






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Projekte > Plaaslikeregeringsontwikkeling > 100-dae Depositos: 'n Samewerkende Tuiste vir Almal

100-dae Depositos: 'n Samewerkende Tuiste vir Almal




BEGIN:

28 Mei 2004


EINDE:

7 September 2004


STATUS:

Afgehandel


BESKRYWING:




Samewerkende regering wat tot verhoogde dienslewering lei is in die eerste 100 dae bevorder deur:
* Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program-projekte (GMIP)
* Behuisingsprojekte te laat vloei
* Rampspanne te skep
* Gentegreerde regeringsbestuur te bevorder



GEKONSOLIDEERDE MUNISIPALE INFRASTRUKTUUR PROGRAM (GMIP)


Die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program (GMIP) is nasionaal ontwikkel om munisipaliteite te steun mt die verskaffing van nuwe infrastruktuur, sowel as die opknapping en opgradering van bestaande infrastruktuur, veral in benadeelde gemeenskappe.

Munisipaliteite is die primre verskaffers van dienste aan inwoners. Dit sluit toegang tot water, sanitasie, die bestuur van vaste afval, bekostigbare en veilige bronne van energie, vervoer, onderwys, gesondheidsdienste en skuiling, sowel as doeltreffende rampbestuur in. GMIP-geld word in sewe projekkategori toegedeel (water, sanitasie, paaie, vaste afval, gemeenskapsgeriewe, gemeenskapsbeligting en afvoerwater).

GMIP in die Wes-Kaap het van 1997 tot 2004 R689,1 miljoen aan 1 063 munisipale infrastruktuurprojekte bestee, wat ook werk vir ongeveer 2 411 miljoen persoonsdae geskep het.

In die 100 dae is GMIP-projekte aan die volgende munisipaliteite oorhandig:
* Witzenberg
* Beaufort-Wes
* Theewaterskloof
* Kaap Agulhas
* Saldanhabaai



BEHUISINGSPROJEKTE


Behuisingsprojekte kan vasval, soms weens die teenstrydige behoeftes en eise in gemeenskappe. In die eerste 100 dae is met positiewe stappe, soos die hou van gemeenskap-imbizo's om geskille by te l, die volgende behuisingsprojekte te laat vloei:
* Imizamo Yethu
* Avian Park
* Mbekweni
* Die Paarl
* Lwandle



RAMPSPANNE


'n Raamwerk is geskep vir die voorkoming en vermindering van brande en stadige oorstromings in informele nedersettings om doeltreffende rampbestuur in die gebiede te verseker. Gebiede wat voordeel behoort te trek uit meer doeltreffende noodoptrede sluit Brown's Farm, Guguletu, Kruispad, Kosovo, Wallacedene en Doringwacht in.


GENTEGREERDE REGERINGSBESTUUR


'n Samewerkende regeringspitsberaad vir alle plaaslike regering-raadslede is op 21 Junie 2004 gehou. Dit behoort beter samewerking tussen provinsiale en plaaslike regering tot gevolg te h.


Terug na 100 Dae Depositos: Rapport >




GEBORG DEUR:


* Departement van Plaaslike Regering (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
* Departement van Plaaslike Regering en Behuising (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





