TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Gesondheid
Beroepsgesondheid
Beroepsgesondheidsdienste
Beroepsgesondheidsdienste
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Beroepsgesondheid het te doen met die gesondheid en veiligheid van werknemers by die werk. Die doel van die beroepsgesondheidsdienste is om gesondheid, 'n veilige en bevredigende werksomgewing, en 'n gesonde, aktiewe en produktiewe werker te verseker. Daar is egter werkplekke wat onveilig is, en dit beïnvloed die gesondheid van die werkers.
Professionele persone by alle gesondheidsfasiliteite wat met beroepsgesondheid te doen het (dokters/verpleegkundiges), is opgelei om werknemers met chroniese siektes en beserings as gevolg van beserings in die werkplek of as gevolg van blootstelling aan gevaarlike stowwe by die werk te identifiseer, te diagnoseer, te behandel en te rehabiliteer.
Inspekteurs van die Inspeksie- en Toepassingsdienste van die Nasionale Departement van Arbeid (kyk arbeidsdienste) bring roetinebesoeke aan fabrieke en ander werkplekke. Hulle maak seker dat die werkplek voldoen aan die gesondheids- en veiligheidstandaarde wat neergelê word deur die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993, wat deur die Departement van Arbeid geadministreer word. Die inspekteurs adviseer bestuurders en eienaars oor maniere waarop werksomstandighede waar nodig verbeter kan word, en mag die arbeidswet toepas deur kennisgewings oor oortredings te bedien, dienste op te skort en persone te vervolg.
Omgewingsgesondheidspraktisyns wat ingevolge die Wet op Gesondheid, Wet 63 van 1977, werk, kontroleer net sekere werkplekke soos restaurante, lughawens en hawens om seker te maak dat hulle aan gesondheidsregulasies voldoen.
Hier is 'n paar vrae wat jy jouself kan afvra indien jy vermoed dat jou gesondheid deur jou werkplek benadeel word:
Het die werk wat ek doen my gesondheidsprobleme veroorsaak?
Vererger die werk wat ek doen die siekte of besering?
Ondervind ek simptome binne 'n sekere tyd nadat ek klaar gewerk het?
Ondervind enige van my kollegas soortgelyke simptome?
Sal dit wat ek nou doen my gesondheid oor 10 of 15 jaar benadeel?
Is my werksomgewing veilig?
Onthou dat indien jy beseer word of siek raak as gevolg van die werk wat jy doen, jy vergoeding kan eis. Vergoeding word deur die Departement van Arbeid geadministreer en nie deur die Departement van Gesondheid nie. Jy kan vergoed word vir alle redelike mediese koste.
VOORSKRIFTE:
As jy siek is as gevolg van blootstelling by die werk of werkspraktyke, of as jy by die werk beseer word, moet jy dit by jou werkgewer aanmeld. Die werkgewer word volgens wet verplig om jou na 'n gesondheidsfasiliteit te stuur vir ondersoek en behandeling. Primêregesondheidsorgpersoneel kan jou na 'n sekondêre of tersiêre hospitaal verwys, na gelang van die ingewikkeldheid van die siekte of besering.
Die Reedstraat-kliniek in Bellville, Kaapstad, is spesifiek toegewy aan mense met beroepsgesondheidsprobleme. Dit is een dag per week oop en jy moet 'n afspraak maak. Die telefoonnommer is
Dit is noodsaaklik dat jy vir die verpleegkundige moet sê waaraan jy in jou huidige en vorige werkplekke blootgestel is. Dit kan insluit: geraas, stof, asbes, gas, dampe en vibrerende masjinerie, sowel as abnormale stres.
Die Reedstraat-kliniek het bande met provinsiale klinieke vir primêre gesondheidsorg, private dokters en werkgewers, vakbonde, die Departement van Arbeid, omgewingsgesondheidspraktisyns en Tygerberg en Groote Schuur Hospitaal.
Na gelang van die ingewikkeldheid van die siekte of besering, kan jy verwys word na Groote Schuur Hospitaal se kliniek vir beroepsgesondheid en beroepsiektes. Werknemers kan ook verwys word na die Groote Schuur se werksrehabilitasie- en assesseringsentrum waar hulle geassesseer en gerehabiliteer sal word tot die punt waar hulle in staat sal wees om terug te keer werk toe. Indien nie, sal 'n span professionele gesondheidswerkers, met inbegrip van fisioterapeute en arbeidsterapeute, aanbeveel dat die kliënt herontplooi word of weens ongesteldheid afgekeur word vir werk.
Die werkgewer en die professionele gesondheidswerker wat jou behandel, moet ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, Wet 130 van 1993, vorms invul. Daar is 28 kategorieë beroepsiektes wat deur die Vergoedingskommissaris erken word.Indien jy die gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID-boekie, 'n verwysingsbrief (indien verlang) en enige medisyne wat jy neem, saam. As jy na 'n hospitaal verwys word, sal jy gevra word om jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te toon. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Meld 'n Gevaarlike Werkplek aan (Diens)
Vergoedingseise vir Beroepsbeserings of -siektes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 April 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
