dus baie goed ken.
Hoewel sy ook ander stories skryf, lê kinderboeke haar na aan die hart. Sy dink dierekarakters vind veral byval by kinders omdat jy nie polities korrek hoef te wees nie. Muise is muise en honde is honde.
Marianna se boeke is al in verskeie tale vertaal en word gelees in Gambië, Ghana, Namibië, Kenia,
Haar boeke word net soveel deur grootmense as kinders geniet. Verroeste geskiedenis-kennis kan ook lekker opgeknap word!
Sy werk tans vir nege uitgewers. Haar werk wissel van opvoedkundige leesstof en teksboeke tot stories, radio-dramas en stories vir die kommersiële mark. Haar hoofdoel is om boeke te skryf waarmee kinders hulleself kan identi.seer. Stories moet kinders bemagtig. Hulle leer deur stories, hulle leer hoe om moei­like situasies te hanteer (soos dood en rampe) deur die ervarings van die boekkaraktertjies. Kinders leer ook hoe om planne te maak en hoe om uit moeilike situasies te kom.
Marianna se droom is om eendag 'n animasie-teks vir een van haar stories te skryf.
Poppie-Dot van die Kaap is haar eerste kinder-boek wat in 1985 verskyn het en is in 1993 op­gevolg met Poppie-Dot by die Grootrivier.
Die geheim van die toringkamer verskyn in 2001 as deel van 'n avontuurreeks van Human & Rousseau en is 'n ligte spanningsverhaal vir die jeug.
Die Stoutsterte - van Texel tot Tafelbaai het verskyn na aanleiding van die 350ste bestaans-jaar van die Kaap in 2002. Marianna wou die verhaal van Jan van Riebeeck aan kinders vertel - en só beland die muise saam met Jan van Riebeeck op die skip en al die feite kom daarmee saam.
Op die skip beleef hulle baie avonture saam met die res van die bemanning. Volgens opgetekende bronne was daar wel muise aan boord van die skip wat saam met Jan van Riebeeck aan die Kaap aangekom het.
Vir haar navorsing het sy joernale en Jan van Riebeeck se dagboek geraadpleeg. Behalwe vir Marianna se muise wat kan praat, is die res van die gebeure op die skip dus geboekstaaf!
Aan die Kaap aangekom moes die muise blyplek kry, want daar was nog nie huise toe Jan van Riebeeck geland het nie. Hulle het dus met 'n effense probleem gesit. Op hierdie manier ontmoet hulle die streepmuise van die Kaap wat in die veld bly en allerhande gruwelike goed eet! Die tweede Stoutstert-boek, Die Stoutsterte - poot aan wal handel oor die Stoutsterte se wedervaringe aan die Kaap.
Markus Stermuis en die Sojoes 3...2...1! is gebaseer op Mark Shuttleworth se ruim­tereis na die Internasionale Ruimtestasie saam met 'n Rus en 'n Italianer en verskyn in 2003. Marianna wou kinders hierdie avontuur laat beleef deur 'n muis saam met Mark die reis te laat meemaak. In Sterstad aangekom ontmoet Markus 'n Italiaanse en 'n Russiese muis wat die reis saam met hom wil meemaak. Die drie muise gaan dan ook deur dieselfde voorbereidingsprogram as die drie ruimtevaarders en saam met Pommelina die tosselpop, Bephu die beertjie en Froggel die padda vertrek hulle na die Internasionale Ruimtestasie.
Marianna en Tanja het ook vir hierdie boek deeglik navorsing gedoen voordat hulle begin het. Marianna se navorsing het haar, onder andere, gelei na Mark Shuttleworth se ouers (toe mev Shuttleworth opmerk dat hulle muise in hulle tuin het, het Marianna dadelik haar karakter gehad wat saam sou reis!). Die res van haar navorsing het sy gedoen by die Ruimte-Instituut self. Weereens ervaar Markus Grysmuis, Joerie Muisenof en Viktori Kaasetti dieselfde opwinding as Mark Shuttleworth en sy mede-reisigers, op 'n lewensgetroue wyse!
Die avonture van Magrietjie Swaaiboude is geïnspireer deur die verhaal van Phillip Kotzé, 'n hemipleeg van George en sy Lab­rador-hond, Magrietjie. Samuel, 'n kokketiel, en ook deel van Phillip se huishouding, vorm deel van die storie. Dié driemanskap toer George se strate met 'n omgeboude .ets waarop besighede hulle dienste adverteer. Middagetes word by verskillende restaurante geborg en Sondae by die ouetehuis.
Magrietjie se gunsteling-eetplek het pasteie verkoop. Omdat Magrietjie bietjie oorgewig was, het Phillip haar verbied om vir pasteie te gaan vra, wat toe maar in elk geval skelm (en omkyk-omkyk!) agter die toonbank gaan bedel is! Magrietjie en Samuel het Phillip oral vergesel. Samuel is later die .iek belet om­dat hy te veel geraas het, maar met 'n doek oor die koutjie het Phillip daarin geslaag om Samuel stil te kry!
Magrietjie was baie gewild en het selfs as blommemeisie by 'n troue opgetree. Kerk toe gaan was dus geen aardigheid nie. Magrietjie van die boek is ongelukkig 'n jaar gelede deur 'n lorrie doodgery (sy was darem al bejaard!) en Phillip het 'n nuwe Labrador gekry, Magriet. 'n Regte tiener en vol nukke, maar Phillip is vol moed dat sy ook nog slim sal word.
Marianna en Tanja het 'n tyd lank op George gaan bly om al Magrietjie en Phillip se bedry­wighede dop te hou en só het Die avonture van Magrietjie Swaaiboude die lig gesien.
Dit is dus soms 'n foto, 'n artikel of net iets wat gebeur, wat as inspirasie dien vir 'n storie.
Marianna het so pas 'n volgende boek voltooi wat teen Maart 2008 op die rakke sal wees. Dit beloof om deur kinders sowel as grootmense geniet te word. Ons sien baie uit daarna!
Tanja Joubert wat die illustrasies vir Marianna se boeke doen, het aan die Hoërskool Tygerberg gematrikuleer en gra.ese kuns studeer. Behalwe Marianna se vier boeke (sy is besig met die vyfde!) het sy so pas ook die nuwe Haas Das geïllustreer. Voorheen het sy hoofsaak­lik illustrasies vir akademiese materiaal gedoen.
Voordat Tanja begin illustreer doen sy baie navorsing - somtyds maande lank. Die kos en kleredrag vir die Stoutsterte, byvoorbeeld, is eers deeglik nagevors voordat sy begin teken het. Die historikus, Dan Sleigh, se hulp is inge­roep wanneer sy vasgedraai het.
Tanja doen ongeloo.ik baie moeite wanneer sy nie antwoorde op haar vrae kry nie. Toe sy nêrens kon uitvind hoe die brode in 1652 gelyk het nie, het sy gaan navors hoe die broodpanne gelyk het, en haar illustrasies daarby aangepas.
Om haar illustrasies lewensgetrou te maak, het Tanja vir haar 'n muisstert laat maak en daarmee rondbeweeg. Só kon sy presies sien wat met 'n muis se stert gebeur wanneer hy beweeg!
Vir die illustrasies van Magrietjie Swaaiboude het sy soos 'n hond op die grond rondbeweeg, en besef dat 'n hond, byvoorbeeld, altyd opkyk!
Noue samewerking tussen skrywer en illus­treerder is uiters belangrik. Tanja se illustrasies weerspieël soms aksies wat nie noodwendig deur Marianna in die storie weergegee is nie. Die twee vul mekaar dus aan.
Na dese sal ek beslis met ander oë na kinder-boek-illustrasies kyk. Gewone prentjies is dit nie sommer nie - wel deeglike navorsing en baie harde werk!
Wat Marianna en Tanja se werk soveel meer merkwaardig maak, is die feit dat dit nie net vir hulle 'n werk is waarvoor hulle betaling ontvang nie, dit is 'n passie om ook op te voed en ken­nis aan die lesertjies oor te dra. Tussen die skrywery en illustreerdery maak hierdie twee ook nog tyd om lees en boeke by skole en boekwinkels te gaan bemark.
Twee talentvolle mense wat sowaar woeker met hulle talente tot voordeel van ons kinders!
Onder:
Die avonture van
Magrietjie Swaaiboude
Bo:
