TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Toesprake
Gestremdes nou volledig deel van Landbou in die Wes-Kaap
Gestremdes nou volledig deel van Landbou in die Wes-Kaap
Die geboorte van die nuwe Suid-Afrika 10 jaar gelede het ook vir landbou 'n nuwe uitdaging gebring. Dieselfde sektor wat vir jare deur 'n relatief klein groepie suksesvolle kommersiële boere oorheers is, het nou van hierdie boere gevra om betrokke te raak by vestiging, ondersteuning en bemagtiging van nuwe opkomende boere uit voorheen benadeelde gemeenskappe.
Ek kan bevestig dat hierdie proses reeds opdreef is in die Wes-Kaap en dat dit elke dag moet groter toewyding aangepak word. Heelwat sukes is al behaal as gevolg van hierdie vennootskap. Ons het reeds meer as 5000 begunstigdes as gevolg van die grondhervormings prosesse waarvan meer as 3500 in die afgelope 2 jaar bevoordeel is. Die doelwit is om binne die volgende 6 jaar te verdubbel.
Ons het die afgelope 10 jaar in geleidelike groei binne die primêre landbousektor in die Wes-Kaap ervaar. Die belangrikste is die skep van 32 000 permanente werksgeleenthede binne landbou, tussen 1996 en 2001.
Opleiding beklee 'n prominente plek in die diensleweringsketting aan bevoordeeldes in die grondhervormingsprogram (LRAD) van die Provinsie. In baie gevalle is dit een van die eerste dienste wat aan die betrokkenes aangebied word en dra by tot die sukses van die program in die geheel en ook ten opsigte van kapasiteitsbou van die bepaalde landelike gemeenskappe.
As minister van landbou in die Wes-kaap is ek baie opgewonde oor die hande vat poging tussen my department en u organisasie. Dit is wonderlik om te kan sê dat die departement ook op hierdie gebied sy bemagtigingsrol speel. Dit is volgens die grondwet ons plig om ook om te sien na die bemagtiging van gestremdes. Dit is vir my aangenaam om bekend te maak dat die departement van landbou 'n bedrag van R400 000.00 beskikbaar gestel het vir die skep van die nodige infrastruktuur om te help met die opleiding van gehoorgestremdes. Ek sien daarna uit wanneer die resultate van hierdie program ook 'n wesenlike rol binne die landbou sektor sal speel. Ek het groot vertroue in die gesamentlike poging tussen u en die departement van landbou en wil vir u alle voorspoed toewens met hierdie verbeeldingryke projek.
Die uitendelike sukses van hierdie projek sal daarin lê dat landbou in al sy vertakkings in die toekoms hierdie opgeleide persone wat toevallig gestremd is in diens sal neem. Daar rus 'n verpligting op elkeen van ons om 'n hand uit te steek na hierdie mense wat vir te lank geignoreer is om hulle volledig deel te maak van ons samelewing. Dit is ook die laaste keer dat ek sal verwys na hulle en ons. In die toekoms behoort ons nie eers daardie onderskeid te kan maak nie.
Ten slotte wil ek vir u sê dat dit wat ek hier vir u voorgehou het, nie is om vir u te sê hoe goed ons is nie. Dit is slegs 'n poging om vir u aan te dui waarmee ons besig is om deur landbou 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Ek wil dankie sê vir die besondere wyse waarop u in hierdie omgewing ook u bydrae maak. Ons sien uit daarna om saam met u hande te vat om verdere beslag te gee aan IKAPA ELIHLUMAYO.
Sel: 084 6046701
TOESPRAAK-ARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
