TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Opvoedkundig
Skoolontwikkeling
100-dae Depositos: 'n Leersame Tuiste vir Almal
-dae Depositos: 'n Leersame Tuiste vir Almal
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Onderwys is in die eerste 100 dae gesteun deur:
Die verskaffing van elektrisiteit aan ses skole in die provinsie
VERSKAFFING VAN ELEKTRISITEIT
Aan die begin van 2004 was daar 12 skole in die Wes-Kaap wat nog sonder elektrisiteit moes klaarkom. In die eerste 100 dae is krag aan ses van die skole verskaf toe hulle, soos die Premier belowe het, by die hoofnetwerk ingeskakel is. Nog drie het 'n alternatiewe bron van elektrisiteit, soos 'n dieselenjin of sonkrag, gekry. Die skole is:
Hoofnetwerk:
Seekoeigat , Suid-Kaap
Voorsorg
Kliprivier
Alternatiewe bron:
Elektrisiteit sal vir die leerders talle voordele inhou. Die proses van elektrisiteitsverskaffing sal vir die oorblywende ses skole voortgesit word.
Usasazo beteken in isiXhosa "verstrooiing" of "verdrywing". Die woord is 'n raak beskrywing van die geskiedenis van die skool. Byna 10 jaar lank al soek die skoolgemeenskap na 'n permanente tuiste. Usasazo kom nou uiteindelik "huistoe" na 'n permanente kompleks in Bangisa-rylaan in Khayelitsha, wat in Augustus 2004 voltooi is.
Die Premier het belowe dat die skool binne die eerste 100 dae van die bewind van die nuwe provinsiale regering vir lewering voltooi sal wees.
Die storie van Usasazo begin met te min skole wat in die jare voor 1994 deur die vorige Departement van Onderwys en Opleiding verskaf is. Toenemende migrasie uit die Oos-Kaap na die Khayelitsha-omgewing, na die opheffing van die Groepsgebiedewet en Instromingsbeheerregulasies, het die behoefte aan skole in die gebied laat toeneem.
Vroeg in 1995 het die Khayelitsha Onderwys Forum (KOF) bevind dat daar vir omtrent 7 000 leerders nie plek in Khayelitsha is nie. Hulle het die nuwe Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) om hulp genader. Verskeie moontlikhede is oorweeg, en die destydse Premier, Hernus Kriel, het gehelp om 'n perseel in Ruiterwacht te reël.
Lede van die plaaslike gemeenskap in Ruiterwacht het egter berugte betogings gehou teen die teenwoordigheid van die kinders in die voorstad en dit het duidelik geword dat die Departement en die KOF ander oplossings sou moes vind.
Die KOF het met die Maitland-gemeenskap oor die gebruik van 'n onder-benutte skool in die voorstad onderhandel. Die gemeenskap van Maitland het die voorstel gesteun en ingestem dat die twee skole wat reeds die gemeenskap gedien het saamsmelt, en dat een van die skole vir die leerders van Khayelitsha beskikbaar gestel word.
Die WKOD en die KOF het 'n paneel gestig om onderhoude met onderwysers vir aanstellings in al vier skole te voer. Die eerste hoof van Usasazo, Mnr Kgati, beklee vandag nog die pos.
Hoewel die stigting van Usasazo in Maitland 'n onmiddelike probleem hanteer het, kon dit nie 'n permanente oplossing bied nie. Dit is duur om leerders elke dag van en na Khayelitsha te vervoer en dit is vir die leerders ongerieflik.
Die Kaapstadse Munisipaliteit het daarom grond vir 'n nuwe skool in Khayelitsha opsygesit as deel van 'n program om gesinne wat in 'n informele nedersetting op die skoolterrein gewoon het, in die Kuyasa-gebied te hervestig. Die Departement van Openbare Werke en Vervoer het uiteindelik op 30 Januarie 2002 die perseel aan 'n kontrakteur oorhandig sodat die bouwerk kon begin.
Die kontrakteurs het die bouwerk in Augustus 2004 voltooi. Die projek het R10,7 miljoen gekos. Dit moet opgeweeg word teen die feit dat die Departement in onlangse jare tot R3,4 miljoen per jaar bestee het om leerders van Khayelitsha na die beskikbare perseel in Maitland te vervoer.
Die leerders betrek nie onmiddellik die perseel nie, sodat "skyn-matriek"-eksamens, wat op 17 September eindig, nie ontwrig word nie. Die kontrakteur sal intussen enige foute wat in die gebou opgespoor word herstel om seker te maak dat die kompleks gereed is vir die leerders wanneer die skool die naweek van 17 tot 19 September betrek word.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
GEBORG DEUR:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
