






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > R &gt 10 Redes om Inenting te Steun

10 Redes om Inenting te Steun



2004

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)






1. Polio en masels is hoogs-aansteeklike siektes wat dodelik kan wees en dikwels langtermyn skade en gestremdheid veroorsaak.


2. Inenting is 'n hoogs-doeltreffende, bekostigbare manier om die siektes teen te werk en al ons kinders te beskerm.


3. Inenting is ook baie veilig. Die risiko van 'n allergiese reaksie is baie kleiner as met die meeste ander medisyne. Dit gebeur baie selde.


4. Massaveldtogte dek die kinders wat van hulle besoeke aan die kliniek vir inenting kon misgeloop het. Op di manier word meer kinders beskerm.


5. Jy kan nie 'n kind oor-inent nie. Selfs ten volle ingente kinders kry ekstra voordele uit massa-inentingsveldtogte.


6. Die bedreiging van polio en masels is nog nie iets van die verlede nie. Hoewel polio jare laas in Suid-Afrika voorgekom het, is dit nog 'n probleem in baie lande en 'n besoeker kan dit inbring.


7. Baie van ons kinders is MIV-positief en hulle is veral kwesbaar vir aansteeklike siektes. Dit is nog meer belangrik dat hulle ingent moet word.


8. Inenting is 'n maatskaplike verantwoordelikheid. Ons kan net 'n masels- en poliovrye omgewing skep as alle kinders ingent is.


9. Baie lande is heeltemal poliovry. Suid-Afrika staan op die punt om deur die Wreldgesondheidsorganisasie erken te word as poliovry. 'n Uitbraak sal jare se harde werk om dit te bereik runeer.


10. Dit is moontlik om siektes wreldwyd uit te wis. Inenting het ons in staat gestel om die oorhand te kry oor pokkies. 'n Poliovrye wreld kan bereik word. Kom ons werk met ander lande saam om dit te bereik.








This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 November 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





