TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Premier van die Wes-Kaap (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die Provinsiale Kabinet en Provinsiale Departementshoofde het Dinsdag en Woensdag op Saldanhabaai aan die Weskus byeengekom vir 'n lekgotla. Hieruit kan ek die volgende bekendmaak:
dae - program van 20 deposito's:
Die 100 dae eindig op Sondag 5 September. Ons is goed op pad met al 20 deposito's op die mense-kontrak in ons Provinsie soos aangekondig in my Premiersrede op 28 Junie. Hieruit blyk die verbintenis en benadering van hierdie Regering tot ontwikkeling, hulp aan armes en die regstelling van die verlede.
Belangrike merkers onder die 20 deposito's is die volgende:
Die arrestasie van die eerste beweerde 'groot' misdadiger Mujahid Daniels en die geslaagde teenkanting teen sy borgaansoek. Hy is aangekla van dwelmhandel, perlemoensmokkelary, moord en huisbraak. Ons is op koers met die ander 'grote' binne die 100-daeprogram.
Voortspruitend uit die eerste geslaagde vonnisoplegging onder die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad is tussen sewe en elf lede van elk van die Mongrels, Cisko Yakkies, American en Corner Boy bendes gearresteer en aangekla.
Ek sal op 31 Augustus die krag aanskakel van die laaste van die ses skole wat van elektriese krag voorsien sal word, naamlik St Boniface op Rietpoort.
Daar is begin met die betaling van toelaes aan 74 000 kinders wat kwalifiseer vir die kindersorgtoelae. Nog 24 188 aansoeke word tans verwerk; dit oortref dus reeds die mikpunt van 92 929 kinders.
Die nuwe Spoorwegpolisie word in Januarie 2005 ontplooi.
'n Groot verrassing is ook moontlik in die totale getal MIV-positiewe persone wat antiretrovirale terapie ontvang.
Die Uitgebreide Openbarewerkeprogram word op 4 September deur President Mbeki geopen.
Op 1 September vind die bekendstelling van 'Toeganklike Regering' plaas.
Die Wysigingswetsontwerp op die Provinsiale Ontwikkelingsraad en die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie is deur die Kabinet onderteken vir voorlegging aan die Parlement.
Elkeen van hierdie deposito's word oor die volgende maand ontplooi waar ons die einde van die eerste 100 dae nader danksy die geduld en welwillendheid van die mense van die Provinsie.
In die lig van die groot agterstand in ons Provinsie is dit ons erns dat daar nooit toegelaat mag word dat iKapa eliHlumayo, ons strategie vir die ontwikkeling van die Kaap, bloot 'n slagspreuk word nie. Om vertroue te kweek is dit noodsaaklik dat ons ons op die middeltermyn toespits en iKapa eliHlumayo onderstut met die strategieë, planne en raamwerke wat nodig is om armoede te bekamp.
Ons moet ook deur eie vertroue en werk die boodskap uitstuur dat die Wes-Kaap oop is vir besigheid. Plaaslike en internasionale beleggers, besighede en entrepreneurs wag op hierdie tekens van ons kant.
Vir die eerste keer kan ons Provinsie uitsien na geïntegreerde strategieë wat die volgende insluit:
Provinsiale Infrastruktuurplan
Ruimtelikeontwikkelingsraamwerk
Maatskaplikekapitaal-strategie
Mensehulpbronontwikkeling-strategie
Dit sal alles afgehandel wees teen Junie 2005 en sal versterk word deur ons gesondheidstransformasieprogram Gesondheid 2010, ons voorbereidings vir die Wêreldbekerbyeenkoms in 2010, ons stryd teen misdaad, ons transformasie van die Staat en ons bemagtigingskampanje in een harmonieuse plan om ons doel te bereik.
Terreurgevaar
Ek was besorg oor berigte van dreigemente van terreur, maar is deur die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Leonard Ramatlakane, meegedeel dat hy na beraadslaging met die SAPD en Nasionale Intelligensie deur hulle verseker is dat daar geen sodanige gevaar bestaan nie.
Dit het my gerusgestel, en ek weet dit stel ons almal gerus. Die Wes-Kaap is veilig en ons het geen rede om aanvalle te verwag nie. Ek kan besoekers met vertroue uitnooi en wil inwoners verseker dat ons deel van die wêreld nog veilig is, soos wat erken is deur die internasionale gemeenskap na 9/11.
Dit is jammer dat hierdie soort beriggewing so maklik die wêreld ingestuur word, want dit doen groot skade aan ons pogings op sake-, toerisme- en verhoudingsgebied.
Al die mense van die Wes-Kaap, met inbegrip van die Moslem gemeenskap, staan bankvas agter ons Regering se werk om armoede te bekamp en brûe te bou wat nodig is vir die Tuiste vir Almal. Ons het hierdie inklusiewe klimaat nodig vir sukses.
Ons moet ook onthou dat selfs op die hoogtepunt van die stedelike terreur wat ons in die negentigerjare ervaar het, die Staat daarin geslaag het om menslike ongevalle en skade grootliks te beperk. Dit is dan ook gevolg deur suksesvolle skuldigbevindings.
Die Wes-Kaap - 'n Tuiste vir Almal
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Desember 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
