TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Plaaslike Regering en Behuising
Behuisingslewering
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Die Direktoraat Behuisingsprojekadministrasie administreer behuisingsprojekte en subsidies.
Funksies:
Die bestuur van provinsiale behuisingsprojekadministrasie en -goedkeurings
Die bestuur van provinsiale behuisingsubsidieadministrasie.
Behuisingsprojekgoedkeuring
Behuisingsprojekgoedkeuring beoog om behuisingsprojekte te bevorder en te fasiliteer. Dit is verantwoordelik vir die bestuur van alle behuisingsprojekaansoeke wat deur die Departement ontvang word.
Hierdie komponent verwerk projekaansoeke, is in wisselwerking met munisipaliteite, berei voorleggings voor en bestuur die databasis van alle behuisingsprojekte asook die pligte wat op "fase een"-lenings en die Uitfaseringsprogram betrekking het.
Nog 'n funksie van die Behuisingsprojekgoedkeuringskomponent is die afhandeling en bestuur van behuisingsontwikkelingskontrakte.
Behuisingsubsidieadministrasie
Die Behuisingsubsidieadministrasiekomponent verwerk behuisingsubsidies en betalingseise. Dit hanteer subsidienavrae en verskaf inligting wat kliënte aangevra het.
Hierdie komponent administreer ook die subsidie- en betalingsmodule van die Behuisingsubsidiestelsel (BSS) wat die databasis is wat deur alle departemente in Suid-Afrika gebruik word wat behuisingsubsidies administreer.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
