TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Eerste Beurs om vaardighede in Plaaslike Regering to ontwikkel
Eerste Beurs om vaardighede in Plaaslike Regering to ontwikkel
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Departement van Plaaslike Regering (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die Departement van Plaaslike Regering in die Wes-Kaap as deel van ons mandaat om plaaslike regering te versterk, te moniteer en te kapasiteer met 'n fokus op ontwikkelingsgerigte plaaslike regering, het Distriksmunisipaliteite genooi om kandidate te nomineer vir die eerste beurse wat deur die Departement toegeken is.
Die doel van die beurse is om dit moontlik vir voorheen benadeelde munisipale amptenare te maak vir tersiëre studies in Ontwikkelingsbestuur.
Dit is met trots dat ek kan aankondig dat die eerste beurs vir deeltydse studie in MPHIL in Volhoubare Ontwikkeling toegeken is aan mnr Ralph Links van die Sentraal Karoo Distriksmunisipaliteit. Mnr Links het reeds sy beurs opgeneem en met studies gedurende Februarie 2004 begin. Hierdie inisiatief is deel van 'n departementele program om vaardighede te kweek in ontwikkelingsgerigte studies in die sfeer van plaaslike regering.
Dit is in ons gesamentlike belang dat voorheen benadeelde munisipale amptenare die nodige opleiding kry en om hulle toe te rus met die nodige vaardighede tot voordeel van plaaslike regering in die Wes-Kaap. Met hierdie tipe van intervensies om demografiese verteenwoordiging te bereik, soos beurse vir verdere tersiëre studies en uitgebreide sertifikaat opleidingskursusse, spesifiek gemik op senior bestuur by munisipaliteite, met 'n fokus op vroue amptenare op middel/senior vlak, munisipale bestuur leerlingbeamptes, en potensiële munisipale leerlingbeamptes, het die Departement van Plaaslike Regering die verantwoordelikheid geneem om te verseker dat die doel bereik word.
Dit is deel van ons gesamentlike pogings en word ook gereflekteer in my Ministerie en die Departement se visie, naamlik, "Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering deur Vennootskappe en mede-verantwoordelikheid."
Navrae:
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 April 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
