TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Reproduktiewe gesondheid
Toetsing vir Borskanker
Toetsing vir Borskanker
BESKRYWING:
Vroue word gewys hoe om hulle borste vir knoppe wat kankeragtig kan wees, te ondersoek. As 'n knop opgemerk word, sal die kliënt vir verdere ondersoek verwys word, wat 'n mammogram kan insluit, die verwydering en toetsing van die knop om uit te vind of dit nie-kwaadaardig (nie-kankeragtig) of kwaadaardig (kankeragtig) is, berading, en behandeling, indien nodig.
VOORSKRIFTE:
Opvoeding in selfondersoek van die borste word in klinieke gegee. 'n Verwysing na die klinieke vir buitepasiënte by streeks- en tersiêre hospitale waar volledige borskankerdienste verkry kan word, is nodig.As jy vir die eerste keer 'n kliniek of hospitaal besoek, sal daar van jou verwag word om 'n vorm in te vul en 'n kliëntelêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart, indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het, en die verwysingsbrief van die kliniek as jy verwys word na 'n borskankerkliniek by 'n hospitaal.
VERSKAF BY:
Reproduktiewe Gesondheidsdienste
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie 'n lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, mag daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Hospitale sal jou vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vra.
VERWANTE INLIGTING
Borskankerinligtingstuk (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
