TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Polisie
Word 'n Polisiereservis
Word 'n Polisiereservis
BESKRYWING:
Polisiereserviste is vrywilligers uit die gemeenskap wat dieselfde magte en pligte as die polisie het terwyl hulle aan diens is. Om 'n polisiereservis te wees, moet hy nie 'n misdaadgeskiedenis het nie, en moet jy minstens matriek geslaag het.
VOORSKRIFTE:
Gaan na jou naaste polisiekantoor en vra om met die reservistekoördineerder te praat. Jy sal 'n aantal aansoekvorms moet invul en jou vingerafdrukke moet laat neem. Die aansoekvorms sal verwerk word en deur 'n keuringskomitee oorweeg word. Jy sal ook voor die keuringskomitee moet verskyn.
As jy voldoen aan al die kriteria en die keuringskomitee besluit om jou aansoek goed te keur, sal jy oor 'n tydperk van ses maande in polisiewerk opgelei word, wat vuurwapenopleiding insluit. As jy die opleiding suksesvol voltooi het, sal jy 'n sertifikaat van aanstelling en 'n uniform kry. 'n Vuurwapen sal ook aan jou uitgereik word, wat jy kan gebruik wanneer jy aan diens is; dit bly by die polisie wanneer jy van diens af is. 'n Vuurwapen sal nie aan jou uitgereik word as jy nie die vuurwapenopleiding slaag nie.
Jou skofte sal deur die stasiebevelvoerder bepaal word, volgens die misdaadtendense in die gebied en die tye waarop jy beskikbaar is. Reserviste is vrywilligers wat die gemeenskap wil dien en word nie betaal vir hulle werk wanneer hulle aan diens nie. Hulle het egter dieselfde magte en pligte as enige polisielid terwyl hulle aan diens is.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Januarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
