TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Behandeling van Opportunistiese Infeksies
Behandeling van Opportunistiese Infeksies
BESKRYWING:
Behandeling is beskikbaar vir opportunistiese infeksies wat, in teenstelling met vigs, meesal geneeslik is. Dit sluit diarree, tuberkulose, pneumonie (longontsteking) en candida (orale of vaginale sproei) in, wat 'n MIV-positiewe persoon maklik kan opdoen omdat hulle immuunstelsels deur MIV verswak word. Die behandeling van opportunistiese infeksies is beskikbaar vir MIV-negatiewe en MIV-positiewe mense. Enigeen met simptome van hierdie opportunistiese infeksies kan na 'n kliniek gaan waar hulle met antibiotika behandel sal word. Daar is reeds bewys dat hierdie behandeling die voorkoms van opportunistiese infeksies in vigs met 50% kan verminder. Die provinsie is ook deel van die Diflucan Vennootskapsprogram, wat die middel by 62 fasiliteite beskikbaar maak, waarvan 39 primêregesondheidklinieke is. Die middel behandel esofageale kandidiase en kriptokokkale meningitis.Onthou dat hoe gouer u 'n kliniek vir 'n MIV-toets besoek, hoe gouer kan u voorkomende behandeling kry om die aanvang van opportunistiese infeksies te keer indien die toetsresultaat positief is vir MIV.
VOORSKRIFTE:
Behandeling is by alle primêregesondheidklinieke beskikbaar. Indien nodig, sal u na die gespesialiseerde vigs-kliniek by G.F. Jooste Hospitaal in die Metropool-streek verwys word. Daar is ook 20 toegewese vigs-klinieke in die provinsie waarheen u verwys kan word. Nuwe besoekers aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Die pasiënt moet sy of haar ID-boek saambring. Wanneer 'n pasiënt 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Hospitale vra pasiënte vir hulle mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Pasiënte wat reeds by die hospitaal geregistreer is, moet hulle hospitaalkaarte saambring.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
