






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Moeder- en Vrouegesondheid > Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte)

Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte)




BESKRYWING:

Daar word beraam dat 150 000 kinders wat jaarliks in Suid-Afrika gebore word, deur 'n beduidende geboortedefek of genetiese afwyking geaffekteer word teen die tyd dat hulle vyf jaar oud is.

Die Nasionale Departement van Gesondheid fokus op 10 toestande waarvan die volgende die meeste voorkom:

* albinisme
* Downsindroom
* Fetale-alkoholsindroom (FAS)
* neuraalbuisdefekte (spina bifida).

Die Wes-Kaap fokus ook hierop (met die uitsondering van albinisme, wat 'n lae voorkoms het), terwyl FAS die hoogste prioriteit het.
Die diens beoog om te verhoed dat kinders met hierdie toestande gebore word deur betyds gepaste genetiese voorligting aan horisiko-individue en/of pare te gee. Ten einde dit te kan doen, moet hierdie individue eers gedentifiseer word. Hulle kan gedentifiseer word via die bestaande dienste by die klinieke van waar hulle na die gespesialiseerde genetiese dienste wat via uitreikprogramme in plattelandse gebiede en deur tersire sentrums in Kaapstad aangebied word, verwys sal word.


VOORSKRIFTE:

Enigeen wat geaffekteer is of wat 'n familielid het wat geaffekteer is, of wat bekommerd is oor moontlike genetiese defekte, kan by 'n primregesondheidsorgkliniek aanmeld waarvandaan hulle verder verwys sal word.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Human Genetics Policy Guidelines for the Management and Prevention of Genetic Disorders, Birth Defects and Disabilities (Beleid) (File type: pdf; size: 388 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Fact Sheet on Birth Defects (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 10 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Nageboortesorg (Diens)
* Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
* Wil Jy 'n Gesonde Baba H&ecirc;? (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 24 KB)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Januarie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





