TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
H 
Gesondheid in Aksie: Vergiftiging
Gesondheid in Aksie: Vergiftiging
OPSOMMING
Die publikasie sit sommige van die hoofoorsake van vergiftiging uiteen. Dit gee ook raad oor hoe om vergiftiging te keer en hoe om te reageer as 'n ongeluk sou plaasvind.
Kinders is nuuskierig en dit is hoogs waarskynlik dat hulle sal eksperimenteer. Dit is nie verbasend dat kinders onder die ouderdom van vyf betrokke is by meer as 60 persent van die gevalle van toevallige vergiftiging nie.
WAT IS DIE HOOFOORSAKE VAN VERGIFTIGING?
By die meeste gevalle waar iemand per ongeluk vergiftig word, is daar medisyne en dwelmmiddels betrokke wat op plekke gelos is waar kinders dit kan bykom.
Kinders probeer ook dikwels huishoudelike produkte soos lampolie en skoonmaakvloeistof drink, veral as dit in bottels of houers gegooi is wat gewoonlik koeldrank of kos bevat.
Chroniese vergiftiging, soos loodvergiftiging, kan soms voorkom by kinders wat in besoedelde omgewings naby nywerheids- of chemiese aanlegte woon.
KAN VERGIFTIGING VOORKOM WORD EN WAT KAN EK DOEN?
Voorkoming:
Maak seker dat medisyne, dwelms, kook- en skoonmaakprodukte buite kinders se bereik gebêre word, in kaste wat toegesluit is.
Gebruik houers met veiligheids-skroefdeksels vir dié produkte.
Berg dit in houers wat nie verkeerdelik aangesien sal word vir koeldrank- of lekkergoedbottels nie.
Moet nooit kos en skoonmaakprodukte of kos en medisyne saam bêre nie.
Volwassenes moenie voor kinders medisyne drink nie, want kinders aap graag na.
Moenie giftige stowwe in bottels sonder etikette bêre nie.
Hou insek- en onkruiddoders veilig buite sig en bereik van kinders.
In nywerheidsgebiede is dit belangrik dat die omgewing gemonitor moet word om seker te maak dat chemikalië nie onaanvaarbaar hoë en gevaarlike vlakke bereik nie.
Die Regte Reaksie op Vermeende Vergiftiging:
Kry die stof of die houer van die stof in die hande wat jy vermoed die kind ingesluk of aan geraak het. Hou dit en neem dit saam na die kliniek of hospitaal.
As die kind by haar of sy positiewe is en daar is tekens dat sy of hy gif ingesluk het, kan jy probeer om die kind te laat opgooi.
As die kind 'n skoonmaakmiddel of 'n bytende suur ingesluk het, moet jy haar of hom nie enigiets gee om te drink nie, omdat die vloeistof met die gif kan reageer en meer skade aan die kind se ingewande kan aanrig.
As die kind aan 'n stof geraak het wat vergiftiging kan veroorsaak bloot deur kontak met die vel, trek die klere uit wat dalk geraak is en was die vel, hare en naels - eers met skoon water en dan met seep. Spoel die vel goed af en droog af.
As die kind 'n giftige stof in 'n oog gekry het, spoel die oog versigtig met louwarm water uit vir tot tien minute.
Hou die kind gemaklik en neem haar of hom na die naaste kliniek of hospitaal.
Moenie Opgooi Aanmoedig Nie As:
Die gif van die soort is wat brandskade aan die keel en die spysverteringstelsel kan aanrig (byvoorbeeld batterysuur, skoonmaakmiddels wat seepsoda bevat)
Die kind lampolie ingesluk het, want olierige druppels kan probleme in die longe veroorsaak en op longontsteking uitloop
WAAR KAN EK NOG HULP EN RAAD KRY?
Skakel jou plaaslike kliniek vir professionele hulp met enige vergiftiging.
VERWANTE INLIGTING
Rooi Kruis Kinderhospitaal se Giflyn (Diens)
Mediese Noodvervoer en Redding (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
