






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Geestesgesondheid > Primre Geestesgesondheidsorgdienste

Primre Geestesgesondheidsorgdienste




BESKRYWING:

Die Primre Gesondheidsorgdiens spoor algemene geestesgesondheidstoestande op, diagnoseer en behandel di toestande, en rel die verwysing van meer ingewikkelde geestesgesondheidsprobleme na meer gepaste vlakke van geestesgesondheidsorg.

As jy aan 'n geestesgesondheidstoestand ly, kan jy na jou plaaslike kliniek gaan waar 'n gesondheidswerker jou sal assesseer en aanvanklike behandeling sal aanbied.

In die Metro-, Suid-Kaap/Karoo- en Weskus/Wynland-streke, kan die gesondheidswerker jou verwys na meer gespesialiseerde sorg wat aangebied word deur 'n geestesgesondheidsverpleegkundige (psigiatriese verpleegkundige), waar beskikbaar. Jy sal 'n afspraak moet maak om die geestesgesondheidsverpleegkundige by die kliniek te spreek, aangesien die verpleegkundige elke week verskeie klinieke besoek. Die geestesgesondheidsverpleegkundige kan jou geestesgesondheidstoestand verder assesseer om haar in staat te stel om die mees doeltreffende behandeling te gee. Behandeling kan medikasie sowel as individuele of groepsberading en ondersteuning oor die kort termyn behels. Die geestesgesondheidsverpleegkundige kan die streekspsigoloog of -psigiater (of ander lede van die geestesgesondheidspan in die streek) raadpleeg wanneer bykomende kundigheid benodig word. Indien nodig, kan die geestesgesondheidsverpleegkundige 'n afspraak met een van hierdie spesialiste rel vir verdere assessering by die primregesondheidsorgkliniek. In die Boland/Overberg-streek word geestesgesondheidsorg by primregesondheidsorgklinieke aangebied. Die verpleegkundiges kan ondersteuning kry by die geestesgesondheidsverpleegkundige of die psigiater.

Buiten kliniekbesoeke mag bykomende ondersteuning nodig wees om goeie geestesgesondheid te bevorder en in stand te hou en, waar nodig en waar beskikbaar, kan klinte aangeraai word om aan te sluit by ondersteuningsgroepe vir psigososiale rehabilitasie. Raadpleeg die geestesgesondheidsgids of vra jou plaaslike kliniek of geestesgesondheidsverpleegkundige vir inligting oor groepe in jou omgewing. Sommige groepe word gelei deur werkers van die Departement van Gesondheid terwyl ander, veral di in die Metro-streek, deur NRO's aangebied word en gedeeltelik deur die Departement gesubsidieer word.

Die Departement van Gesondheid gee ook gedeeltelike subsidies aan NRO's in sommige streke wat groephuise het vir volwassenes met geestesiektes en dagsorgsentrums vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar met diepgaande en ernstige intellektuele gestremdhede. Navrae oor plek by hierdie fasiliteite wat deur NRO's bedryf word, moet aan die betrokke NRO gerig word. (Kyk geestesgesondheidsgids)

Die volgende hulplyne kan ook geskakel word vir hulp:
* Angs- en Depressie hulplyn: 011 783 1474
* Dwelmverslawinghulplyn: 088 130 0327
* Vigslyn: 0800 01 2322
* Child Line: 0800 05 5555
* Life Line: 021 461 1111/4
* Alkoholiste Anoniem: 021 592 5047
* Narcotics Anonymous: 021 797 1400
* HEAL (Halt Elder Abuse Line): 021 461 1001


Die onderstaande organisasies kan ook van hulp wees:

SA Federasie vir Geestesgesondheid
Privaat sak X46
BRAAMFONTEIN
2017
Tel. 011 242 9600

Kaapse Vereniging vir Geestesgesondheid
Ivystraat
OBSERVATORY
7700
Tel. 021 447 9040

Wes-Kaapse Forum vir Geestesgestremdheid
Tel. 021 510 4686

Inligtingsentrum vir Geestesgesondheid
Departement Psigiatrie
Universiteit van Stellenbosch
Posbus 19063
TYGERBERG
7505
Tel: 021 938 9227 or 021 938 9116
Tolvry: 0800 600 411
Kindersorg-inligtingsentrum
Moeder- en Kindergesondheidsinligting- en Hulpbronsentrum
Die Kindergesondheidseenheid
Rooi Kruis Hospitaal Kindersentrum
Sawkinsweg 46
RONDEBOSCH
7700
Tel. 021 685 4103


VOORSKRIFTE:

Persone wat 'n plaaslike kliniek die eerste keer besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir die pasint oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word as jy 'n hospitaal besoek. Hospitale sal jou vra om jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te toon. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)


PRYS:

<




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Wat Is Geestesgesondheid? (Openbare Inligting)
* Geestesgesondheidshospitaaldienste (Diens)
* Rehabilitasiedienste (Diens)
* Mental Health Care Bill - (Wetsontwerpe) (File type: pdf) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Julie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





