






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Misdaad, Regte en Justisie > Hof- en Regsdienste > Die Verkryging van Regshulp

Die Verkryging van Regshulp




BESKRYWING:

Indien u nie 'n prokureur kan bekostig nie, kan u regshulp ontvang (finansile bystand vir die betaling van prokureurskoste). U sal 'n 'middeletoets' moet slaag, wat beteken dat u moet toon dat u minder as 'n bedrag wat deur die Regshulpraad vasgestel word, verdien. Die omvang van hierdie bedrag hang daarvan af of u enkellopend of getroud is, en verander van tyd tot tyd. U moet ook toon dat u nie ander 'likiede bates' het, soos geld in 'n spaarrekening, wat gebruik kan word om u regskoste te betaal nie. U kan regshulp slegs vir sekere tipe sake ontvang.

In die volgende gevalle is regshulp NIE beskikbaar nie:
* Vir 'n kriminele saak waarvoor u skuldig gaan pleit.
* Vir verkeersoortredings, dronkbestuursake ingesluit.
* Vir handelsmisdaadaanklagte soos bedrog.
* Vir 'n aanklag van dwelmhandel.
* Vir 'n derde of latere kriminele aanklag vir dieselfde tipe oortreding.
* Vir 'n saak waar u nagelaat het om 'n skuldbedrag in paaiemente af te betaal soos deur die hof beveel.
* Vir 'n saak waar u boedel beredder gaan word omdat u nie u skuld kan betaal nie.
* Indien u die Regshulpraad self vir wanpraktyk dagvaar.
* Vir 'n onderhoudsaak wat deur die onderhoudsbeampte beslis kan word.
* In 'n aansoek om insolvent (bankrot) verklaar te word of om u boedel te beredder.
* Waar u iemand dagvaar (skadevergoeding eis) vir verhoudingverwante kwessies soos laster, verbreking van 'n belofte om te trou, skending van waardigheid of privaatheid, verleiding, owerspel, en vervreemding van toegeneentheid (die oorsaak dat u verloofde die verlowing verbreek het).


U kan regshulp ontvang vir 'n egskeidingsaak, maar NIE indien:
* daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat u weer met u gade versoen sal raak nie;
* die direkteur van die Regshulpraad van mening is dat u en u gade nie 'n groot genoeg poging aangewend het om tot 'n ooreenkoms te kom nie;
* u voorheen regshulp gebruik het om vir egskeiding te dagvaar, maar daarna besluit het om nie met die egskeiding voort te gaan nie, of
* daar geen kinders by die egskeiding betrokke is nie.


U kan regshulp ontvang vir 'n arbeidsaak:
* indien u onbillike ontslag beweer (indien u onbillik afgedank is), solank u eis binne die tydbeperkings wat deur die Wet op Arbeidsverhoudinge gestel word, gemaak word, of
* om 'n merieteverslag te eis. Regshulp sal egter geweier word indien daar goeie rede is om te vermoed dat u doelbewus nie 'n werk aanvaar nie of dat u 'n werk bedank met die doel om regshulp te ontvang.

U kan ook regshulp ontvang vir applle teen al die tipes sake wat hierbo gelys word, of dit krimineel is of siviel (sake waar u dagvaar of gedagvaar word). Vir appellering moet die direkteur van die Regshulpraad ook van mening wees dat u 'n redelike kans op sukses het.


VOORSKRIFTE:

Gaan na 'n Regshulpraad-takkantoor of, indien daar nie een in u omgewing is nie, na die naaste landdroshof om navraag te doen oor regshulp. Elke landdroshof beskik oor 'n regshulpbeampte wat u sal help met regshulpnavrae.

Die regshulpbeampte sal vasstel of u aan die middeletoets voldoen en of u saak binne die bestek van die riglyne wat deur die Regshulpraad gestel word, val. Indien u kwalifiseer, sal 'n prokureur 'n "regshulpopdrag" ontvang om u saak te behartig. 'n Prokureur het die reg om 'n regshulpopdrag te weier, maar dit gebeur gewoonlik nie. Indien die persoon wel weier, kan die regshulpopdrag aan 'n ander prokureur gegee word.

Neem asseblief kennis dat die Regshulpraad nie 'n gratis regsadviesdiens is nie. Dit verskaf finansile ondersteuning vir regsake aan armes wat nie regskoste self kan dra nie. U kan egter regsadvies en hulp ontvang van regsklinieke aan universiteite, en dikwels ontvang hierdie klinieke ook regshulpopdragte van die Regshulpraad. Op Stellenbosch is die twee organisasies in dieselfde gebou.

Regshulpraadkantore (ook Regsentrums genoem)

Athlonetak:
2de Vloer, Melofinsentrum, Ou Klipfonteinweg
Tel: 021 697 5252
Faks: 021 697 5316

Kaapstadtak:
5de Vloer, Nedbankgebou, St George-wandellaan, Kaapstad
Tel: 021 426 4126
Faks: 021 426 5766

Stellenboschtak:
1st Vloer, Eikestadwandellaan, Stellenbosch
Tel: 021 882 9221
Faks: 021 882 9237

Worcestertak:
Russelstraat 60, Worcester
Tel: 023 348 4040
Faks: 023 348 4051


Regshulpraad-hoofkantoor
Tel: 011 877 2000
Faks: 011 877 2222
Hulpkantoor: 086 1053 425
E-pos: talk@legal-aid.co.za
Webwerf: http://www.legal-aid.co.za/index.php

Universiteitsregshulpklinieke:

Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) Regshulpkliniek
Ou Biblioteekgebou
Universiteit van die Wes-Kaapkampus
Modderdamweg, Bellville
Aanwysings na UWK
Tel: 021 959 2756
Faks: 021 959 2747

Universiteit van Kaapstad (UK) Regshulpkliniek
Kamer 4.39, Wilfred en Jules Kramerregsgebou
Middelkampus, Universiteit van Kaapstad
Stanleystraat 1, Rondebosch
Oor UK se Regshulpkliniek
E-pos: uctlawclinic@law.uct.ac.za
Tel: 021 650 3551
Faks: 021 650 5665
Universiteit van Stellenbosch (US) Regshulpkliniek
Banghoekweg 44, Stellenbosch
Oor US se Regshulpkliniek
E-pos: ck@sun.ac.za
Tel: 021 808 3432 / 3925
Fax: 808 3720


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Landdroshof
* Regshulpkantore


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Regshulpraad





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Law Society of South Africa Legal Information Website (Skakel) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 Junie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





