TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
ROOIKRUIS OORLOGSGEDENKHOSPITAAL VIR KINDERS: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
NUUS
PUBLIKASIES
KONTAK
Geskiedenis, Missie en Visie
Sleutelprestasies
Bestuur
ROOIKRUIS OORLOGSGEDENK-KINDERHOSPITAAL: 'N NASIONALE BATE
In 1956 is die hospitaal se deure geopen as 'n toegewyde en hoogs-gespesialiseerde kindergesondheidsorggerief. Dit is 'n lewende eerbewys aan die soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog gesneuwel het.
Uit al nege provinsies en uit alle dele van Afrika word kinders na die hospitaal verwys vir omvattende gespesialiseerde pediatriese dienste.
Dit is 'n verwysingshospitaal - pasiënte word deur klinieke ne kleiner hospitale verwys - voordat hulle in die tersiêre inrigting opgeneem word. Die hospitaal is aktief in pediatriese uitreik- en steunprogramme oor die hele Suid-Afrika.
n SENTRUM VAN UITNEMENDHEID
Dit is 'n sentrum van uitnemendheid vir die opleiding van alle kategorië van kindergesondheidslui.
Die Rooikruis Oorlogsgedenk-kinderhospitaal word beskou as Suid-Afrika se voorste sentrum vir nagraadse spesialis-pediatriese mediese en sjirurgiese opleiding.
Die Hospitaal het 'n personeel van 1100, wat wissel van akademici, dokters en verpleegpersoneel tot beroepe wat verband hou met medisyne, klerikale en nie-professionele personeel. Plaaslike voor- en nagraadse studente uit alle dele van die wêreld word opgelei en doen ondervinding in die sale en klinieke op.
Die hospitaal het akademiese bande met die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Kinder- en Adolessente Gesondheid, die Universiteit van die Wes-Kaap se Tandheelkundige Skool en die Universiteit van Stellenbosch.
NUUS EN ONTWIKKELINGS
Nuwe Onkologiesaal vir die Hospitaal
HOOGTEPUNTE
Die Rooikruis Kinderhospitaal vier in 2006 sy 50ste bestaansjaar! Hou dié blad dop vir nuus oor hoe dit gevier gaan word.
KOPPELINGS
Universiteit van die Wes-Kaap
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
