TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Reis en Toerisme
Reis
Geelkoorssertifikate
Geelkoorssertifikate
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Om die verspreiding van geelkoors te verhoed moet reisigers wat die grense van lande oorsteek waar geelkoors voorkom, ingeënt word teen die virus.
Wat is 'n Geelkoorssertifikaat?
Is enigiemand vrygestel van die geelkoorsinenting?
Wat gebeur indien jy nie die sertifikaat het nie?
Geelkoorsstreke
WAT IS 'n GEELKOORSSERTIFIKAAT?
Geelkoors is 'n virus wat deur die Aedes-muskiet oorgedra word en in sowat 25% van die gevalle tot die dood van die pasiënt lei. Daar is geen spesifieke behandeling daarteen nie, maar inenting is baie effektief.
Internasionale reg vereis dat reisigers wat lande binnegaan waar geelkoors endemies is, inentings teen geelkoors moet ontvang. Nadat jy ingeënt is, sal 'n Geelkoorssertifikaat aan jou uitgereik word.
Hierdie sertifikaat word eers tien dae na inenting geldig en is vir tien jaar geldig.
Indien jy ses dae voordat jy Suid-Afrika wil besoek in 'n geelkoorsstreek gereis het, sal jy jou Geelkoorssertifikaat moet toon as jy die land binnekom.
IS ENIGEEN VRYGESTEL VAN DIE INENTING?
Swanger vroue, babas jonger as 'n jaar en mense wat allergies vir die entstof en vir eiers is, hoef nie ingeënt te word nie. Jy sal egter steeds 'n sertifikaat van die inentingsentrum moet toon wat aandui dat jy vrygestel is.
WAT GEBEUR AS JY NIE DIE SERTIFIKAAT HET NIE?
Indien jy sonder 'n Geelkoorssertifikaat in Suid-Afrika aankom, sal jy:
vir ses dae op eie onkoste vir waarneming gestuur word, of op jou eie onkoste teen geelkoors ingeënt word.
Indien daar geen Hawegesondheidsbeampte by die punt is waar jy die land binnekom nie, sal jy toegang tot Suid-Afrika geweier word.
GEELKOORSSTREKE
Die volgende lande is geelkoorsstreke:
Demokratiese Republiek van die Kongo
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Aansoek om 'n visum om Suid-Afrika te besoek (Diens)
Hawegesondheid (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
