TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Plaaslike Regering en Behuising
Regering en Institusionele Steun
Munisipale Steun en Kapasiteitsbou
MUNISIPALE STEUN EN KAPASITEITSBOU: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Die verantwoordelikheid van die Direktoraat Munisipale Steun en Kapasiteitsbou is om die totale welstand/lewensvatbaarheid van munisipaliteite te moniteer en om bestuur en gespesialiseerde steun te verleen.
Funksies:
Ontwikkel en hou 'n stelsel in stand om die totale welstand van munisipaliteite te moniteer.
Verleen en fasiliteer gespesialiseerde steun aan munisipaliteite, waaronder steuntussenkomste, maar met uitsondering van artikel 139-tussenkomste.
Verleen steun aan munisipaliteite om hul kapasiteit te versterk.
Verleen effektiewe en doeltreffende breëbasisbestuursteun aan munisipaliteite.
Monitering van Plaaslike Regering
Die verantwoordlikheid van die Monitering van Plaaslike Regering is om munisipale transformasie, lewensvatbaarheid en totale welstand te moniteer. Dit ontwikkel en hou 'n omvattende moniteringshulpmiddel in stand.
Gespesialiseerde Steun
Gespesialiseerde Steun fasiliteer die proses wanneer ook al daar veelvlakkige steun wat verskeie rolspelers betrek by munisipaliteite nodig is. Dit verskaf die volgende bystand:
Dit help munisipaliteite met informele steun as institusionele en/of finansiële tekorte voorkom.
Dit help die Provinsiale Tesourie met verpligte tussenkomste tot die WPRFB.
Munisipale Kapasiteit
Munisipale Kapasiteit beoog om munisipalekapasiteitsbou-inisiatiewe te fasiliteer. Dit is ook verantwoordelik vir die bestuur en implementering van raadslidontwikkeling en munisipalebestuursontwikkelingsprogramme.
munisipaliteite van proaktiewe bestuursteun te voorsien om te verseker dat aan finansiëlebestuurswetgewing, -regulasies en beleidsraamwerke voldoen word.
praktiese voorligting, steun en raadgewende dienste aan munisipaliteite te verleen ten opsigte van die inwerkingtreding, implementering, instandhouding en rekeningkunde van gratis basiese dienste.
Waarderings en Eiendomsbelasting
Waarderings en Eiendomsbelasting is daarvoor verantwoordelik om te moniteer of munisipaliteite waarderings- en eiendomsbelastingwetgewing implementeer en daaraan voldoen.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Februarie 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
