TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Landbou
Saaiboerdery
Diens vir die Diagnosering van Plantsiektes
Diens vir die Diagnosering van Plantsiektes
BESKRYWING:
Die Plantpatologielaboratorium by Elsenburg bied 'n diens vir die diagnosering van plantsiektes aan die publiek van die Wes-Kaap.
Die spesialisasieterrein is siektes wat groente, kleingraansoorte, peulgewasse en canola aantas.
Die toetse wat die laboratorium uitvoer, is op die identifisering van siektes gemik wat organismes van die volgende tipes tot gevolg het:
Swamme
Virusse
VOORSKRIFTE:
Ten einde die toetse uit te voer, word die volgende monsters benodig:
Heel plante (waar moontlik)
Sade
Vrugte (vir na-oes-siektes)
Monsters moet van 'n voorleggingsvorm vergesel word wat op die Elsenburg Webwerf verkry kan word.
Die monsters moet in so 'n toestand ontvang word dat hulle geskik sal wees vir die uitvoer van standaard-plantpatologietoetse.
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou en sy werknemers aanvaar geen verantwoordelikheid vir die resultate van die ondersoeke nie.
Vir verdere inligting, skakel asseblief:
Tel: 021 808 5269
VERSKAF BY:
Kantoor van die Wes-Kaapse Departement van Landbou
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Vanaf 1 April 2006 sal die tariewe soos volg wees:
Toets vir swamme (konvensioneel): R150
Die tariewe vir saadtoetse wissel na gelang van die organisme waarvoor getoets word. Elke geval word indiwidueel gehanteer.
Tariewe sluit BTW in, en is aan periodieke prysverhogings onderworpe.
Fakture word per pos aan die verantwoordelike persoon gestuur, soos deur die kliënt op die voorleggingsvorm aangedui.
VERWANTE INLIGTING
Kontrolering van die Gehalte van en Versekering van die Gesondheid van Plante (Diens)
Onkruiddoder-adviesdiens (Diens)
Oesvoeding Adviserende Diens (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 April 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
