






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Rehabilitasie > Rehabilitasiedienste

Rehabilitasiedienste




BESKRYWING:

Fisies en/of geestelik gestremde volwassenes en kinders kan gehelp word om hulle optimale fisiese, sensoriese, intellektuele, psigiatriese en sosiale funksievlakke te bereik en te handhaaf.

Die diens is baie belangrik, maar is nie omvattend nie en slaag weens 'n tekort aan hulpbronne nie daarin om talle behoeftige mense te bereik nie. Die meeste openbare sektordienste is by hospitale en spesiale skole gesetel, onderwyl beperkte dienste op gemeenskapsvlak beskikbaar is. Die meeste dienste word in stedelike omgewings aangetref en slegs 19% of minder van die rehabilitasiepersoneel bied dienste in landelike gebiede buite die Kaapse Metropool aan.


* Rehabilitasiedienste op primre vlak
* Rehabilitasiedienste op sekondre vlak
* Rehabilitasiedienste op tersire vlak
* Gespesialiseerde en Akademiese Rehabilitasie


Rehabilitasiedienste op primre vlak is beperk tot sekere gemeenskapgesondheidsentrums. Om nadere besonderhede rakende beskikbare dienste te bekom, skakel die streekrehabilitasiebestuurders by een van die volgende nommers:
* Metropool: 021 918 1286
* Suid-Kaap/Karoo: Lian Drotsky 044 874 2172
* Boland/Overberg: Handri Liebenberg 023 348 1405
* Weskus Wynlande: Bronwynn Weilbach 022 487 9268


Alle klinieke doen egter geroetineerde toetsings van babas en kleuters se ontwikkeling. Wanneer daar 'n vermoede bestaan dat die kind 'n geestes- of fisiese gebrek het, word hy/sy na 'n gespesialiseerde kliniek op sekondre of tersire vlak verwys. Terselfdertyd sal die kind, waar moontlik, verwys word na 'n rehabilitasiekundige bv. fisioterapeut of arbeidsterapeut op primregesondheidsvlak. Benewens aanvanklike toetsings en daaropvolgende verwysing, fokus rehabilitasie op hierdie vlak hoofsaaklik op die bestuur van akute toestande, tuisgebaseerde besoeke, die opleiding van familielede en versorgers, assessering vir ongeskiktheidstoelaes en beraadslaging met NRO's, ondersteuningsgroepe, skole en kleuterskole.

Rehabilitasiedienste op sekondre vlak is vir mense met 'n tydelike/meer permanente ongeskiktheid en word in 'n beperkte mate by verskeie streek- en distrikhospitale aangebied. Die Spinale Eenheid (akute sorg) in die Wes-Kaap is van die Conradie Hospitaal in Pinelands, Kaapstad, verskuif en die diens word nou by die Groote Schuur Hospitaal aangebied.

Rehabilitasie van mense wat beroertes, amputasies of spinale beserings gehad het, is steeds beskikbaar by die Stedelike Streekrehabilitasiesentrum wat tans op die terreine van die Conradie Hospitaal asook die Karl Bremer Hospitaal bedryf word. Volgens skedule sal 'n verskuiwing vanaf hierdie hospitaalterreine na Lentegeur Hospitaal in November 2003 plaasvind.

Booth Hospitaal in Kaapstad maak voorsiening vir die rehabilitasie van bejaarde mense, onderwyl dienste vir kinders by die huishospitale Sarah Fox en Maitland Cottage, ook in Kaapstad, beskikbaar is. Indien nodig, kan klinte vir sorg op tersire vlak verwys word

Rehabilitasiedienste op tersire vlak word by Tygerberg, Groote Schuur en die Rooi Kruis Kinderhospitaal en die psigiatriese hospitale (Stikland, Lentegeur, Valkenberg en Alexandra Hospitaal), almal in Kaapstad, aangebied.

Arbeidsterapie-afdelings by Tygerberg, Groote Schuur, Stikland en Lentegeur Hospitale bied 'n mate van beroepsrehabilitasie aan. Dit behels in hoofsaak arbeidsevaluering wat 'n pasint se gereedheid toets om weer na 'n besering of siekte tot die ope arbeidsmark toe te tree. Indien hulle gereed is, sal hulle by die hospitaal se beroepsprogram ingesluit word wat hulle ten opsigte van basiese werkvaardighede sal voorberei. Indien hulle nie gereed is nie, sal die personeel aanbeveel dat hulle by 'n beskermde werkswinkel (beskutte arbeid) geplaas word en wat onder die provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en die nasionale Departement van Arbeid ressorteer.

Daar is beperkte binne- en buitepasintdienste beskikbaar vir pasinte met mediese, postchirurgiese, posttroumatiese, neurologiese, ortopediese, muskuloskeletale en ander toestande. Hierby ingesluit is brandwonde, kopbeserings, beroerte, trouma, handbeserings, amputasies, asemhalings-, hart- en ander afwykings, ens.
Gespesialiseerde en Akademiese Rehabilitasie: Daar is slegs een binnepasintrehabilitasie-eenheid in die hele Wes-Kaap, naamlik die Metropolitaanse Streekrehabilitasiesentrum wat by sowel Conradie Hospitaal (Pinelands) en Karl Bremer Hospitaal (Bellville) in Kaapstad gesetel is. Die dienste sluit in 'n tuisrehabilitasiediens vir fisies gestremde volwassenes. Daar is 'n buitepasintkliniek vir eenstopassessering van die klint se rehabilitasiebehoeftes, opvolgbesoeke en assessering vir ongeskiktheidstoelaes. 'n Span wat by die Karl Bremer terrein gestasioneer is, gee uitreikasseserings by klinieke in die gemeenskap en help klinte om die mees geskikte hulptoestel (rolstoel of oop karretjie) ooreenkomstig hul behoeftes te bekom. Die span help ook rehabilitasiepersoneel in ander gebiede om indiensopleidingservaring op te doen.


VOORSKRIFTE:

Mense wat 'n fisiese of geestesongeskiktheid het, moet eers seker maak of daar 'n diens op primre gesondheidsorgvlak is. Waar nodig sal hulle verder verwys word.Diegene wat die kliniek of sekondre of tersire hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal oopgemaak word. Bring u ID. 'n Verwysingsbrief van die kliniek word benodig wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal vra om u mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te sien. Bring u hospitaalkaart indien u vantevore by die hospitaal geregistreer het.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:




PRYS:

Gratis op primregesondheidsvlak. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos rolstoele en gehoortoestelle in. Die gratis diens behoort mense met permanente gestremdhede in te sluit wie se vermo om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word, asook ouer mense wat as verswak beskou word, en langtermynpasinte in inrigtings vir geestesgesondheidsorg. Die maatstawwe vir assessering en die wyse waarop dit toegepas gaan word, word tans ondersoek.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Hulptoestelle (Diens)
* Gehoor- en Spraakdienste (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 November 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





