TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Geboorte-/Kraamdienste
Geboorte-/Kraamdienste
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Moeders kan geboorte skenk by vaste klinieke of by obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens, wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Indien daar tydens die geboorte komplikasies ontstaan, kan hulle verder na 'n hospitaal verwys word. Moeders wat MIV-positief is, kan by die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag-diens aansluit.
Verwagtende moeders word aangemoedig om 'n geboortemetgesel (man/vriend/familielid), wat in die diens as 'n doula bekend staan, saam te bring om met die geboorteproses by te staan. Daar is vasgestel dat moeders wat deur 'n doula vergesel word, minder pynmedikasie benodig omdat hulle voel hulle word ondersteun. Moeders kan 'n geboorteposisie (bv. hurk) versoek wat hulle die gemaklikste laat voel.
Die gesondheidsfasiliteit gee aan alle moeders 'n Pad-na-Gesondheid-kaart wanneer die baba gebore word. Hierdie kaart word by die huis gehou en moet aan die suster oorhandig word met opvolgbesoeke aan die kliniek. Die kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se gesondheid van geboorte tot op vyfjarige ouderdom.
VOORSKRIFTE:
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart, indien u een het.
VERSKAF BY:
Vroedvrou- Obstetriese Eenhede
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Dienste is gratis.
VERWANTE INLIGTING
Voorgeboortedienste (Diens)
Registrering van die Geboorte van jou Kind (Diens)
Aansoek om 'n Geboortesertifikaat (Diens)
Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte) (Diens)
Nageboortesorg (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
