






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Bejaardesorg > Geriatriese Sorg

Geriatriese Sorg




BESKRYWING:

Bejaardes het dikwels gespesialiseerde gesondheidsdienste nodig. Hiermee saam is soms ook ander gespesialiseerde dienste soos behuising of vervoer nodig.


* Algemene gesondheidsdienste vir bejaardes
* Mishandeling van bejaardes
* Hulptoestelle



ALGEMENE GESONDHEIDSDIENSTE VIR BEJAARDES


Hoewel die bestuur van Tehuise vir Bejaardes (TB's) 'n funksie van die Departement van Maatskaplike Dienste is, is die Departement van Gesondheid indirek en direk betrokke by die gesondheidsbehoeftes van bejaardes. Bejaarde pasinte, met inbegrip van bejaardes met chroniese siektes, het op alle vlakke toegang tot gesondheidsorg vir medikasie, rehabilitasie en ander gesondheidsbehoeftes. Pasinte kan klinieke en hospitale soos nodig op hulle eie besoek, hetsy van TB's of van hulle eie huise of woonplekke af. Vervoer word deur sommige TB's voorsien. Daarbenewens kontroleer die Departement die voedingsgehalte van maaltye wat by TB's voorsien word. Tuisversorging vir bejaardes is ook beskikbaar en kan via gemeenskapsgesondheidsentra in die Metro verkry word. Hierdie diens sal n Maart 2004 vir bejaardes in plattelandse gebiede beskikbaar wees.


MISHANDELING VAN BEJAARDES


Mishandeling van bejaardes is 'n ernstige probleem en word gesamentlik deur die Departemente van Maatskaplike Dienste en Gesondheid en soms ook die Departement van Gemeenskapsveiligheid gehanteer. Die nuwe wet op bejaardes omskryf mishandeling van bejaardes en wie die voorkoms daarvan moet aanmeld.

Die oorsake van mishandeling is veelvoudig, hoewel dit meer waarskynlik sal voorkom indien die bejaarde persoon fisies afhanklik is, onvoldoende inkomste het om selfstandig te wees, en vergeetagtig, besluiteloos of verward is. Ander moontlike faktore is armoede, werkloosheid, ontoepaslike behuising, huweliksprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik en swak kommunikasie met of deur die bejaarde persoon. Van die vyf soorte mishandeling (liggaamlik, emosioneel, finansieel, verwaarlosing en seksueel) is liggaamlike mishandeling die skadelikste, en bring dit liggaamlike, emosionele en psigiese pyn en lyding mee.

Gesondheidspersoneel op alle versorgingsvlakke kan familielede en vriende inlig oor die tekens waarna hulle kan oplet indien hulle mishandeling van 'n bejaarde vermoed, of dit by 'n bejaarde se huis, in 'n TB, ander instelling of woonplek plaasvind. Gesondheidspersoneel hou 'n register van alle gevalle van mishandeling wat aangemeld word.

Families en die publiek kan mishandeling by hulle naaste Welsynskantoor aanmeld. Daar is ook 'n nasionale hulplyn (0800 0030 81) waar mishandeling aangemeld kan word.

Deur die maatskaplike welsynsdienste in 'n noodgeval te skakel kan 'n bejaarde persoon in 'n veilige plek by een van 'n paar tehuise vir bejaardes geplaas word totdat verblyf gerel kan word of die probleem opgelos kan word.


HULPTOESTELLE

Gesondheidsdienste voorsien hulptoestelle soos rolstoele aan bejaardes om hulle minder afhanklik te maak. Hulle kan ook aangemoedig word om by ondersteuningsgroepe vir bejaardes aan te sluit. Bejaardes moet aangemoedig word om so lank as moontlik met ondersteuning in hulle eie huise te bly. Bejaardes moet hulle regte ken sodat hulle bemagtig kan word om omstandighede aan te meld wat ongewens is.


VOORSKRIFTE:

Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondre of tersire hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n ler vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (The Government of South Africa)


PRYS:

Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasint se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasinte. Daar was planne om alle hulptoestelle van 1 Julie 2003 af gratis te voorsien.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Hulptoestelle (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 September 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





