TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Vuurwapens
Die Verkryging van 'n Vuurwapenlisensie
Die Verkryging van 'n Vuurwapenlisensie
BESKRYWING:
Nuwe Vuurwapen-wetgewing vanaf 1 Julie 2004
Hoe om Aansoek te Doen om 'n Lisensie
Vir Hoe Lank is 'n Lisensie Geldig?
Hoeveel Vuurwapens Kan Een Persoon Besit?
Wat Gebeur met my Huidige Lisensie?
Wat is my Verantwoordelikhede as ek 'n Vuurwapen Besit of Wil Besit?
NUWE VUURWAPEN-WETGEWING GELDIG VANAF 1 JULIE 2004
Op 1 Julie 2004 het nuwe vuurwapen-beheermaatreëls in werking getree. Die wetgewing wat op die lisensiëring van vuurwapens van toepassing is, is die Wet op Vuurwapenbeheer. Dié wet vereis dat mense wat vir vuurwapenlisensies aansoek doen 'n bevoegdheidstoets moet ondergaan. Bestaande vuurwapeneienaars moet in die tydperk tussen 2004 en Desember 2006 hulle lisensies hernu.
Kragtens die Wet sal mense wat om vuurwapenlisensies aansoek doen, bevoegdheidstoetse moet ondergaan. Die SAPD sal bevoegdheidsertifikate uitreik aan suksesvolle kandidate, wat dan die reg sal hê om vuurwapens te besit.
VOORSKRIFTE:
HOE OM AANSOEK OM 'N LISENSIE TE DOEN
Om 'n vuurwapenlisensie te kry moet jy:
n bevoegdheidsertifikaat kry aansoek doen om 'n lisensie.
Die bevoegdheidsertifikaat is 'n nuwe aspek van vuurwapenlisensiëring in Suid-Afrika. Om vir die sertifikaat te kwalifiseer moet die aansoeker:
-jaar oud wees n agtergrondtoets slaag nie 'n misdaadgeskiedenis vir 'n verskeidenheid oortredings hê nie die wet ken weet hoe om 'n vuurwapen te hanteer (jy moet 'n basiese opleidingkursus by 'n geakkrediteerde instelling voltooi).
Die sertifikaat is vir vyf jaar geldig en moet van krag wees wanneer om die lisensie aansoek gedoen word.
Die polisie of 'n hof moet verklaar dat jy bevoeg is om 'n vuurwapen te hê. Die verklaring is vyf jaar lank geldig.
Om aansoek te doen om die bevoegdheidsertifikaat moet jy die aansoekvorm (SAPD 517) voltooi en by die Aangewese Vuurwapen-beampte (AVB) by jou naaste polisiekantoorindien. Die SAPD het volledige aanwysings opgestel oor hoe om die aansoekvorm vir 'n bevoegdheidsertifikaat in te vul.
As jy 'n geldige bevoegdheidsertifikaat het, kan jy om 'n vuurwapenlisensie aansoek doen. Om vir die lisensie aansoek te doen, moet jy:
n aansoekvorm (Vorm SAP 271) by die polisiekantoor naaste aan jou huis voltooi en 'n voorgeskrewe tarief betaal deur 'n belastingseël op die aansoekvorm te plak. Die SAPD het volledige aanwysings oor die invul van die vorm saamgestel.
n vorm onderteken dat jy bewus is van die wet wat op vuurwapeneienaars van toepassing is n verklaring aflê oor vorige veroordelings wat jy mag hê
jou vingerafdrukke laat afneem.
Net baie klein of satelliet-polisiekantore het nie 'n AVB nie. Selfs as 'n kantoor nie 'n AVB het nie, sal daar iemand by die polisiekantoor wees wat jou sal help. Die AVB sal jou help om die vorm te voltooi en 'n onderhoud met jou voer. Sommige AVB's vereis dat aansoekers vooraf 'n afspraak maak.
Nadat jy die aansoek ingedien het, sal die AVB 'n bevestiging van ontvangs-sertifikaat uitreik en dan jou aansoek verwerk. Die proses behels 'n kluis-inspeksiebesoek, waar die AVB jou huis besoek en seker maak dat jou kluis of brandkamer aan die vereistes voldoen. Daar kan ook telefonies of persoonlik 'n onderhoud met jou maat of werkgewer gevoer word. Die AVB sal ook jou misdaadgeskiedenis of geskiedenis van huishoudelike geweld nagaan, en seker maak of jy reeds 'n vuurwapenlisensie het.
As al die besonderhede nagegaan is, sal die AVB die aansoek en ondersteunende dokumente na die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) in Pretoria stuur, saam met 'n aanbeveling oor of 'n lisensie toegestaan moet word of nie. Die SVR neem dan 'n finale besluit. Die hele proses duur omtrent twee maande as daar geen probleme met die aansoek is nie. As 'n lisensie geweier word, kan jy appelleer.
VIR HOE LANK IS DIE LISENSIE GELDIG?
Alle vuurwapenlisensies moet:
vir sake-doeleindes elke twee jaar vir selfverdediging elke vyf jaar vir jag- of sportskiet elke tien jaar hernu word
HOEVEEL VUURWAPENS MAG EEN PERSOON BESIT?
Die wet beperk, afhangende van jou behoeftes, die aantal vuurwapens waarvoor jy 'n lisensie kan kry:
Een vuurwapen vir selfverdediging.
Tot vier vuurwapens vir geleentheidsjagters of sportskuts (maar net een handwapen).
Daar is geen beperking op toegewyde jagters en sportskuts nie, maar jy moet bewys dat jy 'n lid is van 'n jag- of sportorganisasie en bykomende vuurwapens nodig het.
Daar is geen beperking op mense wat vuurwapens gebruik vir sakedoeleindes, byvoorbeeld sekuriteitsmaatskappye, vuurwapeninstrukteurs en wildjagters nie, maar streng voorwaardes geld.
WAT GEBEUR AS EK 'N BESTAANDE LISENSIE HET?
As jy 'n vuurwapen besit wat kragtens die ou wetgewing gelisensieër is en die lisensie was op 30 Junie 2004 van krag, is die lisensie geldig totdat dit kragtens die nuwe Wet op Vuurwapenbeheer hernu word. Daar is 'n skedule waarvolgens jy die lisensie moet hernu. Die skedule hou met jou geboortedatum verband.
Geboortedatum
Jaar van Lisensiehernuwing
As jy voor 30 Junie 2004 'n aansoek om 'n lisensie ingedien het, sal die aansoek steeds verwerk word.
WAT IS MY VERANTWOORDELIKHEDE AS EK 'N VUURWAPEN WIL BESIT?
Jy moet basiese opleiding by 'n geakkrediteerde instrukteur ondergaan. Die SAPD reik bevoegdheidsertifikate aan alle geakkrediteerde instrukteurs uit.
Jy mag 'n vuurwapen net by 'n geregistreerde handelaar koop.
As jou vuurwapen verlore raak of gesteel word, of as jou dokumente beskadig word, moet jy dit by die polisie aanmeld.
Jy mag net 200 patrone vir elke vuurwapen wat jy besit, hê en jy mag net ammunisie besit wat vir 'n spesifieke vuurwapen geskik is. (Dit geld nie vir toegewyde jagters of sportmense nie.)
NOG INLIGTING
As jy nog inligting nodig het kan jy met die Aangewese Vuurwapenbeampte by jou naaste polisiekantoor in verbinding tree. Jy kan ook die vuurwapen-inbelsentrum tydens kantoorure by 012 353 6111 skakel of e-pos stuur aan firearms@saps.org.za.
Soek ook deur die SAPD-webblad vir alle wetgewing, opdragte en vorms wat met vuurwapenlisensies verband hou.
VERSKAF BY:
Polisiestasies
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Beslaglegging op (afneem van) 'n vuurwapen (Diens)
Vuurwapenbeheer Vorms (Vorm)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
