






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > P > Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe &gt Weskus

Weskus





In Oktober 1808 het 326 slawe van meer as 30 plase in hierdie streek gerebelleer en na Kaapstad opgeruk om hulle vryheid te eis. Hulle is gelei deur Louis van Mauritius, Abraham van die Kaap en 'n Ier, James Hooper, wat hulle hul vryheid beloof het. Hulle het op die slawe van Pieter Louw van die Swartland gekonsentreer en die opstand in die rigting van Koeberg en Tygervallei versprei. Altesaam 34 plase is geplunder, en die boere vasgebind en gevange geneem. Toe die slawe met hul opmars na Kaapstad begin het, het die Goewerneur, die Graaf van Caledon, soldate na die oproerige gebied gestuur en al 326 slawe is gevange geneem. Vyf van die voorlopers is in die openbaar opgehang en hulle lyke is vertoon om enigiemand met 'n soortgelyke ingesteldheid af te skrik.

Groot getalle slawe het op die arbeidsintensiewe koringplase en in die gemengde boerdery-areas in die Swartland en aan die Weskus gewerk. Baie sendingstasies in die omgewing getuig ook van die sendingwerk wat onder die Khoekhoen en die slawe gedoen is. Die welbekendes is Wupperthal en Mamre, maar daar is ook Papendorp, Troe-Troe-sendingstasie by Vanrhynsdorp en Ebenhaezer.




Vind meer uit oor di interessante plekke:



Mamre



Goedverwacht



Wupperthal



Kliek hier vir 'n kaart van die Weskus.



Mamre (historiese dorpie en sendingstasie aan die R307) 'n Sendingstasie is in 1808 deur die Morawiese Sendinggenootskap by Groenekloof (Mamre) naby Malmesbury gevestig by 'n vorige militre buitepos op die plaas Louwplaas asook die plase De Groene Kloof en Cruywagenskraal.
Die sendelinge Kohrhammer en Schmidt het met werk onder die plaaslike Khoekhoen begin, maar die sendingstasie het ook as 'n toevlugsoord vir vrygestelde slawe gedien. Vandag kan die ou kerkwerf, 'n meul, 'n bakkery, stalle en 'n skool nog daar besigtig word.
Tel: 021 576 1134


Morawiese Kerk in Mamre





Goedverwacht, Goedverwacht, Burgershoek naby Piketberg (Van die R399 af tussen Piketberg en Velddrif) Hierdie nedersetting was die wettige eiendom van 'n groep voormalige slawe, wat met die emansipasie in 1838 die plaas Burgerskloof van die eienaar, Hendrik Schalk Burger, gerf het. Hy het die plaas aan sy slavin Maniesa en haar vyf kinders nagelaat op voorwaarde dat hulle hom tot sy dood sou versorg. Sy eie kinders het later die testament bestry, maar die hof het dit gehandhaaf en die plaas het Maniesa se eiendom gebly tot met die dood van haar laaste kind, Hester, in 1888. Haar graf kan in die begraafplaas gesien word. Goedverwacht, 'n Morawiese sendingstasie, is later hier gevestig toe die slawenakomelinge die grond vir 750 aan die Morawiese sendelinge verkoop het.
Tel: 022 912 4784 of 022 912 4207

Wupperthal (R364, 74 km vanaf Clanwilliam) In 1828 het twee Rynse sendelinge, Johann Gottlieb Leipoldt en J. von Wurm, gesamentlik die plaas Rietmond aan die Tratrarivier in die Cederberg distrik gekoop. 'n Sendingstasie is daar opgerig en Wupperthal genoem, na die sendelinge se tuisdorp in Duitsland. Baie vrygestelde slawe het hulle na die emansipasie hier gevestig. Die Rynse Sendinggenootskap het met verskeie industrie begin, waaronder klipmesselwerk, hoedemakery, leerlooiery, houtwerk, dekrietwerk en skoenmakery, waarvan die laasgenoemde nog daar beoefen word. Dit is vandag 'n Morawiese sendingstasie.
Tel: 027 492 3004 Kerkkantoor








Lang Huis, Mamre



Goedverwacht sendingstasie



Wupperthal








INHOUD | < Vorige Afdeling


INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe

* Inleiding en Inhoudsopgawe
* Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
* Kaapstad en Omgewing
* Wynland
* Overberg
* Die Tuinroete
* Breriviervallei
* Klein Karoo
* Weskus





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





