






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Projekte > Werk > 100-dae Depositos: 'n Werkende Tuiste vir Almal

100-dae Depositos: 'n Werkende Tuiste vir Almal




BEGIN:

28 Mei 2004


EINDE:

7 September 2004


STATUS:

Afgehandel


BESKRYWING:




Werksgeleenthede en pendelaarvervoer is beide in die eerste 100 dae 'n hupstoot gegee met:
* Die afskop van die Saamstaan Uitgebreide Openbare Werke-program
* Die opening van die Athlone Taxikantoor


UITGEBREIDE OPENBARE WERKEPROGRAM (SAAMSTAAN)

Die Wes-Kaapse provinsiale regering het al die provinsiale Uitgebreide Openbare Werkeprogramme onder die naam Saamstaan byeengebring. Dit word gelei deur die Minister van Vervoer en Openbare Werke Mcebisi Skwatsha en is op 2 September 2004 deur die President van stapel gestuur.

Die Saamstaan-program sal al die paslike projekte saamvoeg wat in provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite uitgeken is. 'n Opleidingsaspek waardeur werklose mense praktiese vaardighede aanleer sal 'n deurslaggewende rol speel. Sommige projekte bestaan reeds en moet uitgebrei word; ander is spesiaal ontwerp om die Wes-Kaap aan die werk te kry.

Daar word nie net op pad- en infrastruktuurprojekte konsentreer nie. Bydraes word ook gemaak deur die Landbou-, Omgewings- en Maatskaplike sektore, sowel as die instandhouding van Regeringsgeboue, skole, klinieke en behuising. Openbare Private Vennootskappe word ook gebruik om geld beskikbaar te stel.

Nuwe Saamstaan-werksgeleenthede wat geskep word sluit in:
* veiligheid- en sekuriteitsamptenare in gemeenskappe, op treine, by skole en ander openbare geriewe
* konstruksie-gerigte werk
* herstel- en onderhoudswerk aan openbare fasiliteite en geriewe
* tuissorg vir kinders, bejaardes en siekes
* vroe kinderjare ontwikkelingspraktisyns
* raadgewers oor toelae-aansoeke
* gemeenskap ontwikkelingswerkers
* nie-gemotoriseerde vervoer en die voorsiening van vorms van openbare vervoer
* mark- en bestaanstuine
* opgradering van munisipale paaie, munisipale pypleidings, afvoerslote en plaveisel
* toergidse


Bestaande programme wat onder die program val, sluit in:
* Vuk'uhambe (Kom aan die gang; Stad Kaapstad) waarby arbeidsintensiewe padwerke betrokke is
* Red Door (Ware Ondernemerskapontwikkeling; Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme) wat 'n netwerk van 35 eenstop steunplekke vir KMMO's is
* WECCO (Wes-Kaapse Skoonmaakoperasies Program; Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning)
* Gebou Instandhoudingsprogram (Vervoer en Openbare Werke) wat nege projekte op Gesondheid, Onderwys en Algemene geboue behels
* Zenzele (Vervoer en Openbare Werke) wat 'n instandhoudingsprogram vir paaie is
* CARP (Gemeenskaptoegang Padprogram)
* Bambanani (Gemeenskapveiligheid).


Die provinsiale regering het op die provinsiale Groei- en Ontwikkelingspitsberaad in November 2003 onderneem om oor die volgende vyf jaar minstens 120 000 werk- en opleidinggeleenthede te skep, en Saamstaan is die begin van die volvoering van die belofte.

ATHLONE TAXIKANTOOR

Die minibus taxibedryf speel 'n vername rol in pendelaarvervoer omdat dit 45% van die pendelaars in die provinsie en omtrent 60% nasionaal vervoer. Dit is egter 'n informele bedryf, met geen duidelike strategie wat die voordeel uit die mark en maatskaplike posisie behoorlik kan benut en met die sakewreld kan skakel om die beste inkomste vir lede te verseker nie.

Die taxikantoor sal 'n belangirke bydrae maak om iets aan di probleem te doen, deur:
* die administratiewe spilpunt van die minibustaxibedryf te vorm
* 'n professionele omgewing te skep waar kwessies in die bedryf bespreek kan word
* as die "hoofkantoor" van die Wes-Kaapse Provinsiale Taxiraad te dien
* die Opleidingsentrum vir Provinsiale en Nasionale Opleidinginisiatiewe te wees
* 'n beeld van eenheid en samewerking aan die brer minibustaxibedryf uit te dra
* as 'n fasiliteit te dien waar die bedryf met al die betrokke belanghebbers en rolspelers kontak kan maak en verhoudings kan opbou.


Die taxikantoor is 'n belangrike manier waarop die Provinsiale Regering vrede en bestendigheid in die minibustaxibedryf wil handhaaf. 'n Bestendige en vreedsame taxibedryf dra by tot die doelwitte van Swart Ekonomiese Bemagtiging, terwyl dit veilige, doeltreffende en betroubare openbare vervoer verskaf.

Die Taxikantoor is in Klipfonteinstraat in Athlone, en maak dus deel uit van die Klipfontein Deurgangprojek, wat deel is van die Provinsiale Mobiliteitstrategie.


Terug na 100 Dae Depositos: Rapport >




GEBORG DEUR:

Departement van Vervoer en Openbare Werke (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





