






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Misdaad, Regte en Justisie > Gemeenskapspolisiring > Die Stig van 'n Stadsverbeteringsdistrik (SVD)

Die Stig van 'n Stadsverbeteringsdistrik (SVD)




BESKRYWING:

Stadsverbeteringsdistrikte (SVD's) is maatskappye sonder winsmotief wat eienaars van eiendomme (belastingbetalers) verteenwoordig in 'n geografiese gebied binne 'n munisipaliteit. 'n SVD gaan 'n ooreenkoms aan met die munisipaliteit dat meer geld ('n SVD-heffing) in die gebied gehef kan word van belastingbetalers in die gebied bo en behalwe die normale diensheffings. Die ekstra geld word gebruik om dienste in die gebied 'aan te vul' in die gebied wat gedek word deur die SVD. Die ekstra dienste sluit gewoonlik bykomende veiligheid en opruiming in. SVD's is in die verlede ook Handelsverbeteringsdistrikte genoem.

'n Voorbeeld van 'n bestaande Stadsverbeteringsdistrik is die Kaapstadse Stadsverbeteringsdistrik. Di SVD dek die gebiede wat begrens word deur di strate in die middestad van Kaapstad: Buitengracht, Buitensingel, Oranje, Greyspas, Koningin Victoria, Waal, Spin, Plein, Roeland, Canterbury, Darling, Kasteel, Strand, Adderley, Heerengracht, Ou Mariene, Civic, Hertzogboulevard, Oswald Pirow en Tafelbaaiboulevard. Die Kaapstad-vennootskap bestuur die Kaapstadse Sentrale SVD.

Die dienskontrak tussen die Kaapstadse Sentrale SVD en die Stad Kaapstad s dat die Stad Kaapstad 30 vlakke van gewaarborgde diens moet verskaf in die Kaapstadse SVD-gebied bo en behalwe die normale dienste, in ruil vir die SVD-heffing.

Die SVD-heffing is 'n toegewyde heffing: die geld wat ingesamel word met die heffing moet na die SVD gaan. Dit beteken dat die heffing gebruik moet word vir dienste kragtens die sakeplan waaroor ooreengekom is deur die eiendomseienaars in die SVD en nie kan herversprei word vir gebruik buite die SVD nie. Heffings wat van eiendomseienaars geis word, word soms betaal deur die eiendomseienaars, of soms deurgegee aan die huurders, net soos met diensgelde gedoen word.
Daar is nog Kaapstadse SVD's in verskeie stadiums van ontwikkeling. Daaronder is die Groenpunt SVD, die Oranjekloof SVD, die Higgovale SVD, die Seepunt SVD en die Kampsbaai SVD, wat almal onder die Stad Kaapstad val.


VOORSKRIFTE:

Die Stad Kaapstad het in 2003 'n ordonnansie vir SVD's opgestel, wat op die oomblik deurgevoer word. Di ordonnansie omskryf die prosedure wat gevolg moet word vir die stig van 'n SVD in die Stad Kaapstad.

Enige eienaar van eiendom wat diensgeld betaal in die Stad Kaapstad-gebied kan aansoek doen by die Stad Kaapstad om goedkeuring vir 'n SVD. Die persoon wat aansoek doen moet al die koste betaal wat by die aansoekproses betrokke is. Die bestuursliggaam van die SVD wat uiteindelik gestig word kan van die koste aan die aansoeker terugbetaal as die aansoek suksesvol is.

In die proses moet 'n openbare vergadering adverteer word, die openbare vergadering moet gehou word om die SVD te bespreek, 'n geskrewe aansoek moet ingedien word, wat moet insluit 'n verbeteringsplan, die betaling van die geld aan die Raad, die adverteer van die aansoek en die oorweeg van besware teen die aansoek, die verkry van 'n besluit deur die Stadsraad en die inwin van die steun van die meerderheid van die belastingbetalers.

Die geskrewe aansoek moet die geskrewe goedkeuring h van minstens 25% van die aantal eienaars van heffingpligtige eiendomme in die gebied, en di eienaars moet 25% verteenwoordig van die diensgeld-gegronde waarde van die eiendomme in die gebied.

As die Raad die aansoek goedkeur, moet die SVD binne ses maande na die goedkeuring van die aansoek die geskrewe toestemming kry van eiendomseienaars in die gebied wat gesamentlik minstens 50% besit van al die eiendomme in getal en minstens 50% van die diensgeldbasis.

Eers nadat di meerderheidsooreenkoms bereik is, kan die bestuursliggaam die Stadsverbeteringsdistriksplan instel. Die bestuursliggaam moet 'n maatskappy sonder winsmotief wees (gestig kragtens Artikel 21 van die Maatskappyewet), wat gestig moet word voor die instelling van die Stadsverbeteringsdistriksplan.

Die Nasionale Regering stel op die oomblik 'n nuwe wet op genaamd die Wetsontwerp op Plaaslike Regeringseiendomsbelasting. Die nuwe wet maak voorsiening vir 'spesiale diensgeldgebiede' (klousule 19), en gee riglyne oor hoe metropolitaanse munisipaliteite soos Kaapstad spesiale diensgeldgebiede moet hanteer. SVD's is spesiale diensgeldgebiede. Enige ordonnansie wat deurgevoer word sal moet voldoen aan die nuwe wet. Daar is op die oomblik net een metropolitaanse munisipaliteit in die Wes-Kaap, naamlik die Stad Kaapstad. Die Afbakeningsraad besluit watter gebiede metropolitaanse munisipaliteite is.
Skakel vir navrae oor die Konsep-Ordonansie oor die Verbetering van die Stad Kaapstad asseblief:
Shirley Alexander
Stad Kaapstad
Burgersentrum, Hertzogboulevard, Kaapstad
Privaatsak X9181
Tel: 021 400 5941
Faks: 021 419 9697
Shirley.Alexander@capetown.gov.za

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Stad Kaapstad





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Final Draft City of Cape Town City Improvement District By-Law 2003 (Verordening) (File type: pdf; size: 262 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Kaapstadse Stadspolisie (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Julie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





