






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Projekte > Misdaad en Veiligheid > Gemeenskapspolisiring > Bambanani Teen Misdaad - 'n Veiliger Tuiste vir Almal di Feesseisoen

Bambanani Teen Misdaad - 'n Veiliger Tuiste vir Almal di Feesseisoen




DOEL:

Bambanani Teen Misdaad wil di 2004/2005 feesseisoen vir almal veiliger maak deur die polisie se sigbaarheid en toeganklikheid te verhoog op besige plekke, soos strande, treine en winkelsentrums.


BEGIN:

27 November 2004


EINDE:

31 Januarie 2005


STATUS:

Aan die gang


BESKRYWING:






'n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Paaie





'n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Strande





'n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Treine





'n Veiliger Tuiste vir Al ons Vroue en Kinders





'n Veiliger Tuiste vir Almal in ons Gemeenskappe




In die 2004/2005 feesseisoen sal die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe, saam met gemeenskapsvrywilligers en buurtwaglede deelneem aan die Veiliger Seisoenveldtog om seker te maak dat inwoners en besoekers 'n vreedsame en veiliger Kersfees en Nuwejaar geniet.



Bambanani Teen Misdaad 2003/2004

Verlede jaar se veiliger seisoenveldtog het die veiligste vakansieseisoen opgelewer wat die Wes-Kaap in 'n dekade beleef het.

Vergeleke met dieselfde seisoen die vorige jaar het:


Moorde met 34% afgeneem
Poging tot moord het met 31% afgeneem
Verkragting het met 12% afgeneem



Die veldtog word toegespits op:

* gemeenskappe - deur sekerheidsamptenare in ho-risiko woongebiede te ontplooi en 'n streng klokrel op sjebiens toe te pas
* strande - deur 'n verbod toe te pas op alkohol, bykomende sekerheid op strande te verskaf en vermaak te rel
* treine - deur sekerheid te verhoog, wat gereelde deursoekings en meer beskerming vir pendelaars insluit
* paaie - deur toe te slaan op dronkbestuur en padblokkades en spesiale howe op die N1 en N2 te hou.
* winkelsentrums, jeug- en gemeenskapsaktiwiteite - deur verhoogde sekerheid.



"Al ons wetstoepassingsagentskappe, gelei deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, saam met ons munisipale polisie, plaaslike wetstoepassers en verkeersbeamptes, in vennootskap met ons gemeenskapstrukture soos GPFs en Buurwagte, sal die feesseisoen ten volle ontplooi wees "



Minister Leonard Ramatlakane, Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid


Gebiede wat spesifiek geteiken word, sluit in:
* die Kaapse Vlakte
* die Boland
* die Suid-Kaap.




Bambanani ('n Xhosa-woord wat saamstaan/verenig beteken) is ontwerp om alle mense en vennote teen misdaad te verenig. Bambanani bou verhoudings tussen die polisie en die gemeenskappe op en spoor mense aan om hulle rol in misdaadvoorkoming te vervul.


 



GEBORG DEUR:

Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)




This content also available in English | Hierdie inhoud is ook beskibaar in Afrikaans | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Safer Festive Season 2004/ 5 kick-off (Nuus) (net in Engels beskikbaar)
* Bambanani: An Improved Service Delivery Methodology (Verslae en Navorsing) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Desember 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





