Afrikaanse skrywers in die nuwe millennium
Wie onthou nog die verskriklike vrese vir die millennium­gogga op pad na 2000? Gelukkig was al die vrese onge­grond en het die wêreld se rekenaars nie in duie gestort nie. Dus kon skrywers ook volspoed voortgaan om boeke op hulle rekenaars uit te hamer. Gekyk na die groot oes Afrikaanse boeke wat in die nuwe millennium verskyn het, is dit duidelik dat dit eerder die skrywersgogga as die millen­niumgogga is wat gebyt het.
Daar het inderwaarheid so 'n magdom boeke in Afrikaans verskyn die afgelope sewe jaar dat hierdie artikel nie alle genres kan omvat nie. Die baie gewilde genre van ontspan­ningsleesstof, insluitend die talle vertalings wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het, kom nie hier aan die beurt nie. So ook nie die vele baie interessante nie-.ksie en kinder- en jeugboeke nie. Die fokus hier is op literêre Afrikaanse boeke, met insluiting van sommige van die boeke uit die 'grys gebied' tussen literêre en ontspanningsleesstof.
Hierdie artikel is 'n poging om tendense van die afgelope paar jaar uit te lig. Aan die einde is daar 'n lys van al die boeke waarna verwys is, asook enkele ander van belang wat sedert 2000 verskyn het.
Wie het gedebuteer?
Van Staden ontvang verskeie pryse en haar bundel word as volg beskryf: 'Watervlerk is die belangrikste en belowend­ste debuut op die gebied van die poësie van die afgelope dekade en meer.' (Kannemeyer).
Uitstaande temas
Die eerste vier opvallende temas in die Afrikaanse literatuur van die nuwe millennium kan seker losweg in verband gebring word met die feit dat dit die era na die Mandela-wittebroodsjare van die Nuwe Suid-Afrika verteenwoordig, maar ook dat dit nog maar omtrent 'n dekade sedert die einde van die apartheidsera is.
Die temas ter sprake is die geskiedenis, die huidige Nuwe Suid-Afrika, toekomsvisies en Suid-Afrikaners in die buiteland: Agaat (Van Niekerk); Kroes (Stamatelos); 'n Stringetjie blou krale (Dido); Uit die binneland (Snyman); Die uitgespoe­ldes (Matthee); Vaselinetjie (Von Meck); Vyfmylpaal (Opperman), en andere, het almal tot 'n mindere of meerdere mate die apartheidsera as tema of agter­grond. Die dramatiese verandering in Suid-Afrika word uitstekend weerspieël in die publikasiegeskiedenis van Kroes. Die manuskrip is reeds twintig jaar gelede voltooi, maar in daardie apartheidstydgees het geen uit­gewer kans gesien om dit te publiseer nie. Ander boeke met 'n historiese inslag is Eilande (Sleigh) en Pieternella van die Kaap (Matthee), wat beide in die vroeë Kaap af­speel en boonop sommige historiese karakters deel; Bid­sprinkaan (Brink) wat vroeë Khoi en San gegewens en mites hanteer; Niggie (Winterbach) wat in die Anglo-Bo­ereoorlog afspeel; Die swye van Mario Salviati (van Heer­den) wat deels afspeel in die tydperk van die Tweede Wêreldoorlog met die Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika; en Slagoffers (Van Zyl) wat in die Angola van die 1980's afspeel, maar anders as die grensoorlog-genre wat in die 80's ontstaan het, het ons hier 'n vrou­like verslaggewer se perspektief. Laastens is daar ook 'n drietal wat met historiese Namibiese karakters en gege­wens werk, naamlik Anderkant die stilte (Brink); Jacoba Afrikaner (Maartens); en Jonker Afrikaner (Kotze).
Min hoop en baie donkerte word voorspel in die onheilspellende toekomsvisies: Horrelpoot (Venter); Mis­kruier (Botha); en Raka - die roman (Kombuis).
Suid-Afrikaners in die buiteland kom aan die beurt in: Bestemmings (Van der Vyver); Die hart van ons huis (Van der Vyver); Horrelpoot (Venter); In die buitenste ruimte (Marais); Moltrein (Roodt); Stiltetyd (Van der Vyver); en Trips (De Waal).
Boeke wat handel oor aftakeling, afskeid, verlies of die dood: Die aandag van jou oë (Müller); Agaat (Van Niekerk); Niggie (Winterbach); Stiltetyd en Vergenoeg (beide Van der Vyver); en Verweerskrif (Krog). 'n Mens sou hierby kon voeg, Dis ek, Anna (Lötter), wat handel oor emosionele en sielkundige af­takeling en verlies weens kindermolestering.
In die spanning-speurroman genres is hier 'n goeie vonds van 'n handvol boeke wat uitstyg bo die blote vlak van onts­panningsleesstof: Twee boeke wat beskryf sou kon word as 'intellektuele spanningsromans' is Akwarium (Van Rooyen) en Equatoria (Dreyer). Terloops, beide Equatoria en Venter se Horrelpoot voer intertekstuele gesprekke met Joseph Conrad se klassieke In the heart of darkness. Dit is egter in die genre van die speurroman waar Deon Meyer werklik homself telkens oortref. Met Orion, Proteus en Infanta '...stoot (hy) die peil van die Afrikaanse speurroman op tot 'n voorheen ongekende peil en behaal hy...deur die vertalings in Engels internasionale bekendheid.' (Kannemeyer). Francois Bloemhof se Spinnerak verdien vermelding omdat hy daarin die eerste vrouespeurder aan Afrikaans gee.
n Verdere handvol wyd uiteenlopende boeke, geskryf vanuit 'n kinder/tienerperspektief het om verskillende redes aandag ge­trek: Fanie Viljoen se debuut, Breinbliksem: tienerverkragting en -moord sonder om in die strik van moralisering te trap. Die jeugdige Jackie Nagtegaal met haar Daar's vis in die punch, geskryf in 'n 'Engfrikaanse tussentaal' (Kannemeyer). Francios Bloemhof se Nie vir kinders nie: manlike tienerprostitusie. Jan van Tonder se Roepman: perspektief van 'n dertienjarige seun in die 1960's. Anoescha von Meck se Vaselinetjie: pleegsorg, die lewe in 'n kinderhuis en die ewige Suid-Afrikaanse rassever­houdinge.
Twee puik digbundels van twee ware veterane staan tema­ties teenoor mekaar ten opsigte van geloof en ongeloof: Jerusa­lem tot Johannesburg (De Villiers), teenoor Satan ter sprake
Die meerderheid van die boeke wat met humor speel, is re­delik aan die donker kant van die humorspektrum: 'n Pawpaw vir my darling (Goosen); Raka - die roman (Kombuis); Satan ter sprake (Walters); Seks & drugs & boeremusiek (Kombuis); en Stinkafrikaners (Dreyer). Ligter humor is wel te vind in die puik situasie- en karakterbeskrywings in Die hart van ons huis (Van der Vyver) en Uit die binneland (Snyman).
Kortverhale en essays word verteenwoordig deur: Afrikaans my darling (Kombuis); Bestemmings (Van der Vyver); Bly te kenne (Aucamp); Broodsonde (Botes); Die die-per dors (Kombuis); Die hart van ons huis (Van der Vyver); In die vroegte (Aucamp); My mam­ma is 'n taal (Kombuis); Nawelstring (Botes); Ook skaduwees laat spore (Aucamp); Skuins-lig (Aucamp); Die stilte na die boek (Van Heerden); en Uit die binneland (Snyman).
n Laaste woord
Dun ys voorwaar, maar, ter afsluiting is dit die moeite werd om dit te waag. Om net sewe werklik uitstaande boeke uit te sonder uit die afge­lope sewe jaar se oes. My lys bevat vyf romans, een digbundel en een dramabundel. In alfabetiese volgorde, soos dit 'n bibliotekaris betaam, is hulle: Andre P Brink se Bidsprinkaan, 'Ongetwyfeld 'n hoogtepunt in Brink se oevre.' (Kalahari.net); Koos Kombuis se Raka - die roman, 'In 'n skerp satire met baie donker ondertone beeld Kom­buis die verval van die Afrikaanse samelewing uit.' (Kalahari.net); Deon Opperman se Vyfmyl­paal, 'een van die indrukwekkendste prestasies van die Afrikaanse dramaliteratuur in die laaste twee dekades' (Kannemeyer); Henning Pie­terse se Die burg van Hertog Bloubaard, 'een van die belangrikste Afrikaanse digbundels van die afgelope tyd.' (Kannemeyer); Dan Sleigh se Eilande, 'een van die indrukwekkendste Af­rikaanse romans.' (Kannemeyer); Ettienne van Heer­den se Die swye van Mario Salviati, 'een van die belangrikste romans in die hedendaagse Afrikaanse literatuur' (Kannemeyer); Marlene van Niekerk se Agaat, ''n magtige greep op 'n hele stuk lewe van twee individue én 'n hele fase in die geskiedenis van die Afrikaners' (Kannemeyer).
Mag die gevolg van al hierdie skrywersgoggas wat gebyt het, wees dat die boekwurms nou met mag en mening in hierdie boeke invaar.
Bronne
Opperman, Deon. Vyfmylpaal.- Protea Boekhuis, 2004.
Debute
Dönges, Sarina. In die tyd van uile.- Protea Boekhuis, 2004.
Veterane
Pieterse, Henning. Die burg van hertog Bloubaard.- Tafelberg, 2000.
Walters, MM. Satan ter sprake.- Protea Boekhuis, 2004.
Prosa
Debute
Lötter, Elbie. Dis ek, Anna.- Tafelberg, 2004.
Veterane
Kombuis, Koos. Die dieper dors.
Kombuis, Koos. My mamma is 'n taal.- Human, 2001.
Van der Vyver, Marita. Die hart van ons huis.- Tafelberg, 2004.
Van Rooyen, P. Die brandende man.- Protea Boekhuis, 2002.
Van Rooyen, P. Gif.- Protea Boekhuis, 2001.
Van Zyl, Dine. Slagoffers.- Tafelberg, 2001.
Von Meck, Anoeschka. Vaselinetjie.- Tafelberg, 2004.
In die proses van aankoop
Nie in Biblioteekdiensvoorraad
Afrikaanse skrywers in die nuwe millennium
