TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Kultuursake en Sport
Kultuursake
Biblioteek- en Argiefdienste
BIBLIOTEEK- EN ARGIEFDIENSTE: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Laai die jongste uitgawe van Biblioteekdienste se tydskrif af.
KRY JOU PLAASLIKE BIBLIOTEEK IN DIE HANDE
HOOGTEPUNT
Die video Boekherstelwerk is nou beskikbaar!
Tel: 021 689 9536
Bly ingeskakel op hierdie webverf vir aanlyn inligting.
Die Provinsiale Biblioteekdiens staan biblioteke in die provinsie by om dienste aan die hele gemeenskap te lewer.
Saam verskaf die Provinsiale Biblioteekdiens van die Wes-Kaap en plaaslike owerhede dienste aan 1,229,715 mense wat lede van biblioteke in die provinsie is. Aan die einde van 2004 was daar 309 biblioteke geaffilieer by die Provinsiale Biblioteekdiens. Bykans 26% van die hele bevolking van die Wes-Kaap is biblioteeklede en biblioteekdienste in die provinsie spog met 'n infrastruktuur wat goed vergelyk met die beste ter wêreld.
n Uitgebreide reeks biblioteekmateriaal word geleen aan openbare biblioteke deur die Biblioteekdiens. Boeke, tydskrifte, koerante, CDs en videos, professionele publikasies en promosiemateriaal word verskaf. Biblioteekdienstepersoneel help met die keuse, aanskaf, voorbereiding, onderhoud en verspreiding van materiaal en toerusting wat aan plaaslike owerhede geleen word.
Provinsiale personeel verskaf ook:
Professionele leiding en raad aan biblioteekpersoneel en -owerhede.
n Verwysings- en inligtingsdiens.
Navorsing met betrekking tot die verskaffing en gebruik van biblioteekdienste.
Bevordering van die gebruik van biblioteke en biblioteekmateriaal.
Personeel van die Provinsiale Biblioteekdiens is ook betrokke by algemene toesig oor die volhou van die doelwitte van die openbare biblioteek.
Openbare biblioteke is agente van verandering en opheffing in gemeenskappe en bevorder voortdurend onderwys, kultuur, ontspanning en gratis toegang tot inligting vir almal.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Junie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
