TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Onderwerpe
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
LISENSIES, PERMITTE EN SERTIFIKATE
Aansoeke om Leerlinglisensies (Diens)
Voordat 'n persoon om 'n bestuurslisensie aansoek kan doen, moet hy of sy in besit van 'n leerlinglisensie wees. 'n Mens kan 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets groter as 125 cc, 'n motor, minibus, klein goederevoertuig of 'n groter voertuig kry indien u ouer as ... 
Bestuurslisensies (Diens)
Alle Suid-Afrikanerbestuurders moet in besit wees van 'n kredietkaartformaatbestuurslisensie. Die kaart word outomaties uitgereik wanneer 'n nuwe bestuurder 'n lisensie ontvang. 
Voertuiglisensies (Diens)
Volgens wet moet 'n voertuig jaarliks gelisensieer word. Dit is die plig van die voertuigeienaar om seker te maak dat die lisensie hernu word voordat dit verval. Indien die lisensie nie hernu is nie, is u aanspreeklik vir betaling van laatbetalingboetes. 
Padwaardigheidtoetsing (Diens)
n Padwaardigheidsertifikaat kan bekom word by enige private of staats- voertuigtoetssentrum. 
Voertuigregistrasie (Diens)
Wetgewing vereis dat alle voertuigeienaars hulle voertuie registreer wanneer hulle aangeskaf word. Die voertuigregistrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaVIS) opgeteken. 
Registrasie van 'n Bestuurslisensietoetssentrum (Diens)
Indien u 'n bestuurslisensietoetssentrum wil oopmaak, moet die sentrum by die Minister van Vervoer geregistreer word. 
Aansoeke om Bestuursinstrukteursertifikaat (Diens)
Alle bestuursinstrukteurs moet registreer. Om 'n instrukteursertifikaat te bekom, word u kriminele rekord nagegaan, 'n mediese sertifikaat moet aan u uitgereik word en u moet 'n instrukteurstoets slaag. 
Motorvoertuigregistrasie-inligting (Diens)
Indien u die registrasie-inligting van 'n voertuig wil uitvind, kan u 'n motorvoertuigregistrasiesentrum nader. Die voertuigbesonderhede kan nie bekend gemaak word nie, maar enige inligting wat u reeds het kan bevestig word. 
Registrasie van Motorvoertuigtoetssentrum (Diens)
Alle motorvoertuigtoetsstasies moet geregistreer en gegradeer word voordat hulle geldige padwaardigheidsertifikate kan uitreik. 
Registrasie as Nommerplaatvervaardiger (Diens)
Ingevolge die Nasionale Padverkeerswet moet enige persoon wat nommerplate vervaardig of verkoop, geregistreer wees. 
Aansoeke om professionele bestuurspermitte (Diens)
Om sekere tipes voertuie te bestuur, word 'n professionele bestuurpermit bykomend tot 'n bestuurslisensie vereis. 
Voertuigklaringsertifikate (Diens)
Indien u motor se enjinnommer of onderstelnommer verander het, word van u vereis om 'n klaringsertifikaat te bekom voordat die voertuig herregistreer kan word. 
Weegbrugsertifikate (Diens)
Voordat u 'n opgeboude voertuig kan registreer, moet u 'n weegbrugsertifikaat bekom. 
Aansoeke om 'n Openbare Pad vir Verfilmingdoeleindes te gebruik (Diens)
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie ... 
Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies (Diens)
Voordat u passassiers teen betaling mag vervoer, moet u 'n openbare bedryfslisensie hê. 
Spesiale Nommerplate vir Motorvoertuie (Diens)
Motorvoertuigeienaars kan aansoek doen om spesiale en verpersoonlikte nommerplate. 
Permitte vir Abnormale Vragte en Voertuie (Diens)
n Permit word vereis om abnormale vragte en voertuie te vervoer. Die vereistes vir 'n permit hang af van die grootte en aard van die vrag of voertuig. 
Registrasie van Voertuigondersoeker en Bestuurslisensie-eksamineerder (Diens)
Lisensie-inspekteurs, voertuigondersoekers, bestuurslisensie-eksamineerders, verkeersbeamptes en verkeersopsigters moet geregistreer word. 
Aansoeke om Motorhandelnommers (Diens)
Vervaardigers, bouers en invoerders van voertuie mag ongeregistreerde voertuie op openbare paaie bestuur met 'n motorhandelnommer. Dit word slegs vir die volgende doeleindes toegeken:aan 'n voertuigvervoerder om 'n motorvoertuig af te lewer, aan 'n motorhandelaar om 'n motorvoertuig af te lewer, te verkoop, te ruil ... 
Registrasie van Vervaardigers, Invoerders en Bouers van Motorvoertuie (Diens)
Alle voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig, gebou of na Suid-Afrika ingevoer word, moet geregistreer word voordat dit versprei of verkoop word. 
Aansoeke om Gebruik van 'n Openbare Pad vir Sportdoeleindes (Diens)
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad te gebruik om 'n gebeurtenis soos 'n sportbyeenkoms aan te bied. 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Julie 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
