Vredendal Hospitaal het weereens geskiedenis gemaak om vir 'n tweede keer as 'n baba-vriendelike hospitaal in die Wes-Kaap aangewys te word. Die eerste aanwysing het in 2001 geskied. Deurlopende harde werk en volharding is weereens deur die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO) en UNICEF beloon met hierdie gesogte internasionale toekenning. Voorwaar 'n voortrefllike en uitmuntende prestasie! Met die evaluering, betreffende die baba-vriendelike inisiatief, het die soeklig opnuut op borsvoeding, binne gemeenskapsverband, geval. Die gesondheid van ma-en kind en veral die optimale voedingstatus van kinders, is een van die belangrikste pilare vir 'n gesonde gemeenskap.
Om vir hierdie gesogte in aanmerking te kom, moes aan die volgende criteria voldoen word:
n Geskrewe borsvoedingsbel;eid wat deurlopend aan alle personeel gekommunikeer wordAlle personeellede wat direk by die lakterende en swanger vrou betrokke is, moet 'n 18 uur kusrsus ondergaan (15uur teorie en 3 uur praktika)Alle4 swanger vrouens moet gedurende die voorgeboorte tydperk ingelig wor betreffende die voordele van borsvoeding en hantering van borsvoeding.Daar binne 30 minute na die baba se geboorte met borsvoeding begin word - verkieslik op die kraambed, regte posisionering en vashegting wat aan pasiënt gewys moet word.Die pasgebore baba ontvang geen ander voiding - anders dan borsvoeding nie - tensy daar 'n mediese rede by die moeder of baba is.Die moeder en baba word toegelaat om 24uur van die dag bymekaar te wees - die ma en baba mag nie vir langer dan een uur van mekaar geskei word nie omdat sekere prosedures uitgevoer moet word.Borsvoeding geskied op aanvraag, m.a.w. geen horlosie word aanbeveel nie. Die baba drink wanneer hul tekens en/of behoefte toon. Die baba word toegelaat om vir solank hy wil en hoeveel keer hy wil te drinkGeen tiete, tepelskerms of fopspene word toegelaat nie aangesien dit tepelverwarring veroorsaak.Borsvoedingondersteuning is 24uur beskikbaar in die vorm van ondersteuningsgroepe en die dienste van die hospitaal is voortdurend beskikbaar.Geen bemarking word toegelaat nie, - m.a.w. geen tiete of bottles, fopspene, formule melk of enige produk van melkmaatskappye word in die hospitaal toegelaat nie.
Die inisiatief het uiteraad groot besparings by die hospitaal beweeg gebring:
Daar was geen aankope van formule melk nie.
Daar was ook geen aankope van tiete, bottels en middles vir sterilisering nie.
Die melkkombuis is gesluit
Die moeder is baie nou by die kind betrokke en so word aan verpleeg-mannekrag gespaar.
Die rede waarom hierdie wêreldwyse strategie van borsvoeding deur die WGO en UNICEF aangemoedig word, is om baises wanvoeding onder babas te voorkom. Wanvoeding is 'n wëreldwye verskynsel en 'n groot probleem in Suid-Afrika en derhalwe in die Wes-Kaapse gemeenskappe. Werkloosheid het onder andere tot gevolg dat babas minder voiding ontvang omdat moeders os geld wil bespaar. Borsvoeding het natuurlik 'n geweldige groot uitwerking op die baba se immuniteitstelsel en bied veral beskerming teen infeksies aangesien borsmelk baie hoë voedingswaarde het. Borsvoeding, as sodanig, is meer economies en die voordeel daarvan is dat babas op enige tydstip en plek gevoed kan word.
Huidiglik hanteer Vredendal Hospitaal gemiddeld 100 bevallings per maand. Om dus hierdie status te kon verwerf het 'n gevestigde suksesvolle borsvoedingsprogram geverg. Daar word gehoop dat ander hospitale in die streek/provinsie die voorbeeld en leiding van Vredendal Hospitaal gestel het, navolg.
