TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Behuising
Subsidies en Bystand
Die Grondverkryging- en Vestigingstoelae
Die Grondverkryging- en Vestigingstoelae
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die nasionale Departemente van Grondsake en Behuising verskaf toelaes en subsidies vir die aankoop en ontwikkeling van grond en huise. 'n Enkele huishouding kan net subsidies van tot R16 000 kry. Dit is nie 'n lening nie en hoef nie terugbetaal te word nie.
Die Departrment van Grondsake verskaf die volgende toelaes:
Die Grondverkryging- en Vestigingstoelae
Die Vestigingsbeplanning-toelae
Die Grondverkryging- en Aanskaffingstoelae vir Plaaslike Owerhede
Die Herverspreiding vir Landbou-ontwikkelingstoelae
As jy op 'n stuk grond woon en dit wil koop of toestemming wil kry om permanent daar te bly, kan jy om dié toelaes aansoek doen. Dit kan ook gebruik word om huise te bou en waterpype, sanitasie, paaie en heinings aan te lê .
As jy om 'n toelae aansoek wil doen, moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger wees ouer as 18 wees afhanklikes hê of saam met nog 'n volwassene woon in 'n huishouding woon waarvan die inkomste minder as R1 500 per maand is.
As huishoudings saam aansoek wil doen, kan hulle. Die gemiddelde inkomste vir elke huishouding moet minder as R1 500 per maand wees.
Toelaes sal toegeken word aan:
grondlose mense, veral vroue plaaswerkers en hulle gesinne huurarbeiders en hulle gesinne bewoners wat 'n vaste titel wil hê op die grond waarop hulle woon sakelui wat plattelandse grond vir produksie wil hê
mense wat grond deur die grondrestitusieprogram kry mense wat tydens Apartheid grond verloor het maar nie deur die Wet op Grondrestitusie gedek word nie.
VESTIGINGSBEPLANNING-TOELAE
Dié toelae kan gebruik word om beplanners en ander professionele mense te huur om 'n vestiging te beplan. Dit kan dienste dek soos regsgelde, grondgebruikbeplanning en infrastruktuurbeplanning.
Die toelae word uitgewerk as 'n gedeelte van die R16 000 waarop elke huishouding op 'n nedersetting geregtig is. Die bedrag wat aan die professionele mense betaal word, word van elke huishouding se R16 000 afgetrek.
As jy om die toelae aansoek wil doen, moet jy:
n gemeenskapverteenwoordiger kies wat namens die groep aansoek doen met jou naaste kantoor van die Departement van Grondsake in verbinding tree en 'n registrasie van behoefte-vorm invul.
GRONDVERKRYGINGSTOELAE VIR PLAASLIKE OWERHEDE
Dié toelae help plaaslike owerhede om gemeenskaplike grond aan te koop wat die gemeenskap kan gebruik om hulle diere op te laat wei en gemeenskaplik oeste te plant. Lede van die gemeenskap kan hulle na die plaaslike regering wend en vra dat 'n "meent" geskep word. Hulle kan ook met die Departement van Grondsake in die provinsie in verbinding tree.
Die plaaslike owerheid sal:
moet bydra tot die koste van die grond hulle finansiële rekords aan die Departement van Grondsake moet toon n onderneming moet gee dat die grond beskikbaar gestel sal word vir die armste inwoners om te huur n lys van gemeenskapslede moet verskaf wat die grond gaan gebruik n plan van die gemeenskap moet voorlê waarin uiteengesit word hoe die grond gebruik sal word.
VOORSKRIFTE:
Tree asseblief vir meer inligting in verbinding met die Wes-Kaapse Departement van Behuising:Andre Rossouw
Tel: 021 483 4020
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Aansoek om 'n Toekenning van die Program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
