TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Distriksgesondheidsdienste en -programme
Gesondheidsprogramme
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Die Wes-Kaapse Vigsopleiding, -inligting en -beradingsentrum (ATICC) was een van 24 soortgelyke sentrums wat van 1989 - 1995 deur die Nasionale Departement van Gesondheid tot stand gebring is. Die Wes-Kaapse ATICC is op 26 Julie 1998 ingewy. Die opdrag was om Gesondheidsorgverskaffers op te lei om die MIV- en vigsepidemie in die Provinsie te hanteer. Soos die naam aandui sluit ATICC se werk Opleiding, Inligting en MIV-berading en -toetsing in.
ATICC stel mense in staat om dit wat hulle geleer het te neem, en staan hulle by om die teoretiese inligting om te skep in praktiese diens binne hulle gemeenskappe. Oor die afgelope 15 jaar, van die ontstaan af, het ATICC derduisende mense binne die provinsie opgelei wat nou berading, eweknie-opvoeding, verpleegsorg, tuisgebaseerde sorg, maatskaplike dienssteun en sielkundige steun in hulle gemeenskappe verskaf.
Ons Visie
Ons Missie
ATICC se missie is om die verspreiding van MIV-infeksie te keer en steun aan MIV-positiewe mense te gee. Dit sal bereik word deur opleiding van Gesondheidsorgwerkers en verskaffing van inligting en bronne aan die Algemene Publiek, en deur berading en toetse op individue volgens etiese beginsels.
Ons Doelwitte
Lei gesondheidsorgverskaffers op (beide professioneel en leke) in die voorkoming van die verspreiding van die MI-virus en die bestuur van MIV-besmetting en vigsverwante komplikasies.
Versprei kondome met die nodige opleiding;
Vorm netwerke met ander ATICC's en organisasies op die gebied van MIV en vigs, met die gereelde uitruil en deel van inligting en ervaring.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Julie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
