






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Moeder- en Vrouegesondheid > Nageboortesorg

Nageboortesorg




BESKRYWING:

Nageboortedienste raak beskikbaar nadat die moeder en haar pasgebore baba uit die OEV of kliniek ontslaan is. Dit gebeur gewoonlik ses uur n die geboorte indien die moeder en baba albei in goeie gesondheid verkeer.

N die geboorte moet die klein kindjie se naelstring vir drie dae elke dag tydens opvolgbesoeke aan die kliniek nagegaan word om seker te maak dat dit nie ontsteek raak nie.

Kliniekpersoneel staan moeders by met borsvoeding of ander voedingsopsies om seker te maak dat die baba genoeg melk kry.

As die baba 'n lae geboortegewig het, word moeders opgelei in kangaroe-moedersorg (KMS). Hierdie vorm van versorging behels dat die baba in 'n doek en 'n kappie aangetrek word en dan in 'n regop posisie teen die moeder se naakte bors, tussen haar borste en binne-in haar bloese geplaas word en te alle tyd daar gehou word. Indien moontlik moet die baba met moedersmelk gevoed word. Die baba se vordering word gemonitor tydens opvolgbesoeke aan 'n spesiale KMS-kliniek. Die baba se vader of ander lede van die gesin kan ook KMS doen.

Die moeder se gesondheid word gesien as net so belangrik as di van die pasgebore baba. Moeders word tydens opvolgbesoeke by die kliniek ondersoek om seker te maak dat die uterus (baarmoeder) na sy oorspronklike posisie teruggekeer het. Die personeel by die kliniek sal ook aanbied om aan moeders voorligting te gee oor beskikbare voorbehoedmiddels/gesinsbeplanningsopsies.
Party vroue sukkel met die eise wat aan nuwe moeders gestel word en die personeel by die kliniek is opgelei om hulle te assesseer om vas te stel of hulle aan bababedruktheid, nageboortelike depressie of nageboortelike psigose ly. As daar 'n probleem is, kan die moeder berading ontvang, medikasie gegee word of na sekondre of tersire hospitale verwys word vir verdere assessering of behandeling.


VOORSKRIFTE:

As u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)


PRYS:

Moedersorgdienste is gratis.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Geboorte-/Kraamdienste (Diens)
* Die Voorkoming van Moeder-na-Kind Oordrag (VMNKO) (Diens)
* Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
* Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte) (Diens)
* Kangaroo Mother Care Policy / Guidelines (Beleid) (File type: pdf; size: 288 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Human Genetics Policy Guidelines for the Management and Prevention of Genetic Disorders, Birth Defects and Disabilities (Beleid) (File type: pdf; size: 388 KB) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Januarie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





