Die avonture van
Voormalige Hoofargivaris,
Hergé is gebore op 22 Mei 1907 in Etterbeek naby Brussels. Daar het hy sy hele kinderlewe geslyt in die beklemmende tydsgees van sy samelewing. Ook die .siese omgewing was inperkend. Gevolglik het hy gedroom van avontuur. Reeds as kind het hy sy eie strokies begin teken, later vir die koerant Le Boy-Scout Belge. Hergé was 'n goeie student en het die beste in sy klas presteer. Duidelik was hy 'n besonder intelligente, be­gaafde mens met 'n lewendige belangstelling in die wêreld ver buite België se grense. Sy helde sou ook ware wêreldreisigers word.
Hergé was vroeg betrokke by die dagblad Le XXe Siècle en mettertyd ook by die redaksie van ander tydskrifte. As kunstenaar was hy 'n outodidakt. Bo en behalwe strokies het hy allerhande illustrasiewerk gedoen, maar nie soos, byvoor­beeld, TO Honiball, spotprente nie. Hergé het behalwe Tintin ook ander reekse geskep. Die eerste (Totor, 1926) was nie 'n groot sukses nie. Baie beroemde strokieskunstenaars het onbekende reekse geskep - hulle moes eers 'oefen' om die regte resep te vind. Só het Charles Schultz se reeks, Li'l people, misluk voordat Peanuts wêreldbekend geraak het. Dit blyk 'n geval van aanhouer wen te wees en in Hergé se geval het hy 'n suksesresep ontdek met Tintin.
Volgens Benoît Peeters in Het Wereld van Hergé (1993-uitgawe) was Hergé nie polities of godsdienstig georiënteerd nie - hy het homself 'toevallig 'n Belg' genoem en hom uit­gespreek teen die Belgiese samelewing; veral die rigiditeit en kleinburgerlikheid daarvan. Dit klink natuurlik vir ons in Suid-Afrika ook bekend, nes dit inderwaarheid in samelewings dwarsoor die wêreld die geval is. 'n Meer korrekte stelling sou wees dat Hergé nie in Belgiese partypolitiek belanggestel het nie, maar wel in wêreldpolitiek, waarop hy sy stories gebaseer het. Hier kan die Japanese inval in Mantsjoerye kort voor die Tweede Wêreldoorlog as storielyn geïdenti.seer word. Hergé was geïnteresseerd in sielkunde, .loso.e, en relegie (nie spesi­.ek kerklik nie) en het dit ingebring in sy werk, wat dit meer substansie gee. Ook moderne kuns was 'n belangstelling en is die tema in sy laaste, onvoltooide boek Tintin et L' alph-art.
Hergé het sy werk .loso.es bedink, byvoorbeeld, oor hoe om dialoog tussen skepper en leser te bewerkstellig. Sy karak-ters is ook goed uitgedink - Tintin, byvoorbeeld, is 'n soort Jan Alleman, sonder 'n familienaam, verander nooit, het nie roman­tiese verbintenisse nie en mense van bykans enige volksgroep kan met hom identi.seer. Hy is slim, .egmaties en altruïsties. Die 'goeie seun' in enige land of taal.
Wat die kreatiewe proses betref het Hergé se vrou hom gehelp en later nog meer kollegas in 'n studio. Storielyne is dikwels geskryf sonder beplanning van wat aan die einde van 'n storie sou gebeur. Soos die verhale geskryf is, het die karak-ters hulle bydrae gemaak in 'n generiese ontwikkelingsproses - Hergé sou dink 'wat sou Professor Phosfatus hier gesê het of wat sou Spokie se reaksie op hierdie situasie wees?' Dáárvol­gens het elke storie dan ontwikkel. Hy het strokies eerstens as verhaalkuns gesien. Tog was vloei en leesbaarheid vir hom belangrik.
Oor sy tekenkuns het hy verklaar dat die sogenaamde clear line-styl nie net die tekening is nie, maar ook die verteltegniek en scenario. Hy het gesê hy werk tegelyk aan die teks en prente, ter wille van die geheel. Hy het gepoog om nie verklarende teks (paragra.es in blokvorm) te gebruik nie; die teks, in beeld en skrif, moes die storie duidelik kon vertel. Hy het strokieskonvensies soos spraakborrels leer ken deur middel van Amerikaanse stro-kies wat in Mexikaanse koerante verskyn het.
As persoon was Hergé perfeksionisties, maar hy het nogtans 'n redelik altruïstiese lewensuitkyk gehuldig. Daarsonder sou hy nie die wonderlike rapport met sy lesers kon bewerkstellig nie; hy kon homself in hul skoene plaas en vír hulle skep. Die buitengewone sukses wat hy behaal het, het ook teen 'n prys gekom. Soos baie humoriste was hy later uitgeput van die aanhoudende werksdruk en het hy selfs depressief geraak.
Hergé is in 1983 oorlede, maar sy werk het steeds groot impak. Hy was beslis 'n belangrike meningsvormer - sy boeke verskyn in meer as 40 tale en word globaal bemark. Duisende lesers het nie net die Belgiese kultuur deur die Tintin-boeke leer ken nie, maar ook kulturele en geogra.ese landskappe van etlike ander wêrelddele. Bowenal het dié reisende verslaggewer sóveel plesier aan sóveel mense verskaf - soos met Peter Pan word aan ons almal ewige jeug geskenk deurdat ons na 'n ander dimensie kan ontvlug. Al wat nodig is, is 'n Tintin-boek. Maak dit oop en...tierende tifone, jy's gehoek!
Naskrif
Bronne
Figuur 1:
Bo links: 'n Jong Hergé besig om te teken, 1949
Links: Hier is Hergé saam met sy jonger broer, Paul. Volgens Hergé het mense opgemerk dat hy 'n bietjie soos sy hero, Tintin lyk. Ander het weer gemeen dat Tintin soos sy jonger broer lyk
Onder: Nadat Tintin die seuntjie Chang uit die vloedwaters van Yangtze-Kiang gered het, praat hulle oor hulle wanindrukke van mekaar - 'n `gesprek' wat heelwaarskynlik op Hergé se eie .loso.e gebaseer is
Regs: Een van Hergé se kenmerke was dat sy inspirasie op die werklikheid gebaseer is. Hier gebruik hy die Glengarry van Glasgow as model vir Karaboudjan
Links: Af en toe het Hergé - soos Hitchcock - homself in sy sketse ingeteken. Hier verskyn hy - hoed in die hand - in die museum van Etnogra.e aan die begin van The broken ear
