TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Lewe en Familie
Sterfte
Die Opstel van 'n Testament
Die Opstel van 'n Testament
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Wanneer 'n mens te sterwe kom, word sy boedel verdeel tussen sy familielede of die mense wat hy wil laat erf.
Die boedel bestaan uit 'n mens se persoonlike eiendom en besittings, asook enige geld or ander bates wat hy besit.
Op wie u eiendom oorgaan, hang daarvan af of u 'n geldige testament gehad het of nie. As u 'n geldige testament het, word die eiendom verdeel volgens u wense. As u sonder 'n testament te sterwe kom (sogenaamd intestaat), word u eiendom verdeel onder u onmiddellike familielede ooreenkomstig die intestate erfreg.
DIE OPSTEL VAN 'n GELDIGE TESTAMENT
As u ouer as 16 is, kan u 'n testament opstel waarin u bepaal na wie u wil hê u eiendom moet gaan na u dood. Om geldig te wees moet u testament op die regte manier opgestel wees, en u moet verstandelik bevoeg wees ten tye van die opstel van die testament. Dit beteken dat u in staat moet wees om te verstaan watter gevolge die opstel van 'n testament inhou, dat u gemoedstoestand redelik moet wees en dat u moet kan onthou wat u besit.
Vir die geldigheid van u testament moet u seker maak:
dat die testament op skrif is;
dat twee mense ouer as 14 as getuies optree by die opstel van die testament (hierdie getuies kan nie enige voordeel trek uit die testament nie);
dat u elke bladsy van die testament geparafeer het en die laaste bladsy in die teenwoordigheid van die getuies onderteken het, en dat die getuies die testament geparafeer en onderteken het.
In u testament kan u:
n eksekuteur aanwys, en u eiendom verdeel.
n Eksekuteur is die persoon wat seker sal maak dat u eiendom verdeel word ooreenkomstig u wense soos bepaal in u testament. Die eksekuteur betaal ook u uitstaande skuld. Indien u nie 'n eksekuteur aanwys nie, sal die hof iemand aanwys - gewoonlik 'n familielid - om as eksekuteur op te tree.
U kan 'n prokureur vra om u te help met die opstel van 'n testament, of u kan 'n maklik invulbare vormtestament by 'n skryfbehoeftewinkel koop.
OM SONDER 'n TESTAMENT TE STERWE TE KOM
As u nie 'n geldige testament het wanneer u te sterwe kom nie, word u eiendom verdeel volgens regsreëls. Hierdie reëls bepaal:
dat 'n getroude persoon se eiendom gelykop gedeel word deur die eggenoot en hul kinders;
dat die eiendom verdeel word tussen ander familielede as daar geen eggenoot of kinders is nie, en dat as daar geen bloedverwante is nie, die eiendom na die staat gaan.
Onder die tradisionele reg is daar verskillende reëls wat geld, maar dit het 'n situasie tot gevolg wat totaal onregverdig teenoor die vrou is.
VOORSKRIFTE:
Breedvoeriger inligting oor testamente en bestorwe boedels is beskikbaar by die Departement van Justisie se webtuiste.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Bestorwe Boedels: Testamente (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
