TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Werk
Kraam- en Vaderskapverlof
Kraam- en Vaderskapverlof
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Vrouewerknemers is geregtig op vier maande kraamverlof. Die verlof kan vier weke voor die verwagte geboortedatum begin en die werknemer kan nie gedwing om binne ses weke na die kind se geboorte terug te gaan werk toe nie.
n Werknemer wie se kind doodgebore word, mag vir ses weke daarna, of as 'n mediese praktisyn sê dit vir haar gesondheid en veiligheid nodig is, vir 'n langer tydperk kraamverlof neem.
Kraamverlof kan betaald of onbetaald wees. As die werknemer bygedra het tot die Werkloosheidfonds, sal sy voordele tydens haar kraamverlof kan eis.
n Werkgewer kan 'n tydelike werknemer aanstel om die werk te doen van iemand wat op kraamverlof is.
Vaders kan drie dae gesinsverantwoordelikheid verlof vir die geboorte van hulle kind eis.
Aanneemouers kan elk drie dae gesinsverantwoordelikheid verlof met die aanneming van 'n kind eis.
VOORSKRIFTE:
As jy beplan om kraam- of vaderskapverlof te neem, moet jy jou werknemer oor die verwagte datum van jou kind se geboorte inlig.
Werknemers wat op kraamverlof is, moet ook hulle werkgewers skriftelik inlig wanneer hulle van plan is om terug te keer werk toe.
Daar kan van pa's en aanneemouers wat gesinsverantwoordelikheid verlof wil neem verwag word om te bewys dat hulle die verlof nodig het.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Werkloosheidversekeringseise (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
