TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Dienste
Gesondheid
Reproduktiewe gesondheid
Toetsing vir Servikale Kanker
Toetsing vir Servikale Kanker
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Servikale en borskanker is die twee algemeenste vorms van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue en alle vroue loop die risiko om hierdie kankers te ontwikkel.
Servikale kanker is een van die kankers wat die beste voorkom kan word. Alle vroue behoort ten minste elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af, 'n Pap-smeer te laat neem. Dit beteken, op die ouderdomme van 30, 40 en 50 jaar.
Die toetsingsprogram word toegespits op die opsporing en behandeling van die vroeë tekens van kanker van die serviks, wat bekend staan as die "baarmoedermond". Die toetsing behels die neem van 'n servikale smeer, wat 'n eenvoudige, vinnige vaginale ondersoek is, om vas te stel of die serviks gesond is. Enkele selle word versigtig van die serviks afgevee en na die laboratorium gestuur om getoets te word.
Die vroeë opsporing van abnormale selle beteken dat verdere ondersoeke gedoen en behandeling gegee kan word indien dit nodig is. Die ontwikkeling van kanker word sodoende voorkom.
Soms is die uitslae onduidelik en is dit nodig om 'n smeer te herhaal. Vroue wat getoets is, moet na die kliniek teruggaan om die laboratoriumuitslae te kry.
Onthou, die kliënt is geregtig daarop om vooraf te versoek dat die prosedure verduidelik word .
Servikale kanker kan voorkom word deur meer as een seksmaat te vermy, kondome te gebruik om die verspreiding van die menslike papilloomvirus (wat gekoppel is aan servikale kanker) te voorkom, die eerste seksuele omgang uit te stel tot 'n later ouderdom, en om nie sigarette te rook nie.
VOORSKRIFTE:
Gaan na jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek. As die uitslag van 'n Pap-smeer abnormaal is, sal 'n afspraak gemaak en 'n verwysingsbrief vir verdere toetsing en behandeling by 'n hospitaal op sekondêre of tersiêre vlak gegee word. Die kliënt sal dan vir opvolgbesoeke na die kliniek terugverwys word.As jy vir die eerste keer 'n gesondheidsfasiliteit besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam, ook jou verwysingsbrief (indien relevant), enige medikasie wat jy gebruik en jou kliniek- of hospitaalkaart, as jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het.
VERSKAF BY:
Reproduktiewe Gesondheidsdienste
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
n Vrou kan drie gratis Pap-smeertoetsings gedurende haar lewe kry, een elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af.
VERWANTE INLIGTING
Servikale Kanker-inligtingstuk vir Gesondheidsorgwerkers (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
