






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Droogte - Alles Moontlik Moet Nou Gedoen Word Om Boere By Te Staan - R9 Miljoen Addisoneel Bewillig

Droogte - Alles Moontlik Moet Nou Gedoen Word Om Boere By Te Staan - R9 Miljoen Addisoneel Bewillig


17 uNovemba 2004
UMTHOMBO WEENDABA iCandelo loMphathiswa Wezendalo, Ucwangciso Nophuhliso Loqoqosho (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

OPMERKINGS DEUR COBUS DOWRY, MINISTER VAN LANDBOU TYDENS 'N BESOEK AAN DIE PIKETBERG LANDBOUGEBIED EN 'N GESPREK MET BOERE OOR DROOGTE

Laat my toe om eerstens te s dat ek besondere simpatie en empatie het met boere wie hierdie jaar nie stropers op die lande gaan h om 'n oes in te bring nie. Ek het verneem van hartseer verhale van boere wat genoodsaak is om implemente te moet verkoop om veevoer te kan koop. U verlies en skade is die Wes-Kaap se verlies en skade en van u moet begin kyk na volgende jaar omdat daar hierdie jaar geen inkomste sal wees nie.

Vanaf regeringskant het ons tot sover alles moontlik gedoen om u by te staan en sal ek nog steeds alles moontlik doen om u lot te verlig. U het reeds verneem dat die nasionale regering R400 miljoen bewillig het vir droogtehulp. Hiervan gaan die Wes-Kaap slegs R9 miljoen ontvang. Hiervan moet R1 miljoen gebruik word vir die sink van nuwe boorgate. Ons is nog nie ingelig oor die riglyne vir die toekenning van die fondse en die boorgate nie. Dit moet nog geproklameer word. Laat my egter toe om te s dat my departement nie sal voete sleep met die uitbetaling van hierdie fondse nie.

Dit is egter duidelik dat daar nie net o op die regering moet wees vir hulp aan boere nie. Ek het reeds 'n maand terug gesprek gevoer met al ons groot kommersile banke en die Landbank waarin ek versoek het dat ons boere simpatiek hanteer moet word en dat krane, by wyse van spreke, nie summier toegedraai moet word nie. Dit sal vroeg in Desember opgevolg word met nog 'n gesprek.

Dit is egter duidelik dat meer rolspelers nou moet betrokke raak. Ek verwys na ons koperasies wie, net soos die banke, simpatiek moet staan teenoor ons boere. Vandag wil ek gebruik om 'n beroep op die besture van koperasies te doen om vir die volgende ruk met geduld, met begrip en met meelewing te handel teenoor ons boere veal die wat bitter swaar geraak word deur die knellende droogte.

Ander sfere van regering sal egter ook na die tafel moet kom met praktiese en tasbare hulp vir ons boere. Daarom doen ek vandag ook 'n beroep op munisipaliteite met droogte gebiede binne hulle geografiese areas van verantwoordelikheid om baie dringend en daadwerklik hulp te oorweeg vir ons boere of dit nou grondbelasting toegewings is, spesiale kortings op water en elektrisiteit ef enige ander vorm van hulp wat prakties moontlik is.

Ek wil u weer eens verseker van my voortgesette ondersteuning en wil ek vandag ook weer onderneem dat, waar u 'n bate is van die provinsie wat tydelik noustrop trek, ek alles moontlik sal doen om u las te verlig.

Navrae:
Alie van Jaarsveld
084 604 6701
021 483 4700





UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 17 uNovemba 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





