TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Befondsing
ITMAS Befondsing vir Deelname aan Internasionale Tentoonstellings
ITMAS Befondsing vir Deelname aan Internasionale Tentoonstellings
BESKRYWING:
Die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema (ITMAS) voorsien gedeeltelike vergoeding aan besighede om sekere kostes aangegaan vir bedrywighede wat gemik is daarop om toerisme na Suid-Afrika te bemark, te betaal.
Een van die skema se oogmerke is om Suid-Afrikaanse maatskappye aan te moedig en te help om hul produkte aan die buitelandse mark bekend te stel deur deel te neem aan erkende buitelandse tentoonstellings wat geskik geag word vir bevordering van Suid-Afrika se toerismehandel. Die skema verleen ook bystand aan opkomende maatskappye om aan die Durban Indaba deel te neem.
Die hoof- buitelandse tentoonstellings wat die skema borg, is:
Vir ander tentoonstellings, moet aansoekers `n gedetailleerde profiel van die tentoonstelling wat hulle wil bywoon, verskaf. Die volgende sal oorweeg word wanneer die aansoeke beoordeel word:
waar die tentoonstelling gehou word sektore wat deur die tentoonstelling bevoordeel sal word omvang van besienswaardigheid hoe gereeld die tentoonstelling plaasvind ekonomiese impak
VOORSKRIFTE:
Vir meer besonderhede in verband met die skema, asook vereistes vir deelname, verwys na die Riglyne in verband met die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema.
Belangstellende besighede moet by die Departement van Omgewingsake en Toerisme aansoek doen om as deelnemers aan die skema te registreer. Aansoeke om registrasie sal geëvalueer word om seker te maak dat hulle aan die vereistes voldoen en aansoekers sal verwittig word of hulle aanvaar is of nie.
Die aansoekvorm vir registrasie - Aansoek om Registrasie om aan die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema (ITMAS) deel te neem - kan hier afgelaai word of op versoek van die Departement van Omgewingsake en Toerisme en ook van die Wes-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme verkry word.
Ingevulde vorms moet aan die onderstaande adres teruggestuur word:
Departement van Omgewingsake en Toerisme
Privaatsak X447, Pretoria, 0001
Tel: 012 310 3427
Faks: 012 320 4740
Nadat u besigheid as deelnemer aan die skema aanvaar is, moet u die Aansoek om Finansiële Bystand vir die Produksie en Verspreiding van Internasionale toerismebemarkingsmateriaal invul om 'n eis om finansiële bystand in te dien.
Dit is u verantwoordelikheid om goedkeuring te verkry voor enige skema-verwante uitgawes aangegaan word. Die ingevulde vorm moet aan bogenoemde adres gestuur word.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
ITMAS-befondsing vir die produksie en verspreiding van internasionale toerisme-bemarkingsmateriaal (Diens)
Toerisme-hulptoonbank vir entrepreneurs (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
